Ja man, ek het vanoggend nie veel meer nuus gehad nie. Nou het ek darem.
My man het my kom verras by die werk met perel oorbelle en 'n goue horlosie! (ek is mos 'n horlosie freak

) En ek kan nog vir my 'n ring ook gaan kry. whohooo. hy het henko en ruben se hand en voet afdrukke op papier gemaak en 'n boodskappie geskryf asof van hulle af. te sweet.
dankie vir al die mooi wense.
ja dit was altyd vir my ook so lekker as ek vir henko gaan haal het by die skool, ek kon nie wag om daar uit te kom nie en as mens in die klas in stap dan smile hulle net. te lekker. maar as ek nou by die huis kom dan hol henko ook na my toe, en gryp dan my handsak want 'kyk eks sterk'! LOL en ruben smile net so breed as ek hom groet.
jis mens mis hulle darem deur die dag ne!
henko het al skoon vergeet van sy eina. hy het gister weer met 'n bloeiende lip daar ingekom, hy is rof.
Ruben se knatertjies het gebrand, sy poef mos bietjie te lank op die 'hanges' gewees het toe is hulle vrydag bloed rooi
sy weet wie haar ma is Carmen!!!

Dis goed dat sy nie mens sku is nie.
ek het al gehoor van babas wat so gil as mamma hul aflaai en dit behoort nie lekker te wees nie. ek sal sommer heeldag ontstelt wees.
christa, jy moet weer bietjie fotos van mare opsit!