file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #189813 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Grenaat, dit is verskriklik. My hart bloei vir haar en vir julle hele familie. Dis 'n vreeslike moeilike besluit om te neem. Ek bid vir julle. Mag die Here wat die enigste is wat ons werklik kan troos, vir julle troos bring in hierdie tyd.

Ek kan nogal glo dat daar net twee dokters is wat daarin spes, fetal abnormalities is nie eintlik so commin nie. Meeste dokters en radioloe kan die basics optel op hul sonar masjiene, en as daar dan 'n ernstige fout is kan hulle verwys word na 'n fetale spesialis. Maar ek sal dink daar is tog 'n hele paar radioloe wat weet waarvan hulle praat as hulle scans doen, hulle is baie beter gekwalifiseerd as gynies om sonars te doen.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189789 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O genade dis net rof en sooo hartseer. Maar ek glo hy weet waarvan hy praat en sou gese het hy kan help as hy kon, so dit is dan die regte ding. Maar ek dink NIKS wat iemand vir jou se maak dit makliker nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189763 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
dankie julle. ai dis so hartseer, ek wil nie eers my ma bel nie want ek sal dit nie kan hanteer nie.

ek het self nou probeer opsoek maar kon niks kry nie, net oor placenta privia. maar dan word babas tog steeds gebore.

ek sal bietjie vanaand hoor.

haar hartjie het vreeslik stadig geklop, dit is hoekom ek dink die dokter vir haar gese het sy kan aangaan en dan wag dat haar hartjie gaan staan of nou stop. ek dink nie regtig hulle het die besluit geneem nie maar die dokter. hy het reguit vir hul gese hy sal haar nie kan red nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189755 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag tog, jammer om te hoor... :(

ek sal ook graag wil hoor van die plasenta wat aanhou groei het. ek het nog nooit gehoor dat die plasenta die babatjie ontneem het nie, dis mos maar altyd dat die plasenta nie genoeg voeding gebied het of nie?! My hart is so seer vir hulle, want soos jy se, sy is normaal, sy kon net nie groei soos sy moet nie.

So hulle dink dis beter om eerder dit nou te doen en nie te los nie?

Weet hulle hoe kon sy aanhou lewe tot nou toe, want die hartjie klop nogsteeds?

Aaai, dis net vir my baie hartseer. Mag die Here jou sus styf vashou, want die kraam gaan moeilik wees vir hulle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189751 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat ek is so verskriklik jammer dat dit so is! Baie sterkte vir julle almal, want ek dink dis vir almal seer! Drukkies vir julle!

Wanneer jy beter voel sal ek graag ook wil weet van die plasenta wat aanhou groei het. Het nog nie daarvan gehoor nie. Sterkte! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189739 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
my suster is alreeds in vir haar eerste induksie. hulle gaan die kraam aan bring sodat sy kan kraam.

baba was fine, geen misvorm of verlamheid nie maar sy is nou eers 170gram en is al 25 weke, sy moes al 800 gram geweeg het. die dokter sou haar kon red as sy 500 gram ten minste was. hy se annika kan loop en wag tot haar hartjie gaan staan of hul kan dit nou stop.

blykbaar het die plasenta nie opgehou groei nie en het baba in 'n hoek gedruk en al haar voeding gevat. ek weet niks van die plasenta nie so sal eers moet gaan oplees.

sy en haar man is gebreek, en dit is nou nog vir hul erger omdat sy normaal is. ai dis so jammer

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189722 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, ja nee, ek gebruik nog al die pad Pampers Active, en ek kan nie eers op my een hand tel die kere wat piepie uitgelek het nie, sover het el 'n great experience met Pampers Active :)

Grenaat, sterkte jong...ons hou duim vas, alles is eintlik oraait! Jong, ek het geen idee nie, dit klink darem na bitter min dr. wat daarin spesialiseer, maar dit kan seker moontlik wees?!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account