file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #216806 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

DF, shame man, dis niks lekker sonder jou man nie en dan val Kayla ook nog. Maar jy is beslis nie 'n slegte ma nie. Dit gebeur met almal. Kids val maar en meeste van die tyd kry hulle nie ernstig seer nie. Maar hulle leer eerder uit hulle foute. Jy kan 1000 keer se wees versigtig, maar hulle leer beter as hulle self foute maak. Sterkte met die res van jou week!

Grenaat, is jy beter?

Hoe gaan dit met die res van julle? Kwaaitjie, hardloop Mare al die wereld vol?

Lekker daggie!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216787 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello moomies

Jinne,maar eks moeg....alla wereld. Die week is sover ok, glad nie maklik,maar ok so sonder Eddy hier. Die moeilikste deel is die time zone-hys mos 2 ure agter my nou so ek moet baie later wakker bly om good nite te se.....

Julle ek voel vanaand soos die wereld se slegste ma- kayla het van die stoel af geval op haar kop en ek was reg langs haar. Een oomblik het sy nog opgeklim en toe ek weer sien bolmelakiesie sy langs my af. Ek sien nie n blou kol of iets en die huil het nie langer as gewoonlik gehou en syt glad nie opgegooi of enige so iets,maar dis die eeste keur dat dit gebeur het so ek voel baie depressed!

Granaat, wat se die dr toe? Ek glo ook nie in oepsies nie- daars dan self die morning after pil.

Kwaatjie jy noet daai mensie geniet- dit is sowaar n klein blessing. Ek is ook baie dankbaar vir ons klein girly- ek het nie geweet n mens kan so lief wees vir iemand of iets nie.

Bollie, bly julle het carols by candlelight geniet, ons gaan more aand....weet nie eens wie tree op nie....en dan wil ek Sat Aand wanneer Eddy terug is na emperors palace se garden of light gaan.

Hasie, ek stem 100% jou mahet iets reg gedoen......en dis nie n maklike ding in vandagse dae nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216720 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal!

Dis darem lekker om so baie chats te moet lees! Voel of hier weer lewe is op moomie!

Kwaaitjie, ek kan uit ondervinding vir jou se dat meeste mense vir onnies of dagsorg mense badgoed koop. Vandat ek begin werk het (dis nou van ek begin perdrylesse gee het op 16) het ek nog nooit vir myself lekker badgoed gekoop nie. Ek kry in Augustus 'n spul en weer met Kersfees. Ek kry so baie dat ek dit later ook maar as persente weggee. So dit sal die normale geskenk wees om te gee. My skoonma se huis is weer vol klein ornamentjies wat se my "juffrou is 'n engel" en sy het selfs bekers met kiddies se gesiggies op. Sy was 'n kleuterskool juffrou. So ornamentjies is ook in. Wat ek eintlik probeer se is dat mense ditjies en datjies gee. As jy regtig iets nice wil gee sou ek se kry 'n goedkoperige interessante boek by CUM, of daai daaglikse brood kaartjies. Die kere wat ek dit gekry het, het ek dit baie meer waardeer as badgoed. Die daaglikse brood kaartjies maak ook lekker boekmerke later aan. Selfs 'n CUM giftvoucher is nice. 'n Potplant is ook nogal iets wat ek baie waardeer het die een of twee keer wat ek dit gekry het. Dit moes twee keer gewees het, want hier is twee plante in my huis... so dis iets wat nogal lank hou!

Bollie, lekker vir die Nutcracker kaartjies! Ek het die Nutcracker ballet gekyk toe ek omtrent 5 was. Ek sal dit nooit vergeet nie. Dit was my eerste teater ervaring en ek was in vervoering! Ek kan nie wag tot my dogtertjie oud genoeg is om saam met my 'n ballet te gaan kyk nie.

Grenaat, ek hoop die dokter kan jou vinnig help met meds en dat hy raakvat met sy diagnose. Klink vir my ook maar na 'n slap storie met die glipsie baba. Ek en Johan was net 6 maande saam toe ons getroud is en ons het besluit toe ons ontmoet het dat ons nie gaan saam slaap tot ons getroud is nie. (moenie dink enige van ons was engeltjies in ons vorige verhoudings nie... ons het maar net altwee 'n lewens omkeer gemaak voor ons mekaar ontmoet het) In hindsight is ek baie bly daaroor, want as ek nou so kyk na hoe maklik Stefan gemaak is en hoe ongelooflik perongeluk Claudia gemaak is, dink ek dat ons kombinasie verseker kiddies sou geproduseer het voor ons getroud was as ons saam geslaap het.

