Hi julle
Ooo lekker vir daai GHD Dragonfly!! Ek het een maar ek is te lui om dit te gebruik en ek is useless met hare, so al gebruik ek dit, lyk ek nie mooi vir myself nie!
Jong julle, ek is terug by die werk! My man het nog hierdie week afgevta, maar ek besluit om eerder terug te kom en my verlof te spaar vir Desember dalk, wanneer die kleuterskool sluit ens.

Ek het juis gesien die skool sluit 7 Desemebr en maak weer 4 Jan oop!
Ek het geweet dit gaan gebeur, maar nou moet mens begin dink hoe op dees aarde jy gaan maak!!!!!

Ag sy sal dan maar net saam my werk toe moet kom as ons regtig nie 'n plan kan maak nie.
Ja nee, hoe mens geboorte gee bly maar altyd 'n persoonlike keuse.
Hasie, ek het geen behoefte om binnekort weer swanger te raak nie, maar ek sal jou laat weet sodra ek weer is, want ek is nou weer iemand wat dit dalk sal oorweeg om VBAC te doen, maar dis nog eers dinkiejare weg
Kwaaitjie, ja nee, my man is ook voor my op die foodchain, maar ek moet se daar is oomblikke wat Riley my verkies, maar dis maar min
Ek het so gelag gister, toe ek by die skool aankom gister, to ignore sy my flat en hou aan verder speel en het geen interest gewys dat sy enigsins belangstel om huis toe te gaan nie.

Lyk my sy geniet die kluetreskool te veel. Ek moes haar toe so 10 min later optel om reaksie te kry en toe wil sy ewe na haar juffrou se arms gaan. Aaai jaai jaai, ag ek kan myself darem troos dat sy wel baie van haar skool hou en dat sy obviously baie gelukkig is daar!