Goeie more! Yay dis Vrydag!
En dit is 'n heerlike dag!
Bollie pragtige profile pic! Wens ons kan saam gaan konsert kyk het! Die ou kleintjies is darem so oulik! En moet nou nie overspend nie, ne!
Dragonfly ja in die tissue salts kry jy allergy combin. Dis vir allergie en jy kan dit vir haar gee om te suig. Ek dink daar is een of ander druppels ook, maar het nou geen idee wat die naam is nie. Onthou tissue salts is 100% veilig. Jy kan elke uur vir haar een gee. As sy erg allergie het, een elke 15 minute vir 'n uur en dan een elke halfuur. Ek het sommer met jou gesukkel oor die lag storie.

Eintlik met myself gespot.
Ek het al so gebid Mare moet by die huis begin loop en nie by die dagsorg nie.

Seker selfsugtig, maar ek wil darem ietsie eerste sien!

Dis asof hy sommer net blom as hy iets regkry en ons klap hande en so. Ek wil hom net opvreet!
Nou toe geniet die dag! Moenie te hard werk nie!
En kom se tog hallo julle ander klompie!