file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #188446 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het vir Melody e-mail gestuur. Sy se dit gaan goed, net baie besig by die werk en in die aande bring manlief dvd's huistoe, dan fliek hulle tot watter tyd. Dus kom sy nie by Moomie uit nie. Kayla het al 5 tande!

Julle die een ou meisietjie wat by Mare se dagsorg werk, trou Desember, maar sy het nie geld vir 'n rok nie! My hart is so seer vir haar! Sy se sy sal maar haar matriek-afskeidrok dra. Dis so sad dat sy nie eers 'n pragtige rok sal kan he nie en klink my die hele ding gaan net 'n klein geleentheid wees. Haar pa is kruppel en het breinskade as gevolg van 'n ongeluk, dus werk hy nie. As ek reg verstaan is die ma sieklik. Ek gaan Princess Project kontak en hoor of hulle dalk kan help. Het julle enige voorstelle? Of idees?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #188419 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat hoop Henko is nie ernstig nie! Dis dalk bietjie middel-oor ontsteking, ek het dit baie as kind gehad en ongelukkig kan dit die hele lugweg stelsel aantas omdat alles mos verbind is. Langdurige oor-ontsteking kan beslis ook die gehoor affekteer! Sterkte! Laat weet wat se die dokter.

Hasie, ek weet die onsekerheid is aaklig, maar as ek jy is, sal ek wag dat hulle my retrench. Anders kan jy byvoorbeeld nie uif eis as jou dinge nie onmiddelik in plek val nie. Plus hulle moet 'n "paket" ook aan jou uitbetaal. Vind maar uit wat vir jou die beste sal wees. Ek bedoel nie jy moet hulle nail nie, maar jy het nou al 'n hele ruk uif betaal en iewers moet mens na jouself begin kyk.

Wonder waar is Melody?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #188409 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!

Welkom Bollie en Stella! ;)

Grenaat so jammer om van al jou sus-hulle se onsekerheid en siekte te hoor! Ek bid en hoop saam dat alles okay is met die ou klein dogtertjie! Baie sterkte! Hoop jy het lekke met Ruben gespeel toe hy so bietjie later gaan slaap het!

Ai Hasie, my senuwees sou op gewees het om in julle aaklige verkeer nog 'n voertuig te moet sleep ook! Hoop regtig dit word nou uitgesorteer! Hoop julle base probeer die skool red! Ai die onsekerheid!!!

Bollie daai klein juffrou is dierbaar! Mensig maar sy het 'n wilde carpet burn op die ou neusie! Julle huislening is mos reeds goedgekeur, so die kontrak moet net gewysig word vir die nuwe aders en so. Bly julle het 'n beter deal gekry! En 'n plek waarvan julle hou! Yay vir die vaste salaris! Een minder onsekerheid! Ek het nou die dag na fotos van Mare gekyk toe hy 1 maand was, kan nie glo hy was so ou klein babatjie nie! Ek het ook al baie vergeet! :blush:

Stella, jammer Xander is so siek! Ek hoop regtig hy word gou beter! Sal biejite joghurt nie sy keel bietjie beter laat voel om dat dit koel maak nie? Siestog, dis sleg as hulle nie kan melk drink nie. Die bottie is dan hulle troos!

Julle dis bitter koud hier! Daar val so ysreen buite en ons verwag enige oomblik kapok. Die wind sny nou regtig deur murg en been! Dis regte bedbly weer die!

Lekker dag almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #188405 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More more

Ai en ek is 11 uur oppad pediater toe, Henko het mos koors gehad gister, gisteraand het hy gekla van oorpyn en vandag is hy vreeslik moeilik. ek ken niks van oorpyn nie maar soos ek verstaan is dit gevaarlik want dit kan die neus oor en keel affekteur so ek vat hom maar eerder dokter toe.

Ek sukkel net so met dienuwe name LOL

Bollie, het jul toe 100% lening gekry? skies ek is nou nie seker nie. Ja mens vergeet baie gou hoe klein hul was.

Hasie sterkte met die werk situasies! hoop als werk uit.

waar is ons ander maatjie.... wats haar naam nou weer, begin met 'n Christ... :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #188394 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, nee jong, ek weet nog nie. Hopelik sal ons teen volgende week weet. Dit is aaklig om so in die lug te hang, maar ek gaan maar aan asof dit gaan gebeur. So ek gaan die hypnobirth kursus doen aan die einde van vlg maand, en ek gaan dit begin aanbied. As dit alles van die grond af is, sal ek kyk of ek nie inelkgeval bedank nie.

Die karre is nog 'n teer puntjie. Die een (myne) is nou uiteindelik reg, nadat dit net nog 'n keer gou iets moes breek gisteraand. Maar die ander een staan nog op blokke... Miskien Sondag...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #188381 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more

En daar reen dit weer lekker vroeg vanoggend!

Aaai, as die weer so is in die oggend dan is net NIKS lus om uit die bed te klim nie! :(

Het gisteraand gou by my vriendin omgegaan om na haar nuwe klein dogtertjie te kyk, Anke, ag mense maar sy is pragtig! Dis net vir my amazing hoe ek lankal al vergeet het dat Riley ook so klein was???? Haai weet jy, ek voel ek het baie al vergeet :huh:

Die kind het vreeslik baie hare, sjoe, ou Riley het nou nog minder hare as die pasgebore dingetjie :woohoo:

Ek is niks lus vir werk vandag nie.

Hasie, het jy al nou enigsins duidelikheid oor of jy nou geretrench gaan raak of nie? Dit sou my mal gemaak het om so onseker te moet wees oor die dinge, ek sal aandring hulle moet my se en klaarkry!!

Hoe gaanit nou met die karre probleme?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #188365 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle! Welkom Stella en Bollie! Ek weet nie hoe ek gaan tred hou met al die nuwe name nie, maar ons sal dit seker gewoond raak.

Grenaat, ek bid vir jou sus jong. Waar in Pta gaan sy heen vir die scan? Baie sterkte!

Stella, jammer dat klein X so siek is. Dis aaklig. Hoop hy word gou gesond.

Bollie, geluk met die permanente aanstelling, dit bring darem so bietjie standvastigheid.

Ons base is besig met ernstige vergaderings, ek hoop hulle is besig om plannetjies te maak om die skool te red en nie om te besluit wie om te retrench nie.

Lekker daggie almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account