file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #153888 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo Ralmarie! Ons het jou gemis hoor! Sterkte met die spuite, ek stem saam die ry is die geldjies werd.

Janine, ek weet nie hoe die res dit regkry nie, maar ek het eers van 1 Nov af verlof gevat so my 4 maande is einde Feb op.

Melody, nou is jy heeldag hier ne! Dis darem nie nou meer so stil hier soos vanoggend nie.

Ek het met Stefan van 10 weke af ryspap gegee omdat hy so honger was. Maar met Claudia gaan ek nog bietjie wag. Ek sal sien hoe dit gaan. Maar ek dink ook 6 maande is vrek lank. Teen 6 maande het Stefan al verskillende groentes gemeng geeet. Ek het solank 'n pak ryspap gekoop ingeval ek dalk een of ander tyd besluit om dit vir Claudia te voer, maar ek wonder ook of ek nie eerder lus is om met groente te begin nie.

Melody, as mens moet wag vir tande kry voor jy pap gee, sou ek met Stefan moes wag tot net voor hy 'n jaar oud was. Wat is hulle redenasie agter dit? Dit maak nie regtig vir my sin nie. Miskien kan Helene ons bietjie raadgee hieroor?

Julle, my beste vriendin se skoonfamilie is in Cairns, Australie. Ek hoop hulle is ok, die sikloon het hulle seker al teen die tyd getref.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153869 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi da

Ja nee Melody, jy maak omtrent op met die gesels vandag.

Julle, my ou lyfie is vandag 3 maande oud - word nou al 'n groot dogtertjie! :P

Ek ken daai jinx Anina, net as ek sê sy begin deurslaap is ek weer die volgende aand twee of drie keer op... Of as ek brag dat sy mooi self aan die slaap begin raak in die aand, weier sy vir die volgende paar aande om te slaap behalwe as sy gesus word. Dink hulle luister elke woord wat ons sê en is slimmer as wat ons dink... :laugh:

Dink die solids riglyne het al meer kere verander as enige iets anders, die nuutste is nou wel weer enige tyd van 4 maande af. Het nou die dag interessante artikel gelees wat sê enige tyd na 4 maande as hulle op "6 mnde" se ontwikkelingsvlak begin kom, so basies as baba mooi kop en nek beheer het, self begin sit en geboorte gewig verdubbel het. Dit maak eintlik s'n want elke baba ontwikkel immers nie teen dieselfde spoed nie.

Sterkte vir almal se besluite oor werk! Dink elke mamma wil graag self al die eerstes beleef. Is dit net ek en Elise wat al weer aan die werk is? Het julle dan 5 mnde kraamverlof? Dankbaar dat ek darem meeste admin van die huis af kan doen.

Lekker middag vir almal verder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153849 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
en kyk nou net, julle kla ek kuier nie genoeg saam julle nie en dan die een dag wat ek die tyd kry is niemand hier.....lol

Dis soos om te se jou baba slaap deur en dan skielik doen sy nie meer nie. Kayla slaap al vir oor n uur - ek weet nie wat om met myself aan tevang nie. Ekt at least begin met die studies,maar dit gaan darm n ruk vat om deur dit te kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153828 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ralmarie, ek kannie glo julle betaal vir die spuite nie, al wat ek hier betaal is die clinic fooi wat R120.00 is - meskien moet jy bietjie verder ry dan spaar jy nog meer geld...lol

Het enige van julle family fotos laat neem met julle babas, ek kyk om dit later die maand te kan doen.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153821 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi almal

Sjoe dit voel soos jare wat ek hier was. Hulle het bietjie my internet toring kom verstel nou lyk dit of die sein beter is.

Christa sterkte vir jou, sal bid vir jou. Dis 'n moeilike besluit om te maak, en ek weet jy weet, maar mens verruil dit vir niks.

Ek laat Andre Vrydag 3:30 spuit in Klerksdorp. Wou kom kuier, maar nou moet ek die een spuit optel in Potch en dan direk soontoe ry dat hulle altwee saam kan gee. Keyhealth betaal nie meer al die ente van hierdie jaar af nie, so ek spaar R500 deur soontoe te ry. Dan raak dit seker bietjie laat om te kom groet. (Al die kids ry saam.)

Elaine sterkte met die uitpak. Dalk le 'n trekkery vir my ook voor, ons weet nog nie. Moet nog baie bid en dan besluit.

Ag en hallo almal verder, ek het net gou die eerste paar posts gelees. Sal later bietjie opvang.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153796 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek was by n clinic bespreking oor hoe om solids te introduce aan babas n maand gelede en daar het hulle gese dar die research het weer verander en solids word nou op 17 weke geintroduce - dis 4 maande...selfs purity gaan nou weer hulle labels terug na 4 maande toe moet verander. Hulle het ook genoem dat pap nie gegee moet word tot wanneer hulle tande kry. maar ek gee al vir kayla pap vir n rukkie in haar bottel in die middag en gaan dit nie nou stop nie. ek het haar maandag op purity se carrots begin.

my ma gaan na Kayla kyk en dis definatief beter as creche maar as n mens dink aan alles wat jy gaan mis, wil ek sommer huil. Ek is mos haar ma en moet daar wees vir haar.

My man het gese as ek hom kan wys dat ons dit kan maak op net sy salaris kan ek maar bedank, maar as ek logies daaraan dink is dit sekerlik nie moontlik nie....ag dis so moeilik......meskien moet ons almal maar koeverte plak....

Ek is besig om n kurses te doen om n yoga instrukteur te word, maar kry min tyd, bv.....ek is besig met Kayla nog die hele oggend, om eerlik te wees sy moan soos ek hier tik, beter gaan.....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153780 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa en dink en bid vir jou. Ek hoop jy kry iets. Kan j nie halfdag werk waar jy nou is nie? Of dalk vroeer begin en vroeer loop? Oor fb, op jou profile kan j jou settings stel dat j emails na n ander adres toe gaan. Ek het myne so gedoen.

Melody, hulle se mos eintlik vaste kos van 6mnde af maar ek weet baie mense begin al op 4. Die dr se as baba jou dophou terwyl jy eet dan is hul reg. Ek het vir R op 2mnde al begin ryspap gee en is hy nou op cerelac se maize pap. Dis baie lig en kry hy maar n eetlepel in die aand en oggend. Ek gaan einde van die mnd groente begin voorstel sodat hy dit ken as ek werk dat regina nie sukkel nie.

Anina, dink aan jou en j man. Hoop alles werk uit.

Ja kyk, skool is n wonderlike ding maar as hul so klein is dan wil hul net speel en dit doen hul die lekkerste by die huis, buite. Ag julle moet nie worry nie, die skool gaan mooi na die kids kyk.

Henko is Henko James, altwee oupas aan my man se kant is James. Ruben Tim - pappa se naam. Ek wou vreeslik graag WH gebruik het - Willem Hermanus, my pa maar het toe na sy geboorte besluit op tim. Ek is bietjie speit, moes maar my pa vernoem het. Nous ek sommer so hartseer, hy sou darem al die kleinseuns so geniet het. En as my broer nog hier was sou hy dalk ook al kids gehad het :(

Christa, Mare lyk NES oupa! Hoe cool! Dit was die regte tyd om nou n foto te neem en vergelyk want een van die dae gaan hy baie verander. Maar nou is hy oupa se kind.

Ek het vanoggend die garage uitgepak en gewas en terug gepak, jis dit was harde werk!

Elaine, jul moet die doop geniet, dis so special!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account