file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #174700 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Christa, jy praat van hulle wat so geheg raak aan die mense wat na hulle omsien in die dag....

Ek het net vanoggend weer besef ek is nie eerste in die foodchain as dit by Riley kom nie...

As ek haar in die oggende aflaai by die skool, kan sy nie minder gespin wees oor ek haar aflaai nie, inteendeel as ek haar neersit dan pyl sy reguit vir Alina (dis nou doe ou swart dame wat in die babaklas werk) en dan sit ek kyk sy vir haar met sterre in haar oe :ohmy:

As ek Riley gaan optel dan is sy net so min gespin oor wie haar optel! Dink julle sy weet actually ek is haar ma? :laugh: :huh:

My kind kan jy letterlik in enige persoon se arms sit en sy sal happy wees om saam hulle enige plek te gaan, dis hoe chill sy is oor dit. Maar ek wil ook 'n doggie het wat my wil he.... ;)

Ag ek verbeel my seker net! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174688 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

Helene baie dankie vir die eetplan! Dis oulik en maak dit sommer makliker vir ons nuwe mammas! Bly julle het so heerlike naweek gehad! Die tyd van die jaar is dit mos baie lekker in die kaap! Geniet dit!

Ek is ook nie seker oor die verskil tussen die joghurts nie. :blush: Wat gee google jou? As ek reg het is een van die drie baie meer ryk as die ander en een het meer lewende kulture in. (Dink die Bulgaarse een). Maar die kanse is goed dat ek verkeerd is. :silly:

Carmen bly julle troue was so lekker! Ek kan ook nie meer onthou presies hoe klein Mare was nie! As ek na die kleertjies kyk kan ek nie glo hy het dit gedra nie! ;) Jy moet vir ons 'n foto van Jayden kom wys. Ons het net een karsoel en skuif dit maar van voertuig na voertuig soos nodig. Ry gelukkig meestal met die bakkie, as ek skielik gou met my kar moet ry, gryp ek sommer gou die snug 'n safe. Dink egter nie hy gaan meer baie lank daarin pas nie!

Gerne nou wat se "short en sweet" is dit met jou vandag? Baie geluk met jou verjaardag! Dis mos die groot 30 die jaar! Hoop Tim en die kids bederf jou lekker! En Ruben gee mamma 'n ou goeie nagrussie vanaand! Geniet dit! Henko word nou 'n grootseun! Hoe voel die "geskeerde" been? Hopelik al gesond!

Melody baie geluk met die inseen gister! Jy moet kom fotos wys! So bly julle ou dogtertjie voel soveel beter!

Okay Elaine, ek doen ook naaldwerk, maar het geen idee hoe lyk coral fleece nie, dus sal jy moet kom wys! Die pakkies lyk oulik! Ek sal ook graag die ouderdomme wil weet asseblief!

Ai Anina, dis darem sleg om so sonder 'n rekenaar te wees! Mens raak so bederf met die goed! Ag siestog, Stefan moes vreeslik seer gehad het! En mens se tong bloei mos asof dit nooit weer gaan ophou nie! Lyk my jou kinders is bedoel om NOU waterpokkies te kry! Ek glo ook die borsvoed sal beslis help dat Claudia dit nie te erg kry nie! Bly die troue was so lekker!

Sarah, Sky is beautiful! I just love the noodles for dinner! So sweet! You're the only one who remembered photo friday this week! :woohoo:



Met ons gaan dit goed! Mare laat ons vreeslik lag! Hy is nou so gewoond aan die dag-ouma, dat die eie oumas vir hom vreemd is! Hulle mag hom vashou en speel, maar daai koppie draai kort-kort om te kyk waar is mamma en pappa. Ja, ja ek weet, maar ek dink nog steeds hulle is nou soooo oulik!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174660 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Daarsy Gerne, baie kripties!! En HAPPY BDAY!!!!!!!! :woohoo: :silly:

LOL, Riley al oorgeslaap op 3 weke! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174577 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi almal

klink vir my julle almal was lekker bedrywig die naweek.

Melody, sit asb fotos op van die doop! en baie geluk hoor.

henko het saterdag by ouma geslaap - vir die eerste keer uitgeslaap. en R is blerrie moeilik in die nag. en dis dit LOL

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174531 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Aaai, ek kan nie glo dis alweer Maandag nie, die naweke gaan te vinnig verby :(

Die troue was baie lekker gewees. En gister was ons bietjie vir Sondagmiddag ete by my swaer hulle en toe is ons hospitaal toe om te gaan kyk vir klein Jayden. Dis my man se beste vriend se babatjie wat gister gebore is.

Ag julle, hy is soooo klein, ek het al vergeet dat Riley so klein was???

Dit voel vir my asof ek al so baie vergeet het van toe hulle pasgebore was....kan nie glo daai lyfie was so klein nie??

Melody, ek gee ook elke oggend vir R Creche Guard, maar sy like dit niks!! Sy gag sommer so, maar dit gaan darem in, maar ek dink dit proe nou weer heerlik!! Dis so cherry flavour...hoekom hou hulle nie van die smaak nie, dis soet?? Weird...

Het gister vir R so lekker sagte kussing by Baby City gekoop, ek sal sommer daarop le en slaap! En dan het ons 'n tweede karstoeltjie gekoop, dan het elke kar een in en ons hoef nie te ruil nie. So ons gaan hierdie week die Snug & Safe maar wegpak.

Ok, genoeg van my, lekker daggie en loer later weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174475 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello julle

Die inseening vandag was mooi...ek het dit baie geniet. Kayla was stroop soet. Sys steeds bietjie hoeserig maar lyk darm asof dit nou beter is.

Anina, sterkte met die rekenaar dilema, dis nie lekker nie. Dis seker die bonus wat ek het om met IT manager getroud te wees...lol ek vang tantrum en hy fix...

Elaine, ek weet dis seker vir meeste van julle n dom vraag,maar wat is die verskil tussen polar en colar fleece? Stuur maar foto van die ander een dat ons kan sien, en dan hoe werk die bestellings en grotes?

Helene, nee wat ek weet nie die verskil nie, meskien kan jy dit google. Ek het juis gewonder hoekom daar iewen iets is soos fat free en low fat plain yogurt, is plain yogurt nie net plain yogurt nie?

Ekyt vir Kayla vannaand sommer n klomp gemengte groentes gemaak met bietjie hoender ingemaal, en toe geblend,maar aai julle sy hou niks daarvan-hierdie vet kind van my wil nie eet nie-lol altud n gebaklei!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174454 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle. dis n oomblik van stilte in my huis. almal slaap op die sondag middag. ons het n heerlik naweek gehad. ons was toe nooit by vrydag aand se braai nie, lance was siek en stefan het te veel gehuil, toe bly ons maar. vandag was n heerlike somersdag, ons was sommer n bietjie see toe.

ek het n eetplan vir gerne aangestuur wat sy asb vir julle ander ook moet stuur, ek dink syt meeste van julle adresse. ek het dit by n vriendin gekry wat dit by n dieetkundige gekry het. hoop dit help of gee darem net so bietjie idees.

ek het n vraag, dalk weet iemand. wat is die verskil tussen Belgian, Greek en Plain Yoghurt?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account