file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #155676 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Jammer ek was so stil. Probeer maar die meeste uit die laaste maand te maak.

Dit gaan goed hier, R raak nou so oulik, hy gesels land en sand en skree partymaal op ons as ons nie aandag gee nie. Ag ek wil hom net opvreet. Hy is nou in n baie goeie roetine, 7 / half 8 pappies vir ontbyt, dan so by 9uur n bottel en doedoes. Dan so half 12 pampoen en dan slaap hy weer. As hy wakker word gee ek vir hom bottel, hy slaap deesdae sy langste slapie in die middag. Dan 6uur weer pap en eers tien uur bottel. Dan weer 3uur. So hy kry 4bottels en dan sy kossies. Ek sal volg week met aartappel begin en daarna wortel.

Ek het eintlik nog so baie wat ek wil doen voor ek gaan werk. Mens het darem min tyd as mens so heeldag werk ne.

Hoop dit gaan goed met almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #155628 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Melody, dit is erg verwarrend om van al die kante af verskillende raad te kry. Dis hoekom ek gese het, ek kan maar net se wat vir my gewerk het... Jy is die mamma, en as iets vir jou sin maak, doen dit dan so. En stick with it, op die ou end eet hulle almal kos.

Ek het dit oorweeg om butternut te koop toe ek nou nou in die winkel was, maar ek dink ek gaan nog 'n rukkie net die bietjie pappies doen. Sy is afterall nog baie klein.

Hierdie Stefan van my word by die dag ouliker! Hy het gister sommer 3 nuwe woorde begin se! Hy se "nat" as hy gepieps het en "fiets" vir sy motorfiets en "minne" vir myne. En hy raak so opgewonde as ons kos maak, dan hardloop hy in die kombuis rond en skree: hapi hapi hapi! Baie cute!!

Ek het gisteraand so gelag, ons het 'n muis in die huis, of eerder 'n reuse rot. Die pes klim deur die kaggel in en ons sien hom soms in die aande as ons sit en TV kyk. Vir die laaste 2 maande probeer Johan die ding met sy windbuks skiet, maar die outjie is heeltemal te vinnig vir hom. Toe het hy hom gisteraand gejaag en hom in die kombuis ingejaag. Toe sit ons altwee op die counter in die kombuis en probeer vir muis skiet. Ek met die besem om hom van die kaste af te hou, en Johan mik en skiet, mik en skiet... Na omtrent 'n halfuur se sports, en die hond (wat useless was) gaan haal om te help, het hy hom gekwes en toe met die volgende skoot dood geskiet. So ons het nou nie meer 'n muis in die huis nie. Behalwe as hy maaitjies gehad het... :unsure:

Ek het nogal regtig my ou hondjie wat deur die slang doodgepik is gemis, want hy kon vinnig met enige rot klaarspeel. Maar Jenna is useless, sy het net so aan die ding geruik toe hy gekwes was en niks eers probeer doen nie. Ek dink ons sal maar weer 'n pinchertjie kry een of ander tyd. Hulle was in die oorspronklik geteel om rotte te vang, so hulle KEN...

Ons gaan vannaand by Johan se neef kuier, hulle het Donderdag 'n seuntjie gekry en klink my dit gaan bietjie rof daar. So ons vat nou maar vir hulle bietjie kossies. Ek maak my famous alles-in-een-pot chicken alla anina. Ek wil bietjie garlic insit, is dit op die taboe lys vir borsvoed? Ek het myself mos nie aan sulke goed gesteur nie, maar ek wil nie die oorsaak van iemand anders se slapelose nag wees nie.

Lekker dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #155518 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
shoe Anina jy sien kans vir baie, ek is so onhandig as dit kom by sulke dinge. Sit eerder net n potlood in my hand.....

Carmen, dis regtig stegte nuus, maar op die einde van die dag moet ons seker maar reality face, ek gaan terug oor 3 weke, ek wil sommer huil.

Was vanoggend by my clinic,Kayla weeg 7.6kgs.....en hulle het weer vir my ander raad geggee oor hoe om baba se eerste kossies voor testel- shoe, sekerlik moet hul besef hul maak n mens net meer en meer deer mekaar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #155343 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag shame Elaine, dit klink nie lekker nie. Wat doen jy vir die hoesie? Ek is clueless met siek kinders want Stefan word amper nooit siek nie. Hy het nog nooit gehoes vir iets anders as effense verstik nie.

Carmen, dis nou nie lekker nuus nie. Nou moet jy die laaste 2 weke geniet hoor! Ek sien glad nie uit na werk nie, maar realiteit moet seker een of ander tyd inskop...

Melody, dis hoe ek dit ook gedoen het met die kossies, lyk my darem my moeder instikte was spot on.

Elaine, dankie vir die earthbabies info. Ek wil vir Stefan pull ups koop, maar ek sien hulle is nie op special nie. EK weet dis nou baie erg van my, maar hoe maak hulle daai pull ups? Dit lyk vir my na 'n gewone onderbroek patroon met padding in. Die winkels is nou weer vol fleese lap, so ek wil sommer kyk of ek self kan maak.

Waar is almal?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #155335 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Dankie vir die info Melody!

Kayla is so oulik man!!!

Ekke gaan nou vandag butternut kook en dan vries in die ysbakkies!

Jip, dis official ek gaan 'n week vroeer begin werk :-( Ek begin Dins die 22ste en Riley gaan dan Maandag die 21ste kleuterskool toe :-(

Ag dit moes seker maar een of ander tyd gekom het, so ekke sal dit moet maar accept! Die rede hoekom ek vroeer teruggaan is dat daar besluit is ek gaan aflos vir iemand as operations manager terwyl sy vir 4 maande op kraamverlof gaan. En handover moet gebeur....eish, ek dink nie ek weet eers meer hoe om te werk nie :laugh:

So net 2 weke oor van vandag af, so ek beter elke oomblik van my laaste 2 weke Maternity Leave geniet :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #155307 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
agge nee, shoe, ek hoop sy word sommer gou gou beter. Dis noggal n vrees van my,maar n mens kan dit nie altyd vermei nie. My ma is siek op die oomblik so ek was glad nie laas week daar nie, sal seker maar vandag n draatjie daar moet weeg nadat ek by die clinic was.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #155292 by Elaine
Replied by Elaine on topic Re: Oktober mammies 2010
Nadia is siek. Sy het begin met 'n toe neusie, nou hoes sy ook. Sy het vanoggend so gehoes dat sy 3 keer opgegooi het. Haar stemmetjie is ook skoon hees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account