Okay, onderhoud het goed afgeloop, ek is op die kortlys! Nou is dit bid en wag en sien! Alles lyk goed, hulle het net nie pensioen nie. Ek sal dus 'n alternatiewe plan moet maak daarvoor. Werk Maandae tot Vrydae 8 tot 5 met 1 uur ete. En . . . . . alle skoolvakansies af! Dis 'n boekhouer pos tot proefbalans, dus glad nie sleg nie!
Anina sterkte dan vir jou 2de onderhoud! En peper hulle maar met vrae tot jy alles weet! Vra vir verwysings van mense wat dit ook doen. Bly die kids het goed geslaap! Ek kan vir Stefsan sien wat op sussie wil "perdjie"!
Yay vir die nuwe tand Petro! Nou sal ou Xander ook beter voel! Hoop julle slaap vanaand sommer heerlik! En lekker naweek!
Gerne, jou arme vriendin!

Siestog sy was seker angstig vir 'n ou tandjie en daar wil dan niks gebeur nie!

Ruben sin sal nog kom, intussen eet hy lekker biltong met sy gums!

Dis seker lekker om 'n slag iets anders as hoedjies te brei! Geniet dit!
Carmen duime vas vir julle! Hoop Riley slaap vanaand ook beter. Sy kyk nie dalk na iets op tv wat haar "night terrors" kan veroorsaak nie. Ek dink ons sal skrik as ons regtig moet gaan kyk hoeveel bangmaakgoed en geweld daar in kinderstories is! Of is daar dalk 'n terroris maatjie by die kleuterskool? Of dalk kruip daar 'n tandjie weg Mamma!
Dames ek soek hulp asseblief! Mare se hardlywigheid word vir my al erger! Ek is bietjie bekommerd en wil nie aanhou gliserien setpille gee nie. Ek is bang dit maak sy derm lui! Wat anders kan ek gee wat natuurlik is? Ek het vanoggend Iberogast druppels gegee. Dis 'n natuurlike middel wat die derm se werking stimuleer. Dis NIE 'n lakseer-middel nie en is veilig vanaf geboorte. Al wat my pla is dit begin eers so na drie dae werk. Intussen kom daar klippe uit my kind se maag! Ek gooi bietjie bruinsuiker in sy tee ook, maar dit lyk nie of dit iets maak nie! Sal julle raad waardeer!
Lekker naweek almal!