Hi daar!
Skuus ek het twee dol dae! Gaan nog goed.
Mare vandag inentings gehad (12 maande nou eers gekry

). Weeg 10,85kg en is 82,5cm lank! Ma se grootseun! Siestog dit was erg seer. Is julle kleingoed ook in die arms gespuit? Mensig hy het nog nooit so gehuil nie!
Bollie ek dink Hasie trek mos vandag! Sterkte Hasie!
Voetjies bly jy kom lekker saam kuier!
Dragonfly Kayla voel beslis beter, so ons sien julle Saterdag!
Ons het gister 'n wilde windstorm en reen gehad. Hele paar bome ontwortel en middeldeur gebreek in die wind. Darem nog niks gehoor van huis skade nie. Ag maar dis so lekker as dit so reen! Ons kry amper elke oggend bietjie son en dan reen in die middae! Heerlik!
Bollie die wasgoed is omtrent 'n geveg in die reen.

Het julle nie binne plek vir ophang nie? Dank kan jy die vorige aand al was en dit behoort droog te word tot sy moet stryk. Dalk moet jy so kampeer wasgoed-draadrjie aanskaf vir die reendae.
Hoop dit gaan goed met al die mammas en babas!
Lekker dag!