More julle!
Ai Grenaat, dis niks lekker nie. Ek bid dat alles ok sal wees met die babatjie. Ek het baie erg mangel ontsteking gehad toe ek vir Stefan verwag het, en alles was ok gewees. Hulle het vir my antibiotika gegee wat veilig is vir baba. Ek kon vir omtrent 5 dae niks eet nie omdat my mangels swere op gehad het en niks daar kon verby kom sonder om die swere te bars nie. Die dokters het gese ek kan op energade en waterige sop lewe vir 2 weke voor dit die baba sal affekteer.
Carmen, imagine waardeur ek vanoggend is, ek moes in die Vitara ry terwyl Johan my sleep om die simpel kar by Suzuki te kry. In die reen... Ek was so uitgestres die heeltyd, ek sal nie verbaas wees as ek 'n maagsweer kry nie...
Nou staan ons kar by Suzuki en hopelik hoef hulle net die immobilizer te recode. Maar natuurlik het die ou klaar begin scheme om te se die hele control boks sal dalk vervang moet word en as dit die geval is moet hulle maar die kar daar hou tot payday want ons het defnitief nie genoeg geld daarvoor nie.
Johan het die dag afgevat om die karre uit te sort, en natuurlik reen dit nou so nou kan hy nie aan die Renault werk nie want ons het nie 'n garage nie, net 'n afdak maar alles onder die afdak is papnat. Arme man is klaar siek so ek het gese hy kan nie nou nog op die nat vloer in die wind gaan le onder 'n kar nie.
Kwaaitjie ek kan net dink hoe koud dit daar by julle moet wees vandag! Dis bibber koud hier en nat! Die klein-Jukskei loop deur ons plot en het alweer heeltemal gevloed, ons grond paaie wat nou net mooi reggemaak is is nou sommer weer dongas en gate. En hulle voorspel NOG reen.
Het julle gisteraand op die weer gesien, hulle voorspel SNEEU vir WINDHOEK!!!