file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #214775 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo oukies!

Dankie tog vir Vrydag! Die week was heeltemal te lank en te woes! :ohmy:

Bollie hoop jy geniet die training! Ek smag ook na relax! Wil sommer net sit en NIKS doen nie!

Waar is almal vandag? Die hele moomie is maar stil. Dis omtrent net die mammas wat nou geboorte skenk wat gesels.

Mare het gister aand toe ons tuis kom in 'n hengse plas reenwater gaan speel! Hy het dit so geniet! Was natuurlik deurdrenk en yskoud, toe sit ek hom in 'n lekker warm bad. Hy is baie lief vir water speel!

Lekker dag en lekker naweek as ek nie weer hier uitkom nie! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214720 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more julle!!

Dankie tog dis amper naweek, ek wil net relax! Oftewel relax soveel as wat die klein mensies jou toelaat!

Het nounou vir 2 ure training, so ek moet eers deur dit kom!

Lekker daggie en loer later weer in! :evil:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214672 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Hasie baie geluk met Claudia se loop! Sy wou net seker maak genoeg mense neem dadelik kennis daarvan! Jy gaan die induksie stofie geniet! Dit werk lekker vinnig en regtig goedkoop. Tussen die solar geiser en die induksiestoof het ons krag van R350 per maand na R120 per maand geval! Dit maak dit deur en deur die moeite werd! ONs gebruik die stofie vir die ketel ook. Elektriese ketel is baie diep weggepak. Baie trots op julle wat probeer ophou rook en ek hou al my vingers en tone vas dat julle deurdruk! Niggie is baie welkom!

Bollie wow vir die jaar en 9 maande se ophou! Dis wonderlik! Lekker stap! Hoop jy het gesmul aan daardie wafel!

Grenaat daai skool lyk baie oulik! Ek glo Henko sal dit geniet. Die interaksie met maatjies is dalk net wat hy nodig het om te ontdooi! Hoop dit gaan goed by die tandarts! Jippieeeee vir die gewig! Trots op jou! Doe so voort! Lekker vakansie in George!

HV hoop dit gaan goed! Moet nou nie te veel rondhardloop nie!

Dragonfly ek hoop Kayla word vinnig gesond! Ons wil julle asseblief ook daar he! Pas haar op mamma! O ek sien. Ek hou my slim met meds en jy sit en lag in jou mou. ;) Nou hoe beland 'n aptekers-assistent by freight forwarding? Was die geld en omstandighede beter?

Hoop almal het 'n lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214661 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
:rock:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214635 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Bollie.

Onthou as jy sommer so kan ophou rook, kan jy sommer so gewiggies afskud ook!!! Dis all in the mind! Visualiseer die dunner JY, en werk vir daai posetiewe uitkoms.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214624 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

MOOI SO HASIE!!!!!!!!!!!!!!!! :evil:

Baie trots dat julle ophou rook het! Ek hoop regtig julle kan daarby hou! Maar ek weet dis baie tough! Veral as mens social en ietsie drink :(

Ek en manlief het nou officially 1 jaar en 9 maande opgehou rook! Ek het mos die dag toe ek uitvind ek is swanger(16 Feb 2010) my laaste pakkie Gauloises neergesit en nog nie weer teruggekyk nie. Maar ek weet dis 'n battle en ek hou duim vas julle kan dit deurhak! :woohoo:

Mooi so vir Claudia wat sommer so oulik is en loop! Sien sy het net gewag dat daar 'n audience is voor sy haar beste werk lewer! ;)

Ek gaan maar weer gou vanmiddag bietjie gym voor ek Riley gaan optel, al is dit net 'n halfuur, ek moet net deurdruk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214617 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Ek het vroeer gepost, maar net EDGE gehad op my data card, toe kom die post nie deur nie... Is nou weer terug op HSUPA so hopelik werk dit die keer.

Grenaat, hallllloooooo! Hoop jy is sommer gou gou weer permanent terug by ons! Klink darem of dit goed gaan met julle. Baie geluk met die gewiggies. Lyk na 'n oulike kleuterskool. Ek wik en weeg nog of ek vir Stefan in 'n skooltjie of speelgroepie moet sit en of ek hom by die huis moet homeschool.

HV, halllloooooo vir jou ook, ons sien jou maar min hier.

Claudia het toe gisteraand by ons Bybelstudie afsluiting besluit dis nou tyd om te begin loop. Sy kruip nog steeds baie tussen in, maar sy loop sommer lang ente, en doen dit soos 'n pro, geen handjies in die lug ens nie, sy stap sommer met die hande in die sye. Asof sy al maande lank stap. Ek vreet ha sommer op!

En ek het nog 'n klein brag. Ek en Johan het laas Woensdag opgehou rook. Ons het Saterdag by 'n braai elkeen 'n paar sigarette gerook, maar nog nie weer nie. So, so far so good... hou duime vas ons kry dit reg die keer.

Dit lyk of my niggie dalk daai dag saam met ons sal kan kom kuier. As sy kom sal ek vir Joshua 'n persentjie koop.

Bollie, ek hoop julle krag is nou uitgesort.

DF, shame vir Kayla man, die arme dingetjie. Ek hoop sy voel gou gou beter. Maar eks seker sy sal teen vlg Saterdag beter wees, dis darem nog meer as 'n week weg.

Kwaaitjie, ek het toe vir my 'n induksie stofie gaan koop. Ek het die goedkoper een gevat en net 1 plaat vir eers. As dit goed werk sal ons dalk later as ons trek nog een of twee kry.

Lekker daggie almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account