Hi almal !!! oe dit voel so lekker om weer te "chat"al is dit nou net vir 'n paar minute.
Ons het dissiplinere verhore aan vandag, daar was 40 prokureurs op die rol vir 9uur en 50 vir 11uur, raai wie daag op, 2 ouens. omw. en die arme 2 wat wel opgedaag het kry toe sommer elkeen 'n R15d boete, eina! so die wat nie gekom het nie kry ek maar baie jammer. die goed vee behoorlik hulle behinds aan ons af hoor.
So nou sit ek bietjie en relax
Dit lyk vir my ons net gaan baie binnkeort aan wees, whoopwhoop, kan nie wag om weer 'deel'van moomie te wees nie!
Sien baie uit na ons kuier. !!!
Ag dit gaan sommer baie goed met die kids. Ruben loop die oulikste kort klein treetjies, hy het nou begin sy kniee mooi buig so hy is baie naby hy moet nog net die balans ding reg kry. hy staan nog glad nie op sy eie nie so loop is nog 'n entjie ver, al loop wat hy nou doen is die een wat mamma se rug af breek
Henko gaan mos 4 Jan skool toe, ons is sooooo excited, julle kan na die skool loer as jul wil
www.bennieboekwurmpta.co.za dis 'n baie oulike skool! Ek hoop net my arme kind gaan okay wees, hy is so terug getrokke.
Die 2de desember vat ek vir henko en ruben vir 'n tande checkup. ruben skree vreeslik as ek sy tandjies borsel so ek wonder of hy nie dalk sensitief is nie en dat die dokter sommer kyk hoekom is sy tandjie 'nie mooi'nie. Dan kry hy sy 12mnde imunisasie en hulle kom was ons huis se matte en sitkamerstel. so na die inentings vat ek die kids spur toe LOL hoop maar R gaan okay wees.
Ek het my laasweek geweeg, ek het 4 kg verloor in 2 maande, net stysel uitgesny en kleiner porsies geeet. ek is so happy hoor. terug in my bikini (okay ek dink nie REGTIG ek is reg nie maar DH het gese dis 'n bikini en klaar ;0) )
Ons sien ook baie uit na die vakansie in George. gaan baie lekker wees.
okay so dis my storie. Ek hoop dit gaan baie goed met julle almal en die kleingoed!!!