file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #189550 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi almal

so vandag is die dag... annika word 12 uur opgeneem en die dokter ondersoek haar 1uur. shame dit gaan seker die langste wag van haar lewe wees. die dr het die bloedtoets vir downs by hom ook.

Rubentjie het nog net 2 tandjies maar hy is beslis besig met die boonstes.

Shoe kayla mors nie met tande sny nie hoor, Melody, jy kan al vir haar 'n steak gee sy sal deur hom kou! ! !

Kwaaitjie, as ek aan 'n 5 en 1 dink dan sien ek die 5 is 'n oom, met 'n hoed skuins bo op en 'n vet pensie, nie seker of dit op een van henko se dvds of dalk carika s'n is nie. en 1 sien ek 'n maer mannetjie wat rondspring LOL Jammer dit help seker nie veel nie

ek is ook baie lief vir perde, het self skou gery op my jonger dae! :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189549 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Grenaat, sterkte vir jou sussie vandag. Ek bid vir hulle.

Bollie, nee Claudia het ook nog niks tande nie. En geen tekens van tande nie. Dit pla my nie as hulle eers later uitkom nie, minder tande borsel sessies...

My een vriendin het my gesms gister om te se die stud waar sy haar perd gekoop het, het 'n veiling die 25ste en van die weanlings (onder 'n jaar oud) gaan sonder reserves. Maar selfs sonder reserves, kan ek dit nie bekostig nie. Ek wens ek kon, hulle het awesome perde.

Kwaatjie, dankie ek sal bietjie gaan kyk! Ek het gedink om van daai cheap polystyrine vliegtuigies wat mens aanmekaar sit te kry vir elke kind. Ek het laas jaar ipv boksies emmertjies gebruik wat ek by die plastiek warehouse gekoop het vir goedkoper as boksies. Sal maar weer daar 'n draai gaan maak en kyk wat ek kan kry.

Dragonfly, daai meisiekind het een van die dae 'n hele bek vol tande, as sy so aangaan gaan sy my Stefan verby vat!

Julle ek het gisteraand my gat af geskrik! Ek het lekker gesit en moomie, terwyl Claudia in die woonkamer speel. Sy was baie stil, maar sy is maar gewoonlik stil. Toe kom Johan in en gee 'n amper sopraan gilletjie! Toe is Claudia halfpad teen die trappe op!!!!! Ek het haar in die woonkamer gelos met die veiligheids hekkie toe, toe was Johan blykbaar vinnig in en uit en het die hekkie perongeluk oopgelos. Ek kan nie glo sy klim so fluks trappe nie, en ek is sooooo bang sy val! Dit was regtig net genade dat sy nie geval het nie.

Lekker dag almal, Grenaat laat weet asb as jy iets van jou sus hulle af hoor.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189545 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Ek sal die naweek bietjie die eier maak soos julle se en vir haar gee, en loer wat gebeur :)

Hasie, ek verstaan heeltemal oor die perde! Ons is gelukkig dat my ma hulle die stalle besit, my ma het 3 perde, en my tannie wat ook daar is, het 6 perde, so erens behoort Riley reg te kom :laugh: Daar is huidiglik 16 perde wat daar gestal word. MAAR jip, sal seker ook al haar goedjies moet koop ens, maar ons worry maar eers later daaroor. Sy het darem ook alreeds baie teachers om van te kies, want my ma, my sussie, my tannie en al 3 my niggies, ry elke Sat en Sondag perd, so hulle kan haar leer.


Ek weet NIKS van perde nie, en was een keer dink ek op 'n perd.

Dragonfly, aai maar Kayla is darem vinnig jong met daai tande.... WOW!! Ek is ook mal oor die Hello Kitty theme, maar een van beste vriendinne het dit gebruik op Mignon se 1st bday, so ek kan nie. Sal vir jou fototjies laai, sal jou mooi idees gee wat om te doen :-)

Nee wat Riley het nog geen tande nie, ek dink Claudia het ook nie, maar miskien het sy Riley al verbygesteek! Ek dink Riley gaan eers later tanne kry, net so gevoel in my gat ;) Miskien kry sommer tjop tjop almal op een slag :laugh: Ek dink dan hardloop ek weg :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189539 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Hasie dit moes dol gegaan het! Ons het jou gister gemis! Wat se die homeopaat? Bly jou taak is afgehandel, moet nou nie weer wag tot nommer 99 vir die ander 2 nie! ;) Jong ek dink dis van opgewondenheid dat ons nou al aan verjaardag-koeke en goed dink! En ek het dan nog 'n lekker uitdaging om iets te doen wat Mare en pappa akkomodeer! Hulle verjaar mos saam. Jy moet beitjie fotos van die koeke kom wys! Die vliegtuigie-koek klink oulik! Ontwerp 'n boksie wat soos 'n vliegtuigie lyk vir die lekkertjies en goed vir elke kid. Jy is mos kreatief? Dit kan net lekker wees! Terloops het jy al gesien Bakels verkoop allerhande gluten-vrye bak produkte? Gaan kyk by www.sbakels.co.za

Melody Kayla is omtrent haastig met die tande! Ek glo nie eers enige van die ander het al 3 tande nie! Ja, Mare wil ook nie dat ek in sy mond kyk nie. Wonder wat steek hy weg? ;) En jy sal moet verduidelik van tattie teddies. Ek het net "kommin" tv, so weet glad nie van so iets nie. Het darem al Koowee gesien. Hello Kitty weet ek van, want dis al so oud soos die berge!

