file Oktober mammies 2010

15 years 8 months ago #154242 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle! Mensig maar julle kan gesels! So ons is nou op eerste kos. Die nuwe Baba & Kleuter het ñ artikel daaroor. Nou wil ek weet moet mens met pap begin? Kan jy nie met groente begin nie? En wat se groente stel julle vir ñ begin voor? Moet dit noodwendig gepuree word? Kan mens dit nie net met ñ vurk mash nie? Okay ek is ñ 1ste mamma en het 1000e vrae. Ralmarie jy is welkom om te kom koffie drink more! Voor of na die afspraak. Gaan jy na sr. Drake by Clicks? Ek kan jou daar kry, dan ry jy agter my aan. Sal lekker wees! Toemaar Carmen ek hou ook daarvan om na sulke goed te kyk. Het nie dstv nie, maar kyk Top Chef en Pasella en so. Jy gaan mos nie vir ewig dieet nie, so jy kan die tips en resepte bêre vir later. Eina vir die duur kardiens! Sjoe dis erg! Anina en Janine ek het ñ maand verlof saam met 4 maande kraamverlof gevat. Daarom begin ek eers 1 Mrt werk. Hoop almal het ñ heerlike dag! Anina enige nuus oor die sikloon?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154123 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie genugtig! Maar ek moes nou opvnag met al die posts!

Ekke gaan ook weer begin op vir Riley een keer 'n dag pappies te gee, maar hoeveel pappies is nou reg? Gee my bietjie raad want ek het nog glad nie gedink aan die vaste kos nie??? Hoeveel en van wat kan ek mee begin???

Christa, klein Mare lyk regtig nes sy oupa!

Ja nee, ekke straf myself so baie om na die Food Network te kyk, maar ek love net eenvoudig die programme daarop :blush: Maar ja dit maak mens so honger jong!

Riley se naam is natuurlik aan niks verbonde nie, dis net 'n naam wat ek al jare terug op besluit het sal my eerste kind se naam wees, dogtertjie of seuntjie! as nog altyd mal daaroor!

My man se name is Eric Peter, en sy oorlede pa was ook Eric Peter, so ons sou ons seuntjie wel 'n tweede naam gee, nl Eric net om dit voort te dra.

My pa is Lionel en my ma is Catharina Maria, so ja, ons doen nie die familie naam ding nie!

Het my kar vir sy 90 000km diens gevat Maandag, en natuurlik moes di voor en agter brieke vervang word, en daar is ek R6000 armer, dis darem rof mense :( Maar nou is die karretjie darem weer reg en gediens!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154051 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
dankie vir die advies, ek dink regtig aan die einde van die dag kom dit neer op wat jou kind nodig het en wie weet beter as n ma....en as jy nie seker is, is daar altyd moomies...lol

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154047 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek sien jul praat oor eerste kossies. Ek dink soos jul ook gese het, elke kind kom op verskillende stadiums en ouderdomme op die punt om te begin eet. Ludwig het letterlik op 18 maande sy eerste kossies gekry, en hy was spekvet op daai stadium en op 3 uur voedings (Net borsmelk), Suzaan het weer op 2 maande begin eet, sy het letterlik toe al die kos uit jou mond uit gekyk. En so gaan dit aan. Andre is nou 4 maande en ek het hom met Purity se pere sommer begin en hy is mal daaroor. Het sommer gisteraand patats vir hom gegee wat hy ook baie van hou. En sien net hy hou nie veel van die ryspap nie.
So hou jou kind dop en jy sal weet wannneer jou baba reg is, daai 6de sintuig.
Lekker dag almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154043 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more

en hoe gaan dit met almal vanoggend....?

ek het nog n ontdekking gemaak. Ek gebruik S26 Gold en dit se vir babas oor 12 weke moet jy 250ml (10 scoops) 4 keur n dag gee. wel Kayla het nooit so baie gedrink en tel mooi gewig op so ek het maar nog altyd net vir haar die 200ml (8 scoops ) gegee, wanneer sy honger was. wel ek het eer guster besluit om maar die 250Ml te maak en te sien wat gebeur, wel, sy drink steeds net hoeveel sy wil op n slag,maar sy slaap nou meer gereeld en nie net vir n half uur op n slag nie....logies gesproke maak dit nie sin, maar dis asof dit haar op some manier beter voed.....

sy is n regte prag stuk, ek kan amper nie glo n mens kan so lief wees vir iets nie......sy het n gaatjie wat altyd daar was mooi gevul....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #154019 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Shoe, sy het iets gese van pap is moeilik om te verteer en kan krampe veroorsaak. As hulle tande begin kry beteken dit hulle magies is gereed om dit te verteer,maar ek moet eerlik wees sy het so baie gepraat ek kon nie als in neem nie. Ek weet sy het gese teen 9 maande moet jou baba als kan eet wat jy self eet.

As jy na die purity botteltjies self kyk sal jy op die doppies prentjies sien van babas, step 1 het n baba wat op sy maag le, step 2 baba wat sit ens, dit demonstreur waar jou baba moet wees voor jy hul die verskillende stappe gee. Apparently heyt studies nou gewys dat daar navolge is as jy n baba eers op 6 maande begin voer soos anemia-maar ek het nie geluister watter ander navolge daar kan wees nie en vlgende jaar sal die nuwe studies heel moontlik weer se 6 maande is beter. Ek dink n ma moet op die einde van die dag haar eie instinkte volg en doen wat jy voel is goed vir jou baba.

Kayla doen sover goed met die carrots, more add ek n vrug vir ontbuit-sal maar sien hoe dit gaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #153994 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle

Ralmarie - ons is bly jy is terug !!!

Volgens d nuwe goed wat ek gelees het kan mens na 17weke begin met pap in die oggend vir n week - daarna pap in die aande ook vir nog n week en die derde week kan jy die pap in die aande met groente vervang ! Xander is vandag 15 weke , so ek gaan defnitief oor 2 weke met die pappies begin !!

Hoop dit gaan goed met julle almal

Lekker aand

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account