More julle!
Handjievol bly jy gaan dit maak! Sal nie lekker gewees het sonder jou nie!
Dragonfly baie bly Kayla voel beter! As sy so besis is, beteken dit sy word gesond!
Hasie sterkte vir die pak en die ou siek seuntjie! Ek glo hulle moet dit erg verwarrend vind as alles so ingepak word. Hoop en bid vir hope geduld en energie vir jou! Sterkte! Bly daar is 'n ou engeltjie ook!

Hoop jou tand hou tot volgende jaar!
Bollie hoop die besige juffroutjie het darem vir mamma bietjie ontspan kans ook gegee!

Ek weet nie van die nido en nan 3 nie. Het Mare direk oor op beesmelk en hy is piekfyn daarmee. Gee jy proteiene vir aandete? Dit het Mare heeltemal van 'n nagbottel af. Al op 6 maande. Dis bietjie meer vullend as groente alleen. Ek hoop jy kry die probleem opgelos. Yay vir die kleuterskool wat vroeer klaarmaak!
Ek sien net so uit na ons kuier!
Ons het deurnag reen gehad! Was so lekker! Mare was vanoggend 02:30 wakker en toe slaap ek nie weer nie, want hou aan roep. So ek is lekker flou boude vandag!
Hoop almal het 'n heerlike dag!