Hallo
Bollie bly dit gaan soveel beter met Riley! Ek like die groot tandelose smile! Dis so cute! Mal oor julle ma en dogter foto! Baie mooi!
Grenaat ai net as ek dink dis nou weer ons beurt vir al die gemors, dan wil hulle jul bakkie steel! Dit maak mens darem briesend! Darem het julle die bakkie nog, dis net jammer van al die skade! Hulle was beslis lus om die hele bakkie te strip! Hoop Ruben voel beter vandag!
Melody YAY vir die eiergeel wat sy so lekker ge-eet het! Hoop dit hou so aan! Dankie vir jou rok-aanbod! Ek sal die week bietjie voelers uitsteek en hoor wat sy se! Ek wil nie op tone trap nie, en mense kan so maklik in die gesig gevat voel! Sal haar mooi moet benader.
Stella dis die spesiaalste foto daardie! Hoe voel Xander nou? Is hy al beter? Geniet julle nuwe babas op die plaas! Hulle is pragtig!
Waar is Hasie vanmore? Sy is besonder stil! Hoop nie die skool het Vrydag slegte nuus gehad nie!
Ons naweek was redelik rustig. Woon van gister oggend to Woensdag dienste wat deur Ds. Riekert Botha van Vredendal Baptiste gemeente by skoonma se kerk by! Hy is Saterdae-oggende so 09:15 op RSG. Julle die man het 'n fantastiese aanslag! As hy ooit in julle omgewing dienste of praatjies hou, gaan gerus! Hy laat 'n uur soos 5 minute voel!
Glo dit of nie, Mare is volgende Woensdag al 9 maande! Die tyd het darem vreeslik gevlieg!
Hoop almal geniet die dag!