file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #214372 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Bollie bly jy voel beter! Dalk is jy maar net soos almal van ons moeg na 'n lang wilde jaar! Kry maar die Vit B spuit, dit sal jou tog laat beter voel. Ag dis aaklig as mens so met krag sukkel! Hoop nie julle het enige skade as gevolg daarvan nie! Sal glo die alarm wat so skree sal julle gek maak! Dis natuurlik om te waarsku dat die krag af is. Julle moet by die alarm mense hoor of julle dit nie kan afskakel op een of ander manier nie. Dalk moet die battery vervang word. Dis tog veronderstel om minstens 12 ure te hou na die krag afgegaan het. :huh:

Dragonfly hoe ken jy die meds so goed? I

nduksie stoof is dieselfde as die snappy chef waarvan ons laas gepraat het. Dit wek 'n magneetveld op wat jou kastrol of pan verhit en dan so die kos gaar maak. Dit het nie 'n element in wat warm word nie. Dis iets soos 64% goedkoper op krag en ook heelwat vinniger. Ons probeer maar op allerlei maniere bespaar en groener leef. ;)

Hasie die swempakkies klink te oulik! Kom wys asseblief fotos! Moet juis ook na so iets kyk. :laugh:

EK glo ons gaan lekker kuier by Jingle Jangle. Terloops Grenaat bring dalk ook vir manlief saam, as hy nie werk nie.

Lekker dag dames!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214364 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, bly jy voel bietjie beter. Natuurlik is ek lus om stuitig te wees en te vra of jy nie dalk swanger is nie... maar dis net 'n grappie, mens kan mos nie getroud en siek wees nie, dan vra almal vir jou of daar 'n broodjie in die oondjie is!

Ek hoop julle krag kom vinnig aan!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214345 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Ek voel darem beter, ek voel nog bietjie pappperig, maar my maag het my darem nie aangeval nie! Ek wonder of ek nie maar net dalk moeg is nie of dalk is dit weer tyd vir 'n Vit B inspuitingtjie!

Die ou vieslike goete by Papachino's! :ohmy:

Ek ken Jingle Jangle, my niggie hou altyd haar seuntjie se partytjies daar, dis 100% reg met my!!

Ag ek is sooooooo omgekrap! :angry:

Ons krag het gisteraand 18:30 afgegaan en dis nogsteeds nie aan nie. Ons het toe nou maar take aways gekry gisteraand, no problem. MAAR ons alarm is daar mos iets mee foit, sodra die battery pap is dan begin die ding so skril skree geluid maak en die ding skree nou nog. So toe moes manlief maar op die bank slaap en ek in Riley se kamer, want die alarm boksie sit in ons kamer, so jy sal mal word as jy daar probeer slaap!

Verder is my bediende daar vandag en sy kan nie was of stryk sonder krag nie, ek is sommer baie baie geirriteerd :pinch:

Blykbaar kabel probleem of iets, hulle weet nie hoe lank dit sal vat nie..... :angry:

Anyway positive thoughts en julle moet almal 'n lekker daggie he!

BTW, ek het ook GEEN idee wat 'n induksie stoof is nie..... :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214341 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Ok, dan maak ons dit Jingle Jangle vir 1 uur volgende Saterdag middag. Die wat wil middagete eet doen dit, en die wat net wil koek doen dit so...

Julle, ek het gister inkopies gedoen by Pick 'n Pay, toe sien ek die cuteste swempakkies vir die kids! Het vir Claudia 'n groene gekoop met pienk rosies op en vir Stefan 'n Springbok een. Julle moes pappa se gesig gesien het toe ek hom die Springbok pakkie wys, pure trots! Ek sal more by die swemles bietjie fotos neem en dan vir julle kom wys.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214325 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
HELLO,

Jingle Jangle is Cool bananas met my.....

Dankie vir al die komplemente....laat my sommer skaam kry.

Ek sal jou daai page gaan like Hasie en sterkte - weet sommer n vrou met jou determaniteit sal n sukses maak daarvan.

Kwaatjie ek stem - Dankie tog vir Tjalatyd.... die generic is Hyospasmol....Buscopan co is n S5 - sp beslis n voorskrif nodig. (LOL - praat nou bietjie my taal)
n induksie stoof is weer glad nie my taal nie - say what? lol - wats dit?

Bollie moenie die Inteflora vergeet nie - hoop jy voel vinnig beter.

Lekker aand................hoop almal doeks lekker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214320 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie tog dis TJAILATYD!

Lekker aand julle!

Bollie hoop jy voel more sommer weer 100%!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214308 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het vir Jingle Jangle gebel en 'n bespreking gemaak, maar ons kan dit kanselleer as julle nie van die plekkie hou nie. Dit lyk tog vir my baie nice. Laat weet maar.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account