file Oktober mammies 2010

14 years 9 months ago #216175 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Kwaaitjie, ek het myself nou pap gelag vir wat vir manlief troos. Mens se kop werk nie altyd so lekker saam nie ne!

Bollie, die Nataniel show klink nice, ek moet bietjie vlg jaar plan maak dat ons meer sulke goed kan doen.

DF, shoe, jou arme skoonsus, klink my hulle het groot opdraande met hulle kinders. Dis darem baie erg. Soos julle se, dit maak my net meer dankbaar vir wat ek het.

Stefan het vanoggend saam met ouma gery om vir twee weeshuis kindertjies Kersfees persente en klere te gaan koop. Ek hoop hy geniet die uitstappie. Claudia slaap, so ek het bietjie die huis vir myself. Dis sooooo heerlik. Sal seker nie meer te lank hou nie, so ek moet maar doen wat ek kan terwyl ek kan.

Lekker daggie verder vir almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216149 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hee-hee....lag ek nou lekker kwaatjie- ek bespring Eddy gereeld inie nag.Dink ek gryp na Kayla,maar sy le en doe-doe rustig in haar kot...lol

Bolllie bly julle het Nataniel geniet.

Ek se ook-ons moet waardeur wat ons het.

Ek het gewonder oor n adventure boot camp franchise-meskien moet ek uit vind!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216097 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Shame DF, dis baie rof :( Dit moet baie moeilik wees, dit wys maar net weer hoe dankbaar mens moet wees dat ons kinders almal gesond is :dry:

Well done met die Personal Trainer cert!!!!!!! Ek sal nie mind om eendag een te wees nie, maar ek dink ek sal soos half my bodyweight eers verloor en dan kan ek dalk ooit oorweeg :laugh:

Kwaaitjie, LOL!! Shame, dit gebeur maar met die beste van ons! :laugh:

Nataniel was great, het ons pap gelag, hy was 'n treat!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216057 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
:P Goeie more! Lekker dol dag wat op my wag, so ek se net vinnig hallo.

Bollie ek is ook nie pro veranderings of selfs verrassings nie. Dis vir my ook 'n groot aanpassing! Hoop Nathaniel was GROOOOOOOT pret! :woohoo:

Sjoe Dragonfly, al wat ek kan se is sterkte en ek sal vir hulle bid! En weereens tel ek al my seeninge!

Baie geluk met die personal trainer sertfikaat! Nog 'n reuse tree na jou droom! :woohoo:

Lekker vir myself gelag vanmore! Manlief se Mare het so bietjie gekerm laasnag, toe se ek so ewe vir hom (manlief) in my slaap sjuuu-sjuuu en ek pat hom so op die skouer. Julle die min slaap en lang werks-ure is duidelik besig om sy tol te eis! :laugh: :huh: :silly:

Geniet die dag! Ek sal weer later probeer inloer! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216021 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Shoe, ek sal nie weet waar om te begin om te vertel wat is als fout.
Jannie is amper 3, het lelike epilepsie aanvalle, autism en nou in hosp met brochonenonia. Monique is die selfde ouderdom as Claudia....haar koppie het in die laaste 9maande ng niks gegroei- scans wys als is ok maar sy ontwikkel net stadig- sy sit nog nie eens behoorlik nie-gaan nou deur physio....en,en,en - sug!

Verder, gaan dit goed hier, baie besig by die werk......

Ek het nou n personal trainer certificate- hoopvol sal ek my Yoga instructer een in die volgende 2 maande he, dan wil ek begin kyk na waar en wat en hoe om verder te werk te gaan en n stap nader aan my droom te wees!

Aai hasie - sterkte daar- ek hou oki van veranderinge en aanpasings nie! Sien dit maar as n nuwe avontuur- yay!

Bollie - geniet Nataniel...klink lekker-kom vertel asb!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #216004 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Shame Hasie, sterkte vir julle met die uitpak, die aanpassing en alles!! :dry:

Ek hou nie van verandering nie, so ek sou glad nie so lekker gedeal het met die hele ding nie!

Het vir jou die fototjies gestuur!!

Kwaaitjie, ek wil altyd na Nathaniel se shows gaan kyk, dan is dit altyd uitverkoop, so ek is baie opgewonde om dit te gaan kyk!!

Lekker aandjie vir julle en gesels more weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #215975 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Ek is jammer ek is so afwesig hier. Ek pak nog uit en dit gaan stadig... en die kids wil my heeltyd sien maar wil obviously nie heeltyd in die huis wees nie. Ek kry net nie tyd om te sit en die rekenaar aan te sit nie. En nes ek dink ek gaan gou 'n gap he, stap my skoonma in en gesels of vra vir wasgoed ens.

Baie dankie vir Saterdag se kuiertjie, dit was vreeslik lekker. Net jammer ons was so laat, dis aaklig vir my, ek haat dit om laat te wees, maar partykeer kan mens net niks daaraan doen nie. En dinge was maar net dol gewees. Hoop julle vergewe my.

DF, Hoop jou skoonsus se kids is vinnig gesond. Wat makeer hulle?

Ek mis julle vreeslik, maar weet nie hoe ek alles gaan inpas nie. Ek het nou mos geen bediende nie en arme skoonma kyk nog na my skoonsus se kids in die middae ook so ek wil haar nie misbruik nie. Dit sal seker 'n rukkie vat om in 'n roetine te kom en te leer om by alles uit te kom.

Hoop julle het 'n heerlike dag!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account