file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #154794 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle! Ek sien julle is nog steeds op die kossies. Eina vir die bysteek Carmen! En dit kan tog so lekker brand! Anina Claudia lyk te cute! Mal oor die pienk lapdoek boudjies! En die een met haar en Stefan is dierbaar! Ag julle Maré was so oulik vandag! Hy het sy dummy aan die lyntjie van die dummychain uit sy mond getrek. Toe probeer hy dit terugsit terwyl hy dit vashou. Hy het 2 maal reggekry, die dummy was net onderstebo. Ons wou hom opvreet! Ons ou bulletjie raak nou vinnig groot! Anina hoe lank vooraf kan mens die groente en vrugte begin kook en vries? Ek dink nou aan goed soos perskes wat binne seisoen is. En die butternut is ook nou lekker goedkoop. Ek gaan Maré eers op 6 maande begin kos gee, maar as ek nou al kan begin kossies bymekaar kry, sal dit gaaf wees. Julle moet lekker slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago - 15 years 8 months ago #154780 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Nog pics...






Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago - 15 years 8 months ago #154779 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dit klink vir my na 'n nice idee Carmen. Behalwe dat meeste boeke se mens moet net een soort kos op 'n slag voorstel en vir 'n week daarmee aanhou voor jy iets anders bysit.

As hulle op 3 maande begin gaan ek defnitief vannaand vir C pap gee. Sy is mos nou 12 weke!

Hier is 'n paar pics wat ek gister geneem het, voor sy te groot raak vir al die cute kleertjies...






Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154771 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Dankie vir al die advies!!

Gaan goed hier, ekke het vanoggend gaan loop en ek voel ietsie brand lekker op my arm, toe het 'n klein wetter by my gesteek! My vriendin het die angel uitgetrek en toe stap ek maar verder :laugh:

Leef darem nog ;)

Het gisteraand vir Riley 2 teelepels sweet potato gegee (die purity though) en vanoggend 2 teelepels pear, ook purity.

Anina, dankie dat jy se van die dat ek nie direk uit die botteltjie moet gee, ek sal dit verseker onthou!

Sal more dan bietjie butternut kook en dan in die ysbakkies pak.

Mens kook dit seker net so, sit geen sout of iets by nie, ne?

My niggie het weer so kos gege en dit maak vir my half sin:

Baba drink nogsteeds 3 of 4 bottels deur die dag en nag soos altyd.

Begin deur baba in die oggend 10ml (2 teelepels) vrugte te gee, soos pere of appel.

Gee in die middag ook 10 ml ryspappies of groente , verkieslik butternut of seeet potato

Dan in die aand dan weer 10 ml groente of ryspap depending dan wat jy vir haar gegee het die middag.

Elke week verhoog jy dit met 5ml, 'n teelepel, tot sy by 4 lepeltjies uitkom

Maak vir my sin?

Sy het geleer by die Tannie Anna wat blykbaar in Lynnwood was en hulle begin al op 3 maande 5ml kossies gee op 'n slag


Ok, lekker daggie julle xxxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154769 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Ek het net gister nog gese ek gaan dit nog so 2 weke gee voor ek vir Claudia begin pap gee. Maar as ek nog 'n nag soos laas nag moet he, gee ek van more af vir haar pap!! Ek weet sy is fisiologies gereed vir deurslaap want sy het 3 aande in 'n ry deurgeslaap laas week. Maar sy bly honger word deur die nag. So dit voel vir my asof ek haar ontneem van 'n goeie nagrus deur die vaste kos uit te stel.

Ek gaan maar net in die aande begin, en sou al vannaand begin het. Maar ons is genooi na 'n braai toe by my man se tannie en ek wil nie op 'n vreemde plek begin met 'n nuwe roetine nie. So daar le heelwaarskynlik nog 'n rowwe nag vir my voor! Ek het laas so min in een week geslaap toe sy newborn was en sy en Stefan om die beurt deur die nag wakker was!

Sy word letterlik elke uur wakker, ek gee nie elke uur vir haar melk nie, maar probeer dit bietjie rek met haar dummy. Maar dan is sy net 'n uur later weer wakker. En as ek haar dan eventually op die bors sit, drink sy so gulsig mens sal sweer sy het dae laas kos gehad. My melk is nou meer omdat sy so gereeld drink, so ek dink nie dis omdat sy nie genoeg inkry wat sy so honger word nie.

Sal maar sien of ek nie dalk vannaand by die tannie se huis besluit om vir haar pap te voer nie, ek sien regtig nie kans vir nog so 'n nag nie. Dis nou al van Dinsdag af wat sy so tekere gaan. Arme ding...

Hoop julle het 'n beter start gehad vir die naweek!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154768 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
wel, ek het kayla met carrots begin laas week en sal volgende week bannana introduce, sal dit stap vir stap vat.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154732 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Melody, dis waar, purity is goed vir idees.

Waar is Helene??? Sy is mos die guru as dit by baba kos kom.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account