file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #216281 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Aai, ek is bly dis Vrydag!! :blink:

Ag moeder mamma vir Stefan! Kinders wil nou maar net op homde se rue ry, ek kan onthou ek wou dit ook altyd doen!!

Ons skool sluit sommer al die 7de! So ek sal vinnig moet reel met Francina of sy sal bereid wees om na Rikey te kyk vir die week en 2 dae voor ek op verlof gaan!

Op die skool se kalender staan daar kersboom vir Maandag, maar ons het nog geen kommunikasie gekry nie, nou wonder ek wat daarmee gebeur? Sal bietjie vra!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216252 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dis so lekker om 'n mamma te wees ne, en om die spesiale een in jou spesiale kind se lewe te wees. Niemand sal ooit jou rol in jou kind se lewe kan inneem nie, al voel dit soms asof hulle jou nie eers notice nie, weet maar, jy is die belangrike een!!

Julle, dis so special om by die huis te wees. Stefan kom nou nou hier aan gedraf, bietjie paniekerig en roep my. Ek tel hom toe op en vra wats fout. Toe se hy: "bietjie op Nika klim." Dis nou een van my skoonma se honde, 'n groot boerboel tipe kruising. En toe se Stefan: "Nika bietjie loop. Ek bietjie afval." So as ek hom kan glo, bedoel hy, hy het bo op die hond se rug gery. Wat 'n wonderlike kinder hond!! En 'n regte cowboy seuntjie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216242 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
:woohoo: vir Claudia! Al klaar skoenmal! Voorwaar 'n klein modeopoppie!

Sjoe Hasie ja dis moeilik as mens nie genoeg pakplek het nie. Jou huis bly ook permanent deurmekaar! Hoop hulle kry dit gou uitgesorteer!

Riley sal moet dansklasse kry! Sjoe dit gaan rof wees met haar by jou werk! :silly: Weet nie hoeveel jy gedoen gaan kry nie, maar die baas het gese dis okay. :woohoo:

Mare se dagsorg sluit ook Donderdag 15de. Hy gaan van 19/12 tot 23/12 en dan weer 03/01 tot 06/01 by 'n ander vrou bly. :unsure:

Bollie ek is ook skielik die meer gewilde een in Mare se lewe. En nou kry hy soms kamstag vreeslik skaam ook. ;) En julle moet net hoor hoe oulik "njam-njam" hy! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216221 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Ag my moeder, dat Claudia se 'n skoen fanatic is! Ooo, hier kom 'n modepop!

Ek begin nou feature in Riley se lewe, sy begin nou na my hardloop met haar armpies oop en wil partykeer net by my wees en niks van Pappa weet nie, so :ohmy: uiteindelik is ek ook belangrik :laugh:

Riley kan weer so dans, of as daar doef doef op is, dan gaan die koppie saam! :rock:

Kwaaitjie, jong, ons werk sluit ook daai week tussen Kersfees en Nuwe jaar, en dan het ek maar die week voor dit ingesit, so ons is darem 2 weke af, maar ons bly by die huis, ek wens ons kon dalk erens heen gaan :( ,maar ag wat, is gewoond daaraan om Des by die huis te wees.

Riley se skool sluit al vlg week Donderdag, so ek gaan probeer om Riley by my mahulle se bediende te los vir die week en 2 dae voor ek af is, maarmy baas by die werk het geen probleem as ek haar saambring wanneer ons nie kan regkom nie :S

Maar ek glo ons sal kan sort! Ek hoop so........ :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216214 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle praat so van opvreetbaar. Julle moes hierdie dogtertjie van my gister in Woolies gesien het, sy is kostelik!

Sy en boetie sit langs mekaar in een van daai waentjies met die stuurwiele in (een met TWEE stuurwiele!!!!) ons stap toe deur die kiddie klere want ek soek mooi pakkies om vir Kersdag aan te trek. Toe ons verby die dogtertjie skoene loop, kry Claudia amper 'n oorval, sy spring op, steek arms uit en "eeee-eee-eeee!) met haar handjie wat so oop en toe gaan.

Daar is toe 'n baie mooi paar skoene, so ek besluit dis net die ding vir die Kersdag uitrusting en vat 'n paar. Toe skree sy eers en beduie sy wil dit he. Ek gee toe maar vir haar die skoene, maar dit kalmeer haar glad nie, sy klap dit teen haar voete vas. Sy het so tekere gegaan, dat ek net daar in Woolies op my boude gaan sit met haar op my skoot en die skoene aantrek. Maar steeds is sy nie tevrede nie, sy wil he ek moet die tags aftrek! En toe wil sy stap.

