file Oktober mammies 2010

14 years 11 months ago #216928 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Sorry Hasie, maar dis skreeusnaaks! Wanneer Mare dit die dag doen kry ek sekerlik stuipe, maar nou is dit definitief snaaks! Hy is beslis kreatief! Het tot 'n tandeborsel vir spesiale effek gebruik! Slim kind!

Kon jy dit skoon kry? :dry: Shame eintlik kry ek jou jammer met die gemors! Jy sal vir Stefan moet vat en hom op materiaal laat verf. Hy het jou natuurlik dit sien doen, toe wou hy die bank en mat bietjie opvrolik! :) Dit was goed bedoel mamma. ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #216914 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Stefan maak my so 6 uur wakker vanoggend. Hy is toe blykbaar al 'n rukkie wakker. Hy kom staan langs my bed, trek aan my mou en se: "Mamma, skoon broekie aantrek."

Toe ek my oe oopmaak is dit wat ek sien...





En toe ek die res van die huis gaan ondersoek is dit wat ek kry...












Dis materiaal verf!!! Was BO OP die boekrak, buite klein handjies se bereik, maar blykbaar nie as hulle stoele nader sleep nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #216909 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more! Jiiipppppiiiiiieeeeeeee vir Vrydag!

Ek was gou gister daar na julle geweste toe, die dat ek nie kom inloer het nie. Moes goed by ons h/o gaan doen. En toe reen ek natuurlik weer sopnat! ;)

DF YAY Eddy kom huistoe vandag! Jammer van Kayla se val, maar ek voel soos Bollie. Hulle gaan val en seerkry tot ons wil weghardloop, maar dis al hoe hulle leer. Ek het ook opgehou tel hoeveel keer Mare al geval het. :blush: Maar ek kan hom nie elke honderdste van 'n sekonde oppas nie. Daarvoor het ons die liewe Vader en al sy beskerm engele! En glo my Hy kyk mooier na ons kleingoed as wat ons ooit sal kan! So moenie jouself in 'n guilt frenzy opwerk nie. Sy sal okay wees. :P O ja wat jou vraag betref, ek sou wag tot na die "krisistyd" van 12wke om die blote rede, as daar iets fout gaan hoef jy nie in jou hartseer nog aan almal te verduidelik dat jy nie meer swanger is nie. Dis die enigste rede. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is glad nie pessimisties nie, net realisties. Maar ek dink tog dit bly elkeen se persoonlike keuse. As dit vir jou werk om dadelik te se, is dit reg vir jou! Dan doen jy dit so. Is jy? B)

Hasie jou ma het beslis iets reg gedoen! Julle kan trots wees op haar! En julle self! Moet se my ma het dit ook reggekry, ek en sus is altwee getroud en toe kids. My boetie(31) is nog nie getroud nie en het ook geen kids nie. En ek glo nogal hy sal dit regom doen. Dankie vir die geskenk idees! Sal gou more gaan kyk wat ek kan kry. Nee, Mare hardloop darem nog nie. ;) Maar hy is goed besig, hoor! :ohmy:

Bollie ek is JALOERS!!! Ek wil so graag die Nutcracker gaan kyk! Julle is so gelukkig! Ek is seker julle sal 'n babysitter kry! :silly: Jy moet die potjiekos dag geniet! Julle gaan sommer almal net lekker saam kuier en ontspan! Klink na groot pret! :woohoo:

Ek is niks lus vir werk nie! Kan aan baie beter dinge dink om te doen! :silly: :whistle: Ek sal veel eerder saam met Mare op die vloer speel of kaste regpak en uitgooi of selfs gordyne was! :huh: Of kerskaartjies maak. Of naaldwerk doen. ENIGE iets anders as werk! :unsure:

Hoop almal het 'n lekker dag! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #216907 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Wat 'n oggend!! Ek gaan nou nou vir julle fotos opsit van my opwindende oggend...

DF, ek het vir almal vertel na die toetsie 2 strepies gewys het. Ek raak net te opgewonde en wil graag die nuus met almal deel. Dis seker nie altyd te slim nie, maar aan die ander kant, as mens dan nie die eerste 12 weke maak nie, het jy almal se support. Anders sit mens alleen met jou smart. As jy 'n publieke figuur is, sou ek se hou dit stil en versprei die nuus slegs onder jou betroubare familie en vriende, totdat jy oor 12 weke is. Ek het met Claudia beplan om te wag om die werks mense te se, maar het dit ook nie reggekry nie.

Ok, laat ek gou fotos aflaai om vir julle te wys!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #216895 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het n vraag: wat is julle opinie op wanneer n mens vir ander vertel n mens is swanger- glo julle dis nodig om te wag vir die eerste 12 weke om verby te wees. Ons het almal vertel na ons 1ste ondersoek op 8 weke en ek was fine daarmee.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #216881 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie julle maar n mens voel maar steeds sleg. Hasie syt niks geleer-dit wragges weer gedoen.....sug! O en daar is nie eers n blou kol nie-my hart het seker seerder gekry as sy.


So at least Eddy kom more terug.

Bollie, geniet die potjie.....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #216874 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Skies dol dag!!

More het ons werk potjiekos dag, so ek moet probeer om meeste goed klaar te kry, sodat ek more net laaste goedjies vinnig kan afhandel en dan kook, kook em kook!! :silly: :woohoo:

Shame DF, ek kan dink jy mis vir Eddy! En as ek moes sleg voel vir die hoeveelheid keer wat Riley al letterlik neerge%#$% het, dan moes ek maar eerder die emmer skop ;) Hulle gaan val, en hulle gaan seerkry, so jy hoef glad nie sleg te voel nie!

My man speel in een van sy kliente se golfdae vandag, so ek moet nounou ry om vir Riley te gaan haal!

Lekker aandjie en ek sal seker nie more kanskry vir inloer nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account