Hi julle
Hoe lekker lyk die cupcakes! Dis pragtig Hasie! Lyk of Claudia haar partytjie gate uit geniet het! Sy is 'n baie mooi dogtertjie! Lol vir die linte wat hulle so uit die hare trek!
Baie geluk dat jy nou amptelik deel is van beautifullyborne! Ek weet sommer jy gaan 'n reuse sukses daarvan maak en dit vreeslik geniet! Vat dit volhuis! Hoop die sertifikaat is vinnig daar dat jy die hypnobirthing ook kan adverteer!
Hasie eerder jy wat trek as ek! Ek haat trek soos pes! Enigste voordeel is dat mens elke keer van al jou clutter en opgaarsels ontslae raak!

Sterkte!
Bollie ek voel ook GLAD NIE lus vir werk vandag nie! Het sommer net geen energie nie. Nie goed geslaap nie, Mare is nie so lekker nie en huil elke keer dat sy dummy missing is!

Dan le dit reg langs sy kop op die bed.
Dragonfly jy het pragtig gelyk! Jy is 'n pragtige vrou! Hoop jy het die komplimente geniet! Arme Eddy! Bly Kayla is darem beter! Jammer vir die min slaap!
Oee jippiiiieeeeeeee! EK kry die naweek my induksie stoof en Mare sy fiets-stoeltjie! Nou gaan ons so lekker fiets ry! Ek kan nie wag nie! Moet net 'n valhelm ook vir hom koop! Hallo fiets, bye-bye groot sterre!!!
Ag ek kan nie wag vir ons kuiertjie nie! Hasie dit sal gaaf wees as jy sal bespreek asseblief!
Lekker dag julle!