Hi julle
Stella, geniet Xander se verjaardagpartytjie more!!
Riley is 1 more!! Ek kan dit nie glo nie!!
Ons hou haar partytjie vlg Sat die 29ste, my man is mos nie hier nie, en ons was mos onder die indruk dat ons dalk gaan weg wees
Gelukkig weet Riley geensins watter dag haar bday is nie
Nie veel nuus nie, mis my man net, hy kom eers Sondag terug.
Het vanmiddag 'n partytjie by Riley se kleuterskool, haar klassie het die kompetisie gewen vir die meeste raffle kaartjies verkoop, so nou kry hulle 'n partytjie
More gaan madam vir haar Waterpokkies en Hipatitis A inspuiting! Ek het mos nog tot op hede die staatspuite gebruik en elke keer net R100 konsultasie betaal.
UGH, tot my spyt hoor ek toe nou dat van hier af is dit nie meer staat gesubsidieer nie, so ek moet more so R550 uithaal

Blykbaar is daar eers weer op 18 maande 'n staatspuit??
Sal seker moremiddag by my pahulle gaan kuier vir haar bday en Sondag is dit my tannie se 50ste bday geleentheid by Stone Cradle, 'n baie lekker restaurant by Rietvlei Natuur Reservaat
So besig, besig en weereens besig!
Ekke loer later weer in xxx