file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #214894 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more, op hierdie nat Maandag oggend.

Dit reen so lekker hier by ons, ek wil sommer heeldag in die bed bly. Maar ek het heeltemal te veel om te pak daarvoor.

My tande voel beter, dis nog maar moeilik om te eet, maar dit word beter. My huidige mediese fonds betaal nie vir tande trek onder narkose nie, maar die plan waarop ons vlg jaar gaan doen wel. So die tandarts het voorgestel dat ons dit los tot vlg jaar aangesien daar geen tekens van inflamasie is nie. Ek sal maar net aanhou met tissue soute om te keer dat daar inflamassie in kom en dan hoop vir die beste.

Stefan is siek, die arme ding het erg sinus. Ek kry hom so jammer. En dan is hy nog baie deurmekaar oor die trek ook, arme ding weet nie regtig hoe om alles te hanteer nie. Hy is baie kwaai en gooi woeste tantrums. Ek hanteer hom maar met baie geduld en empatie en hoop dit sal beter word as ons eers ingesettle is by my skoonouers. Gelukkig is Claudia 'n engeltjie.

Hoop dit gaan goed met almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214864 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Eeek- moomie monster het my post nu al 2 keur gesteel so ek sal als maar net in kort weer skryf.

Kwaatjie ek lag nooit vir julle raad- waardeur dit in teendeel.

Bollie- ek oorweeg ook die leiband- waar kan n mens dit koop.

Hasie - EINA-EINA Vloekwoord- vloekwoord!

Kayla is baie beter en ek glo sy sal net beter word vorentoe!

Sy is woelik en besig- en ai-jai jaai vir die tantrums!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214863 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Eeek- moomie monster het my post nu al 2 keur gesteel so ek sal als maar net in kort weer skryf.

Kwaatjie ek lag nooit vir julle raad- waardeur dit in teendeel.

Bollie- ek oorweeg ook die leiband- waar kan n mens dit koop.

Hasie - EINA-EINA Vloekwoord- vloekwoord!

Kayla is baie beter en ek glo sy sal net beter word vorentoe!

Sy is woelik en besig- en ai-jai jaai vir die tantrums!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214814 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie, ag nee man dis nou sleg :S Laat trek maar daai tand, maar ek stem vir die narkose! :cry:
Sterkte.

Bollie lekker rustige naweek vir jou, as sussa jou gaan kans gee. :whistle:

Kwaatjie, lekker speel saammet boeta in die reenwater. :woohoo:

En die res, lekker naweek vir julle ook almal.

Ek was amper nie by volgende Saterdag nie, maar het my goed reg gereel gekry, so eks daar. :)

O ja, Grenaat - hallo! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214799 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
AUCH!!! Hasie ek wil nie eers probeer dink hoe seer dit is nie!!! En nou bloei dit ook nog so die kans is amper 100% vir ontsteking of 'n abses! Sluk daai myprodols! Probeer 'n warmwatersak teen jou wang, dit help ook vir die pyn! Bly jy kon vasbyt met die sigarette! Dis 'n klein oorwinning om op trots te wees! :woohoo:

Bollie is reg, jy moenie te lank vat om die tand te laat trek nie, netnou maak dit erger moeilikheid. Baie sterkte en 'n drukkie vir die pyn!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214796 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Eina eina eina!! :ohmy: :ohmy: :cry:

Shame man, dis sommer goor!! Julle sal moet die stuk maar laat trek binnekort, want dit kan nie goed wees dat dit nou nog langer daar bly nie!

Drink sommer baie baie myprodols!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214782 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo,

Ja, dit is baie stil op moomie deesdae.

Ek is getraumatiseer!!! Ek het so 'n week terug my verstand tand gebreek, maar dit was glad nie seer nie, tog is daar nie veel van hom oor nie, die hele binneste deel is uit, daar is net so 'n randjie oor. So dis vrek irriterend. Toe raak die tand onder hom seer, ek vermoed omdat hy dalk bietjie ontwrig is agv die byt wat nou verskil.

So toe maak ek maar 'n afspraak by die tandarts, en in die mean time suig ek tissue soute vir die pyn. En van gister af si die pyn toe weg. Maar die afspraak is vandag.

So is ek toe vanoggend tandarts toe... En ek is nie mal oor tandartse op die beste van tye nie. Never mind as jy verwag hulle gaan jou tand trek nie...

Dit lyk my die tissue soute het die inflammasie in die onderste tand uitgesort, maar die tandarts se toe ons sal maar die gebreekte verstand tand moet trek. En toe spuit sy my in. Na ons 'n rukkie oor ditjies en datjies gesels het, check sy en dis nog nie dood nie. So sy spuit weer. En chat weer. En check weer, die keer probeer sy sommer die tand trek, maar dis VREK SEER!!! En ek gee sulke ligte gilletjies van pyn.

So toe spuit sy nog. En na 'n rukkie probeer sy weer. Selfde effek!!!!! So toe spuit sy nog. En probeer na nog 'n rukkie 'n laaste keer. Die keer byt ek amper ha vinger af want dis glad nie dood nie.

Nou ja, nou het ek 'n skewe gebreekte verstandtand, met bloeiende tandvleis. En vrek baie pyn. En ons het toe besluit sy moet maar een of ander tyd onder narkose die f*kken tand trek. Nie dat ek weet wanneer ek ooit weer sal kans sien daarvoor om my gesig in 'n tandarts se speekkamer te wys nie. Eks nou finaal afgesit en vrek bang vir die spesie.

Ek het baie amper vir my 'n pakkie sigarette gekoop oppad huis toe. Maar het toe maar gesettle vir 'n pakkie kry myself jammer caramello beertjies. Wat ek toe by die huis met die kids gedeel het.

Nou gaan ek myprodol drink en in die bed klim. Niks pak vandag nie, ek is vrek seer!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account