file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #154687 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie vir die advies, ek hou van die ys bakkie idee en dink ook purity is goed om gebruik te word as take away....dit doen gee n mens n goeie idee though van watter tiepe groentes en vrugte gebruik kan word.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154642 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Camen, ek sou nie met purity begin het nie. Mens mors so baie kos as jy begin dat dit nie die moeitewerd is om purity te koop nie. Ek het vir Stefan die kossies gemaak en dit dan gevries. Maak byvoorbeeld 2 skorsies, maak dit fyn en vries dit in ys bakkies. Dan kan jy met elke ete 1 ysbakkie ontdooi. Dit werk uitstekend want jy kan later net nog een uithaal as jou baba nog honger is.

As jy purity wil gebruik, onthou om nie uit die purity botteltjie uit te voer nie. Skep so twee skeppies uit in 'n ander bakkie en gee dit vir haar. Gooi weg wat jy nie gebruik nie en bere die purity botteltjie mooi geseel in die yskas. Maar die purity kan net so 2 dae hou nadat jy dit oopgemaak het.

As jy uit die botteltjie uit voer, moet jy alles wat oor is weggooi na 1 ete! Omdat haar spoegies ensieme bevat wat die stysels in die kos begin verteer. So as jy die lepel in haar mond gehad het en dan in die kos druk kom die ensieme in die botteltjie. Dan begin dit die kos verteer en raak dit binne minute vrot. Jy sal sien terwyl jy haar voer word die kossies in jou bakkie al hoe loperiger soos wat jy die lepel weer en weer in druk. Dis omdat die ensieme reeds begin werk het...

Ek het met Stefan by die huis vir hom gekookte kossies gegee en as ons iewer heen gaan het hy "take aways" gekry (dis nou purity...) Dis gerieflik om in jou doeksak te hou want as dit onoopgemaak is kan dit nie sleg word nie, so jy het altyd ready made kossies as jy dalk onverwags iewers is en dis etenstyd.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154629 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

My vriende wat in Cairns is, is veilig. Dis sikloon was tot 'n uur voor "landfall" direk oppad na hulle toe, en toe mis die ergste deel hulle op een of ander manier. Hulle is heeltemal ok, en volgens die nuusberigte is daar geen sterftes gewees nie, net een geboorte by een van die emergency shelters waar mense geskuil het. Dis so awesome, dit bevestig net weer vir my dat die Here die weer en die wind beheer, en al lyk dinge soms baie erg kan Hy jou omstandighede verander. Dankie vir almal wat saam gebid het!

Oor die vaste kossies, ek kan maar net vir julle se wat ek gedoen het en wat vir my en my sussies se kiddies gewerk het.

Ek het vir S op pap begin, maar Christa daar is geen probleem daarmee om 'n kiddie op groente te begin nie.
As jy met pap begin Carmen, skep net so 1 droee telepel pap, meng dit met die melkies wat sy nou drink, dan is dit omtrent so 2 teelepels kos. Maak dit maar slapperig aan sodat dit makliker afgaan.
As jy met groente begin kan jy dit ook bietjie verdun met sy melkies, dit maak ook dat hy die smaak beter ervaar aan die begin omdat die melk vir hom bekend is. Ek meng dit bv met so bietjie borsmelk.
Gee eers "geel" groente bv pampoen. Skorsies werk baie goed en butternut ook. Begin met een ding en hou vir 'n week net daarmee aan voor jy iets anders probeer, so kan jy seker maak dat hy nie allergiese reaksies toon nie.
Vrugte moet maar aan die begin gekook word om dit makliker sag te maak, behalwe piesang.

Aan die begin is een ete van so 2 teelepels kossies een keer per dag genoeg. Dan kan jy na so 2 weke nog 'n ete bysit en die porsies groter begin maak.

Daar is natuurlik nog 'n ander manier van vaste kos gee, die "Baby led weaning" program. Dit behels dat jy niks puree gee nie, net gewone kos soos wat dit in jou bord is as jy vir jou kos maak. Daar is iewers op die Baby afdeling a thread daaroor, Maryke die thread begin nadat sy haar baba so begin kos gee het. Sy vind dit uiters suksesvol. Ek is nogal lus om dit te try, maar ek wil nogsteeds met pappies begin en dan later oorslaan na BLW toe.

Oor wanneer om te begin, dit hang regtig van kind tot kind af en van jou omstandighede. My sussie se tweeling was vir elke denkbare formule melk allergies. Sy moes op die ou end melk invoer van Dublin af teen R1000 per blik. Dit is nou klein blikkies! Die tweetjies het deur 'n blik per dag gedraf, so julle kan imagine wat dit met haar finansies gedoen het. R30000 pm sit nie in jou sak nie...
Sy het toe vir hulle op 12 weke begin pap gee en die melk stelselmatig begin verminder. Teen 5 maande het hulle reeds 3 etes op 'n dag geeet en was hulle aan alle groente gewoond. Hulle het op 7 maande met vleis begin en teen 9 maande het hulle alles geeet waarop hulle hulle handjies kon kry.
Hulle is nou 2 jaar oud en het al die allergiee ontgroei, hulle is pragtige aktiewe gesonde en intelligente kinders.

Ek begin nou dink dat Claudia gereed raak vir pappies. Sy bly honger na voedings en begin korter slaap omdat sy vinniger weer honger is. Ek probeer nou maar eers om my melk gehalte te verbeter en meer te maak, maar as dit nie 'n effek het nie sal ek oor so 'n week of twee begin met ryspap.

Lekker dag almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154578 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek moet ook by die gym uitkom, die diet ding werk nie so mooi nie.....

Eks jammer jy moet meskien vroer terug werk toe gaan Carmen, dis nie lekker nie, eks altyd bang my werk bel en vra ek moet vroer begin, en hulle is geneig om sulke dinge te doen.

Ons gaan die naweek van die 18de bietjie Suid kus toe om vir familie en vriende te gaan kuier en dan die 25st trou my man se pa...so ek het darm goeie verskonings om nie terug te kan gaan nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154466 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Christa, wil ook so baie weet soos jy van die mammas met 2 kinders en meer! Ek wil ook weet hoeveel pappies, hoeveel keer 'n dag?

Dan as mens purity doen, hoeveel per dag en groente ook??

Ek het ook 4 maane kraamverlof gevat plus 'n maand verlof, maar dit lyk dalk asof ek nou bietjie vroeer gaan moet begin, want 'n ander dame gaan nou op kraamverlof en daar sal moet handover gebeur.... :angry: Maar ons sal maar sien! Dan moet hulle van my verlofdae maar teruggee!

Wil kyk of ek bietjie kan uitkom by die gym vanaand vir 'n slag!! :blink:

Ok, loer later weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154462 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more,

dis so n pragtige dag daar buite, ek is lus om bietjie die naweek Stonehaven toe te gaan en te sien of Kayla die out doors geniet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154256 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het ook n maand verlof saam met die kraam verlof.

Purity is n goeie maat lyn vir wat n mens vir hulle kan gee in die begin, onder andere, sweet patato, pampoen,carrots, gem squash, banana,perkes, appels,pere ens....puree is beter hulle magies verwerk als nog nie te goed nie.....meskien op 6 maande meer solied as puree...ek dink, ek gaan maar net op raad wat al vir my gegee is....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account