Hoop almal het 'n heerlike dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189486 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal

Kwaatjie laat maar weet oor die rok.

Stella, dis wraggies n 1 in n million foto-stunning.

Bollie, daai gesiggie is te oulik vir woorde.

Granaat-hoeveel tandjies het Ruben al?

Hasie, ek het nie besef Claudia is soveel jonger nie-sys ook dan lekker aktief vir haar ouderdom. Sy laat klein Kayla baie lui lyk. Lol

Julle dit lyk nou soos no 7- ek voel ietsie agter onder op haar gums en as ek loer (sy laat my nie regtig toe nie) sien ek n klein wit spek.

Ek het gedog either me to you tattie teddies of hello kitty vir haar 1st b-day...maar sal maar sien nader aan die tyd!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189469 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Dinge het bietjie dol gegaan hier by my vandag. Was vanoggend skool toe om eksamen vraestelle gaan print en afrol, toe homopaat toe. Toe terug skool toe vir ekstra klasse voor die gr 9 siele more wiskunde skryf... Toe terug huis toe en my taak klaarmaak wat al 2 weke gelede moes ingewees het maar waarvoor ek tot vandat toe uitstel gehad het. Nou is dit in, en 'n berg van my skouers af, alhoewel daar nog 2 is wat einde van die maand moet in wees...

Stella, sjoe daai renostertjie lyk cute! Pas hom op!!!

Julle is te organized dat julle nou al aan 1st verjaarsdae begin dink. Claudia was gister eers 7 maande oud!! Stefan word 2 die maand, ons gaan 'n vliegtuigie partytjie hou. Dit was 'n moeilike call tussen vliegtuigies en hasies, hy is mal oor hasies... maar ek dink dis makliker om vliegtuigie goed in die hande te kry. Ek sal ook maar weer self die koek bak soos laas jaar en dit dan versier met 'n vliegtuig op. Ek bak maar self want ek bak gluten vry anders kan ek dit nie eet nie en dit lyk of Stefan toe wel die gluten probleempie geerf het, so hy gaan ook nou maar gluten vry lewe van nou af.

Bollie, moenie eers begin met perde nie. Dis 'n vrek duur sport!! Eks sommer jaloers op Riley wat 'n perd het om op te ry, ek wil ook 'n perd he!!! Maar met 2 kiddies sal ons die lotto moet wen om vir my 'n perd te koop. Stalgeld is duur!

Noudat Claudia die 7 maande merk getref het, sal ons seker ook op 'n stadium eiers doen, maar nader aan die einde van die maand, op die stadium is daar nog baie ander dinge wat sy kan eet.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189437 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja, Mare is op pappa se 50ste verjaardag gebore.

Carmen ek het die eerste 3 dae net eiergeel gegee. Het die hele eier sag gekook, dan net die geel uitgehaal en fyngemaak met beitjie melk by. As sy reg is daarmee, kan jy die hele eier scramble. Die 9mnde ent word in eier gekweek, daarom moet ons toets vir eier allergie. Ek het nog nie van iemand gehoor wat dit het nie, maar daar is seker altyd 'n eerste keer.

Ja toemaar, ek kon vanmiddag al 'n hele tuisnywerheid oopmaak met alles waarvoor ek lus was! :blush: Julle ek is op die oomblik heel soetgoed mal, maar nie sjokolade nie. Koek en terte en allerhande snaakse poedings! En hoe romeriger hoe beter! :ohmy: :blush: :S Gelukkig het my man glad nie 'n soettand nie, so hy hou my redelik in toom. :blink:

Jou idees klink oulik. Die een man wat saam ons werk se dogtertjie het nou die dag haar 2de verjaardag met Minnie Muis gehad. Dit was baie mooi! 'n Vrou in Rustenburg wat spotgoedkoop is het blykbaar al die pakkies, balonne, boksies en ek weet nie wat nog alles nie. Sy pos blykbaar alles sommer vir 'n mens.

Grenaat ek se ook dis seker die enigste keer wat ek sal kan kies wat se koek dit moet wees. Volgende jaar is hulle al vol nukke en stories!

Huistoegaantyd! Yay! Lekker aand julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account