file Oktober mammies 2010

14 years 10 months ago #214115 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hmm die moomie monster is alweer doenig. My post opgevreet! :angry:

More julle!

Hasie baie geluk met Claudia se verjaardag Saterdag! Hoop julle het lekker partytjie gehou gister! :woohoo:

Lekker gelag vir Stefan wat jy so "inspan"! Kan net die geskokte gesigte indink! Who cares in elk geval wat ander dink! ;)

Ek wil ook 'n afrika kersfees doen, weet net nie mooi wat nie. Het hierdie idee van 'n doringboom in my kop, met engeltjies en sterre en dan die hele geboorte prentjie. Geen "sneeu" meer nie! Ons vier kersfees met 'n heerlike middag ete. Soms koue kos, soms kookkos. Hang af waarvoor ons lus is. En natuurlik die trifle! Gaan drink dan later koffie by my sus-hulle. Vroegoggend is dit kerk toe en verder hang ons maar by die huis rond. Lekker rustig en ontspanne. En ons eet ook NIE kalkoen nie! (Eintlik haat ek kalkoen! Dis super droog!) :dry:

Dragonfly bly Kayla voel beter en julle het die kersparty geniet! Kom wys asseblief vir my ook die fotos! :silly:

Bollie bly Tori Amos was lekker gewees! Ek geniet ook altyd mense se skok reaksies oor sulke goed! Hoop Riley se einas voel beter vandag! Toemaar een van die dae sort sy hulle uit! :rock:

Handjievol hoop julle het die partytjie Vrydag geniet en lekker gekuier! :lol:

Hoop almal het 'n lekker dag! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214099 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Dragonfly, sjoe jy het soo mooi gelyk op jou foto met julle eindjaarfunksie. Jy lyk regtig pragtig!!

Bly Kayla is beter!

Hehe, ek gaan ook 'n leiband aanskaf, ek voel regtig 'n veer vir wat mense se, ek weet ten minste waar Riley is ten alle tye. Ek gaan dit eintlik geniet om mense se reaksies te sien :silly:

Tori Amos show was absoluut amazing, dit was 'n belewenis, en sooo die geld werd!

Oor Kersfees:

Ons het die usual boom altyd gedecorate, maar ons eet gewoonlik 'n verskeidenheid vleise, soos gammon en hoender, maar nooit kalkoen nie.

My oorlede skoonouers het weer altyd groot gebraai op Kersfees en my stiefma hulle se familie, hulle is Engels, het weer altyd koue kosse op Kersfees.

Ek en my man val maar altyd in somewhere, ons hou nooit Kersfees op ons eie nie, maar dalk sal ons hierdie jaar, sal maar sien!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214064 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi, skies Voetjies ek wou nog noem dat Kayla skaars enige woorde se- sy verstaan als maar se just about niks.......Mia klink voorwaar soos n sterretjie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214053 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Lol- voetjies, bly jy gaan dit maak! Hoe lank is Mia....klink soos n klein model!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214051 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello,

Nou terug van die werk se kersfees party- nie te lank gebly nie maar dit was leKker.

Bonganie van 94.7 het gesing en dit was regtig nice.

Bollie geniet Tori Amos
Ek het ook niks teen die lui band- ek het n vriendin wat daar teen is,maar kan nie glo dat so besluit kan determine of jy n goeie ouer is of nie. Ek weet eerde presies waar my kind is.

Kwaatjie jy sien darm maar kans vir baie- ek wens ek het jou krag gehad.

Hasie ek het my nou simpel gelag vri Stefan wat aan die trollie vas gemaak word en dit trek-klink soos n tiepiese seuntjie!

Kayla is darm al bietjie beter, koors is meer onder beheur-het net n hoes ontwikkel-aai

Lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214044 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, ons het nooit as kids 'n "Kersboom" gehad nie, ons het altyd een van my ma se huisplante versier, gewoonlik 'n palmboompie. Ek dink dis baie meer SA geooreenteerd. Dan het ons ook ons eie versierings gemaak wat partykeer eetbaar was en partykeer nie. Sjokelade versierings werk nie so goed in SA nie, dis net te warm.

Ons tradisionele Kersete is prawns! Ons familie eet dit gewoonlik almal saam op ou kersaand. En dan op Kersdag was ons gewoonlik by een van my oumas gewees waar ons wel die hele kalkoen, tong, varkboud ens ding gedoen het. Met trifle poeding :woohoo:

Wat daarvan om engele, skapies en ander stal diere aan die boom te hang ipv al die blink goed? Dan bring jy die hele tema terug na die natuur en na die geboorte van Jesus.

Dit klink nou vir my baie lekker, ek dink ek gaan dit aanpak die jaar! SA Kersfees - hier kom ons!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #214025 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie ek het lekker gelag vir die "Dear mother-in-law ....." aangaande die advies! Dink ek soek ook 'n "my mom doesn't want your advise". :whistle:

Julle ek dink nou weer allerhande dinge. ONs vier elke jaar 'n "Europese" kersfees. Die hele land doen! Al ons kersversierings en goed is sneeu en winter ge-orienteerd. Het enige een van julle al 'n eg Suid-Afrikaanse kersfees probeer versier? Ek wil graag weet wat julle gebruik het? Of wat sal julle gebruik?

Lekker naweek! Pas julle op! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account