Julle moes dit beleef, sy smile van oor tot oor, stap rond en knik haar koppie, klap handjies en is net die cuteste ding op aarde. Die mense het lekker vir ons gelag! Ek kon nie glo dat 'n 1 jarige dogtertjie, sooooo kan tekere gaan oor 'n paar SKOENE nie.

Toe ons terug is by die huis, en ouma kom uit, skop sy haar voete wild en knik haar koppie asof sy wil beduie dat ouma moet kyk na haar nuwe skoene. Toe se ek vir ouma daarvan en ouma maak die gepaste fuss oor die skoene, julle kan nie glo hoeveel satisfaksie dit vir haar gegee het nie.

Natuurlik het sy gisteraand met die skoene aan gaan slaap en vanoggend was dit die eerste ding wat sy gesoek het.

En dan se hulle ons "kweek" sulke traits by kids, Claudia het al 2 keer van tevore skoene aangehad, so dis defnitief nie ek wat haar aanmoedig om so lief te wees vir skoene nie.

Kwaaitjie, my huis is halfpad leefbaar. My man en skoonpa probeer nog vir my krane insit om my wasmasjien en skottelgoed wasser by te koppel (skoonsus wat voorheen hier gebly het het by skoonma wasgoed gewas en skoonfamilie glo nie in skottelgoed wassers nie.) Sodra dit gedoen is en die masjiene staan waar dit moet, sal die spasie in die kombuis beter wees. En dan moet daar orals nog rakke opkom vir stuff soos glase en wynglase, die staan nog in bokse op die lessenaar. Selfde vir boeke, die meeste van die goed wat ek kon uitpak is nou uitgepak. Sodra daar rakke is, sal ek nog so 5 bokse moet uitpak en dan kan ek actually die spasies waar die bokse nou staan vul met die lessenaars ens wat daar moet kom.

DF, die bootcamp ding klink baie in die mode deesdae en dit klink of mense dit vrek baie geniet. Dink jy egter dis 'n volhoubare opsie of is dit een van daai oefenings foefies wat weer oorwaai (soos taibo gemaak het) Weet niks daarvan af nie, so ek comment nou uit my beurt, ek wonder maar net.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216193 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Dragonfly "Go for it"! Klink of dit kan lekker wees!

Hasie geniet die blaaskans! Hoop dis nie te kort nie! Hulle kan ons darem goed besig hou ne! Ek sukkel maar om al my dinge te doen en jy het twee kids wat jou aandag vereis! Dis rof! Is die huis al leefbaar?

Oe Bollie jy moet liewer na die eindresultaat van jul eie huis soos julle dit wil he kyk, as na die geld wat julle betaal! Al die geld maak mens regtig moedeloos! :ohmy: Maar dit gaan wonderlik wees om in jul eie huis te bly! :woohoo:

Bollie ek voel ook soos jy om vir Mare elke dag net op te vreet! Hulle is darem sooooooo oulik! Hy maak soms of sy vinger iewers vasknyp dan kyk hy ons so en "uu-uu" dat ons moet aandag gee. Kan ook vreeslik gesels, wens net ek kon iets verstaan :huh: ! Hulle is te dierbaar vir woorde! :P

Ek gaan lekker tussen kersfees en nuwe jaar op "geforseerde" verlof. Lekker elke dag saam met Mare tuis! Kan nie wag nie! Hy gaan my seker uitput, maar ek gaan dit vreeslik geniet! Sal seker weer 'n aanpassing wees om terug te gaan dagsorg toe! :huh: Sal daaroor bekommer wanneer ons daarby kom. :)

Ons koop die naweek die fiets-stoeltjie vir Mare. Hasie sal vir jou 'n foto mail en sommer ander besonderhede ook as daar op die boks is.

Lekker dag!

PS Wens dit was al Vrydag! :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216182 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Dit het lekker saggies gereen vanoggend, maar ook nie vir lank nie!

By ons gaan dit goed, nie klagtes nie, ons erf het registreer op ons naam gister, so nou gaat ons betaal, dit maak bang en naar :sick:

Maar dis darem een stappie nader....

Riley raak net ouliker by die dag, julle ek dink ek gaan haar opvreet! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account