More! Vrydag!!!!
Ek het 'n bediende vandag, dis wonderlik!! Behalwe dat sy nog nooit in 'n huis gewerk het nie en nou al 'n halfuur lank my kamer stofsuig (dis piepklein...) ons sal maar sien of dit kan werk. Ek sal my tong moet byt en geduldig wees, hopelik sal sy kan leer. Eintlik is die hoofsaak vir my die strykwerk, so sy beter net goed kan stryk want dit kan ek haar nie leer nie, ek suck met stryk.
Bollie, dis snaaks dat julle nog niks gehoor het van die Kersboom nie, gewoonlik moet mens mos persentjies stuur daarvoor. Hoop jy kom reg met Francina, anders kan jy haar altyd by my kom aflaai

ek sal seker met nog een kan cope
Claudia het alweer vanoggend gekerm oor die skoene, teen die tempo gaan die pragtige ou skoentjies al uitgeloop en afgeskryf wees teen Kersfees! Maar sy stap so cute met die skoene aan.
Ai julle, ek het gehoop my huis sal na die naweek weer bietjie soos 'n huis lyk as my man kans gehad het om rakke op te sit. Maar my skoonpa het vir hulle 'n freelance teken werk gekry wat hy en Johan die naweek moet doen. So daar sal nie tyd wees vir rakke opsit nie, maar ten minste sal daar dan geld wees vir rakke koop!
Hoop julle het 'n lekker daggie!!