Ek stem ook saam dat mens nie trou agv 'n swangerskap nie. Trou het baie aanpassings en soos ons almal weet is kinders kry nogal stresvol en sit baie druk op 'n verhouding. So ek dink as mens die twee kombineer is jy in vir 'n ding en moet jy jou gereed maak vir rowwe tye.

Van regom doen gepraat, ons drie dogtertjies (ek en my sussies) is die enigste van al die meisies in my ma se familie wat nie swanger geraak het voor ons getroud was nie. Ek dink my ma het verseker iets reg gedoen toe sy ons groot gemaak het!! Om 3 dogters groot te maak wat elkeen op die ou end 'n universiteits graad het, getroud is met stunning mans en kids gehad het na die troue, is nogal 'n acomplishment!!! Nou moet my boetie net nie die apple chart spoil en iemand preggies kry nie... Hy het darem al 'n graad, en 'n honneurs.

Lekker daggie almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216696 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Grenaat, nee ek hoor jou, mense kan ook net soveel glipsies he, en baie keer is glipsies ook nie regtig glipsies nie. Ons het tegnologie om swangerskap te verhoed, gebruik dit. Die meisie klink maar bietjie glibberig vir my.

Grenaat, laat dalk net check dat daai seer gevoel nie jou galblaas is nie, 'n maagseer en galblaas se seer is bitter baie dieselfde.
Die dr. het by my maagseer eers diagnoseer, maar die meds het niks gewerk nie, was al die tyd my galstene en onsteekte galblaas.

Hoop dis niks erg nie :)

Carols by Candelight (Kwaaitjie, yes dis die Spar ene) was vreeslik oulik en Riley het dit baie geniet!!

Romanz, Nianell, Kurt Darren, Loyiso en ;n koor het opgetree.

Ek is nou sommer bly, daar het 2 kaartjies oorgebly vir Nutcracker on Ice by die werk, so ons gaan Vry aand dit ook kyk! :rock:

Ons kon mos kies tussen 3 verskillende events en ons het mos toe Nataniel gaan kyk, wel nou score ons sommer Nutcracker ook! B)

Moet nog net babysitter reel :whistle:

Kwaaitjie, ag hulle het oulike geskenkies gekry. Riley het een van daai puzzles gekry waarin jy die vormpies sit, baie oulik, ons het toevallig ook so ene vir Kersfees gekoop en dan daai tolletjies waardeur jy die tou ryg.

Wat van mooi blomme vir Dagsorg Ouma en 'n lekker biltong hamper vir Oupa?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216664 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!

Oe eina Grenaat! Ek weet presies hoe dit voel! Is tans op meds vir maagseer. Baie sterkte! Geluk tannie! :laugh: Moet se ek stem saam oor die regom doen! Die meisie klink vir my maar na 'n merrie! Kan sy hom dan op geen ander manier aan haar verbind behalwe deur sy kind te he nie? Ek sien groot ROOI ligte aangaan! Dalk jaag ek net spoke op, maar jou swaer moet dalk bietjie die girl goed uitkyk met sy verstand en nie sy hormone nie! Ek glo ook nie 'n swangerskap is 'n rede om te trou nie. Mense moet trou omdat hulle mekaar liefhet en nie sonder mekaar wil wees nie, nie omdat hulle saam 'n baba het nie!

Sorry ek is so prekerig. Voel net baie sterk daaroor!

Bollie hoe was die aand? Hoop julle het dit geniet! En ek wou nog vra wat se geskenk het Riley toe by die skool kersboom gekry?

Julle ek soek bietjie raad. Wat se geskenk gee mens vir 'n dagsorg ouma en oupa? Ek wil regtig nie 'n fortuin spandeer nie, maar ook nie "stingy" wees nie. Die oom is 'n diabeet, so lekkergoed is uit. Enige idees?

