file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #189711 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Toemaar Grenaat! Sy (en jy) sal okay wees! Die Liewe Vader hou elkeen van ons in sy hand, gebore en ongebore! Vasbyt!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189709 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie dankie vir die waarskuwing! Ek het juis begin Junie oorweeg om dit volgende te koop, maar nou sal ek liewer wegbly. Ek is net so teleurgesteld in hulle doeke! Hulle het goed gewerk en toe ek April maand koop, toe lek dit skielik. Mare was elke oggend nat tot ek gaan Pampers active koop het. Ek het al voorheen gehoor Ackermans se baba-produkte is goed. Sal dit bietjie toets en kyk. Ek is natuurlik mal oor die Elizabeth Anne's reeks. Werk baie goed vir Mare. Hy snak net na sy asempie as mamma bietjie woes hare afspoel en daar loop baie water oor sy oe! Lol!

Bollie ek's mal oor die PIENK Hello Kitty! Dis so regte dogtertjie partytjie! So Melody ek sal net die boksies met wit (om die pienk bietjie te versag) emmmertjies vervang en 'n Hello Kitty op plak. Ag en die koek is te fraai!

Hasie ek het lanklaas van die vliegtuigies gesien. Sal sommer vir jou uitkyk vir enige vliegtuigie goed en laat weet, aangesien jy se jy kies elke keer 'n tema wat die jaar nie gewild is nie en dan sukkel om bordjies en goed te kry. Wat was Stefan se eerste verjaardag tema?

Dankie Grenaat! Hy is mamma se boekwurm! As hy 'n boek sien, wil hy net "lees"! Ek en sy pa is altwee baie lief vir boeke en lees en wil dit vir hom ook leer.

Hier by ons is 'n plek wat fotos op skilder doek druk en dit dan vir jou blok. Dis so mooi! Vir 'n geblokte foto wat so 80 x 40 cm is, betaal jy R260. Dink julle dis billik?

Ag en ons het nou nog nie fotos laat neem nie! Dink ek moet vir pappa die naweek bietjie afdreig!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189708 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
julle, my senuwees is klaar, my maag is sommer op 'n knop. ek is tranerig en wens net ek kon my suster se seer wegneem.

sy het laat weet sy het die dokter ontmoet en hy is vreeslik nice. hulle neem haar nou na haar kamer.

het julle geweet daar is net 2 drs in die land wat spesialiseer in baba abnormaliteit? en hul is altwee in pta. Ek weet darem nie of dit reg kan wees nie?!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189671 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, dankie dat jy laat weet, ek het anderdag hulle baby shampoo gekoop en dit was ook nie vir my lekker nie. Dit ruik nogal skerp en die kids het gehuil toe daar bietjie water oor hul gesiggies loop so ek dink dit brand hul ogies. My favorite bad seep / shampoo is annique se baba rooibos, maar dis vrek duur.

Vir boude gebruik ek woolies se boud room tensy dit gebrand het dan gebruik ek sudocrem. My ma glo in Ackermans se boudroom, dit kos iets soos R16 vir 'n pot en dit is regtig nogal lekker vir elke dag gebruik. Dit bevat ook sink net soos al die duur salwe. So vlg keer as jy aan die einde vd maand uit hardloop, probeer eerder Ackermans sin...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189663 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
O ja, wou net se, ek het nou die dag uit bum cream gehardloop, en toe gou by Pick & Pay in, en toe het hulle net hulle brand, dis 'n nuwe een, met chamomile lotion of iets ook in...moenie ooit dit koop nie, ek is seker dit doen die job, haar boudjies lyk fine, maar die consistency is glad nie lekker nie, dit is asof die ingredients skei, so dis room en olie, nie lekker gemeng nie....Sal maar weer gaan Bennets of Fissan koop

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189662 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hehe, ek stem!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189661 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Daai pienk lyk pragtig, ek sou dalk ook so iets gedoen het ;)

oja, kwaaitjie, daai foto van M op jou profile is so pragtig, dis eintlik vir my 'n poskaart foto hoor! te ougat

Dankie almal!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account