file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #214455 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie vir die info Kwaaitjie! Ek gaan beslis Hirschs probeer.

Bollie, ek hoop julle krag kom gou aan jong. Dis niks lekker nie. Ek het op 'n slag op 'n plot gebly waar ons vir 2 weke nie krag gehad het nie agv gesteelde kabels. Dit was 'n nagmerrie! Ons het op in die kaggel water gekook vir tee... En elke aand 7 uur gaan slaap as dit donker word. Hoop nie julle moet nog 'n dag sonder krag sit nie!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214450 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Bollie! Sterkte vir die krag! Gelukkig het julle darem plek om te gaan bad en vleis en goed te bere!

Sjoe Hasie julle is nie bang nie, ne! Dis net mooi 'n week! Jy sal jou stert moet roer om alles klaar te kry!

Ek het op van die vervaardigers se websites 2-plaat induksie stowe gesien, maar dis nog baie onbekend in SA. Ons is deur LG aanbeveel om na Hirsch te gaan en het uitstekende diens daar gekry! Hulle hou die snappy chef, nog 'n ander enkel stofie en dan verskeie 4-plaat stowe aan. Daar is 'n winkel in Fourways. Ek is seker hulle gaan jou die beste kan help. Ek sal voorstel dat julle dan na twee Snappy Chefs of twee van die ander enkel stofies (so R200 goedkoper) kyk. Die 4plaat een is los ('n hob) en moet op 'n kas ingesit word. Sover my kennis strek kry jy nie 'n induksie stoof wat alleenstaande met 'n oond is nie.

As ek reg verstaan is die solar dome oond sommer alle oonde in een. Mikrogolf, konveksie en gewone oond. En dit bespaar ook krag.

So die keuses is galore! Julle sal moet gaan kyk en dan besluit wat vir julle sal werk. Ek sal met die huidige gas tekorte 'n gasstoof afraai, maar dis julle keuse. Maar Hirsch is beslis jou beste keuse vir 'n koop. Dalk kan hulle jou nog help met 'n 2-plaat induksie hob. www.hirschs.co.za/

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214426 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, en vertel my ook meer van die induksie stoof, ek weet ons het al daaroor gepraat, maar nou dat ek geen stoof of oond gaan he nie, en graag sulke goed wil aanskaf, stel ek baie belang.

My skoonpa wil vir ons 'n 2plaat stofie koop, maar ek dink as ons eerder 'n induksie stofie kry kan ons mos baie elektrisiteit spaar. En as ons dit self koop, kan ons dit later saamvat na ons vlg huis toe. So dis nou eintlik die ideale geleentheid.

Ek het nou gekyk na die snappy cooking website. Jy het nou obviously baie research gedoen, enlighten my... wat is die beste een en ek dink ek onthou iets van een met 2 plate?? Omdat ons geen ander stoof het nie, sal ek graag die 2 plaat een wil he.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214420 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ons trek nou volgende Woensdag!!! Flip, ek het nog nie een boks gepak nie, in fact, Johan bring eers vanmiddag vir my bokse van die werk af.

Ek het darem al 3 vertrekke se junk uitgegooi, dit was 'n mission! Dis nou die woonkamer, kombuis en eetkamer. Dis die ergste plekke in die huis, behalwe die studeer kamer, dis erger... Ek sal hom moet tackle as Johan hier is, want ek sien nie kans daarvoor nie.

Gelukkig het ons dan baie tyd na die tyd om die huis mooi skoon te kom maak. So Woensdag is net UIT en nie ontruim nie, al die junk kan nog hier bly, dan kan ons dit die Vrydag kom wegmaak.

Ek check nou juis oonde en stuffies uit, die woonstelletjie waarin ons intrek het nie een in nie, so ons wil kyk of ons so iets kan koop. Vertel my meer van die solardome, is dit 'n microgolfoond?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214416 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ugh, ons krag is nogsteeds af, en ek dink nie dit gaan binnekort aangaan nie! Moerse krag kabel of switch probleem!

Nou moet ek begin worry oor die goed in die vrieskas!

Sal maar by my mahulle bad vanaand, en kan dalk plekkie probeer kry in die vrieskas by hulle :angry:

Die laaste ding wat ek nou wil he is 'n vreiskas vol vleis wat ontdooi!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214387 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie die solardome oond is fantasties! En dis ook 'n krag bespaarder! My ma wil so graag een he, dis hoe ek daarvan weet. ;-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214377 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

hehe, Hasie, ja nee dis mos maar altyd wat almal dink, maar dank vader is ek nie swanger nie ;) :P

Ek sal dalk maar vir manlief vra of hy wil kom, miskein sal hy!

O is dit wat 'n induksie stoof is!

My ma het nou die dag vir haar die solardome oond gekry, genade daai ding is mos 'n mikrogolf, oond, alles in een en dit vat soos minute om kos gaar te maak.

ag ek hoop die krag gaan vandag erens aan, ek is nie lus vir die stront nie.

Jip, ek dink iets is fout met die alarm se battery, sal dit moet laat uitcheck.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account