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216652 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
more

urgh julle laat ek sommer met 'n moan inval :( daar is iets vout met my maag, dit blyk of dit 'n maagseer is en ek het baie pyn. Ek sukkel nou so week met erg sooibrand en gister skielik toe kry ek die pyn op my bors en net onder my bors in my maag. ek sukkel selfs om asem te haal. hoop maar dis 'net' 'n maagseer. gaan nou nou dr toe.

anyways, dankie vir die lekker welkom wense :kiss: net so bly om terug te wees!!!

Kwaatjie, ag jy laat my sommer tranerig word. M is so gelukkig om jul as ouers te he. het jy nou al gedink hoe sou jou oggend nou gewees het sonder hom??? boring ne :P en die aande, stil en alleen LOL hulle is net blessings.

Hasie, dit sal steeds lekker wees om by die huis te wees, veral as manlief by die huis is, dis tog net anders as almal nie hoef op te staan en jaag nie.

Bollie, daai boom lyk baie mooi!!! moet bietjie myne ook afneem een of ander tyd :)
Hoe was die candles by candlelight?

julle ek word weer tannie. my swaar se meisie is swanger (ja dis die 2de keer wat hy 'oor die tou trap') Ai ons is regtig nie baie gelukkig nie want hulle het beplan om verloof te raak april en sept te trou, hoekom nou so iets aanvang, daar is mos regtig maniere om dit te voorkom. ek en my man was 6 jaar saam voor ons getroud is en ons het gesorg niks gebeur nie.

so... my broer, my suster en my man se broer het almal kinders gehad voor hul getroud is. dis net ons van die hele familie wat dit 'reg om' gedoen het. is ek vertraag of wat maar WAVOOR doen mens dit nie reg om nie? ja okay as dit regtig 'n glipsie was okay dan verstaan ek maar ja, na BIL se meisie paar keer vir my gese het sy gaan hom vang, sy het die pil gelos, en ons hom gewaarsku het glo ons nie regtig dit was 'n 'glipsie' nie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216618 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Bollie daai boom is stunning! Sal glo Riley het net gestaar! :P Ons wil die Carols by Candlelight in Potch gaan kyk. Is dit een wat Spar doen waarna julle gaan? Julle moet dit geniet!

Hasie selfs net bietjie rus en rustig wees by die huis is ook lekker! Dis bietjie lekker familie tyd! Probeer maar die hius voor dit regkry, anders gaan manlief net huis werk. :ohmy: Hoop en bid hy kry binnekort goeie werk!

Grenaat klink of julle 'n heerlike vakansie by die see beplan! :woohoo: Julle moet dit geniet! Henko gaan omtrent "reparasies" in en om die huis doen! ;) Pappa sal hom maar moet inspan! :P En minder as 'n week verder is dit krieket en sokker! :woohoo: Daai pen met die sirkels is goeie oefening vir hul oog han koordinasie! En natuurlik glo ek boublokkie is 'n wen! Hy kan huise bou dan kan ouboet dit kom regmaak en doen! B)

Df ek cope ook nie so lekker sonder manlief nie! :unsure: Ek dink elke keer ek gaan bietjie lekker tyd saam met Mare spandeer, maar dan verlang ons twee net na pappa! :( So ek weet hoe jy voel. Sterkte! Kayla het dalk die remote vir pappa ingepak! :laugh:

Gepraat van DSTV, manlief het op 702 gehoor dat hulle die decoders met die sateliet opgegradeer het, nou sukkel almal met die remotes wat nie die decoder kan operate nie! Mens moet na multichoice toe gaan dat hulle die remote ook opgradeer. :ohmy: Wat 'n gemors!

Mare stort nou elke oggend saam met pappa en geniet dit verskriklik! Vanoggend toe ek stort, maak hy toe so ewe die deur oop en begin inklim. Dit was nadat hy gestort en aangetrek was! :blink: Toe is klein klits van vooraf nat. :pinch: Pappa het hom toe sommer bietjie met die haardroer droog geblaas. :P Ag ek is nou nog verwonderd oor die ou klein wonderwerkie van ons! Nooit gedink mens kan 'n kind so geniet en liefkry nie! :)

Lekker aand vir julle! En vet drukke vir al die kids! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account