file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #174970 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
carmen jy kan eers na 18 maande ontwurm.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174946 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, sover ek weet kan mens nie voor 1 jaar ontwurm nie en verkieslik nader aan 2 jaar. Vra jou apteker of daar iets is vir sulke kleintjies. Onthou om die hele familie (honde, katte, kids, ouers, bediende ens) op een slag te ontwurm. Ontwurmings meds maak mens nie immuun teen wurms nie, dit maak net die wat in jou sisteem is dood. So as jy jouself ontwurm en die honde eers 'n week later kan jy alweer wurms gekry het in die tussentyd.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174925 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Bly dit gaan goed met almal!

Lekker gelag vir Mare wat die bakkie so skop!

Shame vir die brandballetjies Gerne :-(

Riley het nog nie brandboude gehad nie, dankie tog!

'n vrou by die werk het ook gese ons moet vir Riley ontwurm, veral as hulle so nou saam met honde bly! Van watter ouderdom kan mens begin ontwurm?

Ek dink ek en my man kan ook verseker doen met 'n ontwurming onsself, dis tyd, het dit jare laas gedoen. En ons is heeltyd saam met honde.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174867 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeiemore.

ons het gisteraand by die spur gaan eet en dit was soveel pret. sal bietjie meer in die aande iets doen as om net by die huis te sit

Helene, ja Ruben is op Mother Nature doeke met pep waterproofs. hulle werk vir my baie goed.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174839 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hi gerne, happy happy! welkom by 30! gebruik jy ruben se lapdoeke?

christa, daai skop van die kosbak, kom so vinnig en heel onverwags!! dit mag dalk die eerste keer wees, maar defnitief nie die laaste nie. haha.

Carmen, jy moet dankbaar wees dat jou kind so maklik na mense toe gaan. en dis n goeie teken as sy sterre in haar oe het vir die dagmoeder! jy moet dankbaar wees. natuurlik weet sy jy is haar mamma.

my ouers trek die week piketberg toe. hulle gaan nou net 2 ure van ons af bly en nie meer 6ure nie. sien baie uit daarna om hulle so naby te he. dan kan ons baie meer gaan kuier.

julle moet lekker week he. ons ry woens om te gaan help uitpak (of omkrap)..... :laugh:

o ja. ek weet ook nie wat is coral fleece nie.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174838 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Het net gou kom inloer om julle vraag te beantwoord. Ek het op my selfoon gesien, maar was nie lus om op die selfoon te reply nie, vat hopeloos te lank.

Coral Fleece is sagter en dikker as Polar fleece en ook meer duursaam. Polar fleece is geneig om wolletjies te maak, waar coral fleece nie wolletjies maak.
Die winkels is deesdae vol van coral fleece, komberse, nagklere, babygrows.
Ek sal 'n foto neem van die slaappakkie waarmee ek besig is sodra hy klaar is, dat julle kan sien hoe dit lyk.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174830 by Sarah
Replied by Sarah on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello everyone. Sorry I don't post anymore. I'm not online very much anymore. I work 7 - 5:30 every day. Hope everyone is doing well. HUGS

sarahashwell.weebly.com

Professional Nanny, Qualified Teacher, Post Natal Doula and Mommy (Oct 2010)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account