file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #187934 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek lees op fb dis vrek koud in kimberley. hier was dit so lekker oggend maar dit het ook maar koud geword. darem nog geen wolke of reen nie.

sterkte met vannag hoop jul kan warm bly!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187900 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok dames, dis donker, nat en baie baie koud hier by ons!!! Die wind waai of dit betaal word en dis donderweer reg om ons!

Petro hoe lyk dit daar in Kimberley? Seker ook bitterlik koud!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187792 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie dit moes 'n belewenis wees om al vier kinder saam met oumas en oupas bymekaar te he vir 'n foto-sessie! Definitief BAIE spesiaal! Ek wil so graag ook fotos laat neem (sommer deur my sus, dis haar "werk") maar my man hou net van 'n kamera as hy die knoppie mag druk! Uurghh! Hy maak my so vies as hy so is! Ek het nog geen mooi foto van hom en Mare nie, behalwe wat my sus met sy geboorte geneem het.

Gepraat van fotos, wil een van julle nie asseblief 'n groep foto van ons kuier vir my e-mail nie? Die dame het my kamera se knoppie na "video" gestel voordat sy geneem het en dis te kort om 'n enkel foto daaruit te haal.

Mare drink nou so 2(miskien 3) x 150ml melk deur die dag en dan 100ml met slaaptyd. Hy eet reeds drie etes en 2 snacks in 'n dag. Tussen 05:00 en 06:00 pap, 9uur vrugte, 12uur groente vir middagete, 3uur joghurt, dan so 06:30 roer-eier met 'n visvinger vir aand-ete. Dus kry hy so 400ml tot 550ml melk per dag. Pead het vir my gese op 12 mnde moet hulle slegs 250ml melk per dag drink, maar ek is bang ons skaal te vinnig af. Die klein klits drink darem bitjie rooibostee deur die dag, maar dis regtig min.

Mensig Claudia is haastig! Mare is nog glad nie lus om sy bottel vas te hou nie! Ek wil maar die Nuk handles koop dat hy daarmee leer drink. Sal dan later die "non-spil spout" ook kry vir hom vir 'n bekertjie.

Waar is Carmen vandag? Ek hoop regtig sy voel l beter! Klink my die sinus het haar omtrent beet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187780 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie kalbassie is op die map! Nou het ons 'n heel nuwe groepie!

Gerne, ons familie het 'n shoot gedoen so 'n rukkie terug. Ek kan nie onthou of ek julle van die disaster shoot vertel het nie. Dit was vir my ma se verjaarsdag, ons was ouma, oupa, 4 kinders (3 met hul mans) en al die kleinkinders (7) almal saam in een studio. Maar ek het nog nie die finale fotos gekry nie, ons wag nog vir my een sussie wat haar gesinnetjie se fotos wou oorneem om dit te laat doen. So die fototjies is baie klein (soos in 50 kb) want dis die proofs wat die fotograaf vir ons ge-email het. Ons moes toe kies wat ons wou he en dan gaan hulle dit vir ons op 'n CD sit en 'n fotoboek maak vir my ma. So ek kan nie die pics op fb sit nie, die kwaliteit is te swak. Maar moomie hou mos van klein fototjies.

Ek is nie seker hoeveel melk die kiddies moet drink nie. Toe Claudia op NAN was het sy maklik 200ml per bottel gedrink, maar met bokmelk drink sy net 150 en hou dan langer deur die nag ook nog. So bokmelk het seker meer voedingswaarde as formule. Sy drink nou so 4 of 5 x 150 ml in 24 uur. Een daarvan is in die middernagtelike ure. Dan drink sy ook nog bietjie rooibos tee in die middag en ek gooi 'n lepeltjie bokmelk poeier daarin ook.

Dan eet sy op die oomblik 3 etes per dag en ek begin oorweeg om vir haar 'n snack te gee in die middag ook.

Ek wens net sy wil meer slaap deur die dag, hierdie kind van my het GEEN roetine nie. Of ek lieg, sy het 'n nag roetine, sy slaap soet tot 12 uur, dan word sy wakker en gaan tekere tot so 1 of 2 uur, dan slaap sy weer.

Sy begin nou haar eie bottel vashou, dis so cute!

Carmen, jy het annderdag gese Riley het alleen gestaan, GELUK!!! Sy is darem baie voor op die wa ne! Claudia staan teen alles op en kan met haar magie teen die koffie tafel leun terwyl sy met iets op die tafel speel, so sy staan loshande maar nie op haar eie nie. Sy het gister so bietjie vorentoe en agtertoe gewieg teen die tafel en was dan met tye vir 'n split sekonde alleen op haar voete, maar ek dink nie sy is al stewig genoeg om alleen te staan nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187763 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina, wanneer het jy weer 'n shoot gedoen? deel bietjie fotos of is dit op fb?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187759 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo Hasie! Die keer het dit regtig gewerk!

Sjoe, so dis eintlik glad nie ekonomies nie! Terloops, hoeveel melk behoort Mare nog daagliks in te kry? Ek is bang hy kry te min, hy verkies kos bo mekl.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #187756 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dalk is dit lankal tyd vir 'n verandering! :silly: Wens dit was lliewer 'n vakansie! :huh:

Ek wonder waar is almal vandag? Petro en Melody en dan is daar die res wat blykbaar die land verlaat het . . . .

Hallo Elise! Jy kan kom saam gesels. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account