file Oktober mammies 2010

14 years 11 months ago #210581 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Kwaaitjie, die 40 is 'n baie groot mylpaal! Ek hoop jou bday gister was te heerlik!!

Myne was ook lekker, dit was net ek en my ma en Riley by die huis gister. Lekker met Riley buite gespeel!

My ma is vanoggend weer terug Kaap toe, my hart is baie seer dat sy nie hier bly nie, dis so lekker gewees om haar hier te he, maar sy het ook 'n huis. Shame sy het vreeslik gehuil om te gaan, want sy gaan Riley so mis!! en natuurlik vir my. :P Aaai, Riley het haar so geniet! Wou heeltyd net by my ma wees, sy moes haar heeltyd vashou en met haar speel!! Ek was 'n nul op 'n kontrak, sy het net ogies vir Ouma gehad :P

My man is toe maar Sondag oggend 3 uur Sodwana toe, so hulle vang vis daar vir die week. Maak maar die beste van sy verlof, aangesien dit maar 'n hele gemors was!

Hier is Riley in haar mini swembad!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210546 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Jy is reg Hasie, tye en opinies het totaal verander! En wie kan beter weet as God?

Wat se kar het julle dat julle so sukkel met onderdele? Ons hier op die platteland verkeer altyd onder die indruk dat julle daar aan die Rand alles maklik kry. Nou ja, hier is ons nou verkeerd bewys!

Weet jy dalk watter van die Jhb malls 'n Green Cross winkel het? Ek wil vir my 'n paar sandale koop, maar die verskeidenheid hier is uiters beperk.

Weet een van julle dalk hoe gaan dit met Stella? Sy is baie stil! En waar is Pampoenpit en Handjievol?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210544 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee, Kwaaitjie, 40 is beslis 'n groot mylpaal. Ek kan dink dis vreemd om so 'n klein kiddie te he terwyl die res van jou vriende se kinders al groot is. Maar dis nes jy se, hy gaan julle nog lekker lank jonk hou. En die Here maak nie foute nie, Hy het die regte mamma en pappa uitgekies op die regte tyd vir daai klein seuntjie.

En troos jou daaraan dat almal deesdae later kinders kry, my kinders gaan beslis nie in matriek wees oor 10 jaar nie, hulle sal dan eers hoerskool toe gaan... en as ek nog het soos wat ek beplan, sal hulle nog redelik klein wees as ek 40 word.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210525 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more al die mammas!

Dragonfly sorry vir die foutjie! Baie abie geluk ook met jou verjaardag Saterdag! Hoop dit was 'n wonderlike dag en dat jy lekker bederf is! Bly Kayla se verjaardagpartytjie was 'n reuse sukses! En geniet die TTC!

Bollie jammer dat al jul planne nou so opgemors is! Hoop julle het toe maar die naweek so mini partytjie vir Riley en jouself saam met ouma gehou! Jy kan nog steeds partytjie hou vir jouself! Dit hoef mos nie op jou verjaardag te wees nie! Ek stem saam, dit is 'n mylpaal!

Hasie ek hoop julle kry die kar vinnig reg! Dis darem 'n gesukkel sonder 'n voertuig! Sal bid vir jou man vir die werk. Dit sal lekker wees as julle so by jule ouers kan bly, maar julle is darem nie so ver nie.

Ek het ook 'n mylpaal ouderdom berik. 40. Ons het gister so lekker gelag vir my wat 'n baba van 1 jaar het, terwyl die groot gros van my skoolmaats se kinders vanjaar matriek skryf! LOL! Gelukkig weet ek hy gaan vir mamma en pappa nog laaaaank jonk hou!

Hoop julle het almal 'n heerlike dag! :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210445 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Dragonfly, toe confuse ons jou en Elise! Jammer man!! Baie geluk met jou verjaarsdag!! Mag dit 'n wonderlike jaar wees wat voorle!!

Geniet die TTC. VBAC is 'n Vaginal Birth After C-section. So as jy belangstel in 'n normale geboorte kan ek jou daarmee help. Ek kan jou ook as doula bystaan al gaan jy vir 'n keiser, dit sal net nie vir my so maklik wees nie omdat ek nog nie deur die proses van 'n keiser is nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210424 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello,

Dis my bday gewees guster en Elise sin more......

Happy birthday Christa en Carmen- die 2 C's lol....

Kayla se bday party het great afgeloop...almal het hul self geniet ens, ens, ens!

Ag juLle sy is so gorgeous-ek kon nie vra vir n meer pragtige klein dogtertjie! Dis Amazing hoe hulle op so n jong ouderdom so baie verstaan! En sy leer vinnig. N mens kan haar enige iets vra of enige instruksie gee en sy doen dit.

Die aande is n groot probleem, was gestraand wakker vir 2 en n half ure om te probeur haar winde te breuk. Het vrydag n afspraak gemaak met paed, hoopvol kan ons nou iets probeur uit sorteer.

Hasie, die loop is uit so die TTC begin, maar ons sal geen stres op dit plaas tot meskien volgende jaar. Verduidelik maar wat vbac is- eks dom!
Shoe maar Claudia het oornag geblom van baba na klein dogtertjie!

Bollie jammer oor die terleurdtelling! Dis nie lekker nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #210422 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie en Kwaaitjie, hoop julle het 'n heerlike dag vandag. Baie geluk met jul verjaarsdae!! Mag dit werklik 'n wonderlike jaar wees wat voorle. Dankie vir al die ondersteuning en vriendskap in die laaste jaar, wie sou nou kon dink mens kan sulke hegte bande oor die internet smee?

Elise, as jy dalk nog kom inloer, happy birthday vir gister.

My man het hom boeglam gesukkel om die regte parte vir ons kar te kry. Ou kar - goedkoop paaiment, maar nogal 'n storie om parte te kry. Hy kon toe darem remskywe bestel het by 'n plek nou gaan ons dit Maandag middag haal, hopelik is dit die regtes. In tussen leen ons my skoonpa se kar, maar kan dit ook nie die hele week hou nie want hy ry nou met sy bakkie wat baie swaar op brandstof is. Ons sal maar net op 'n manier nog 'n ryding moet kry, hierdie een kar plan is net nie werkbaar nie.

Julle moet saam met my bid asb, Johan het alweer sy CV gestuur na die maatskappy waar sy pa werk. Hulle wil 'n paar ekstra tekenaars aanstel en dis vir 'n baie goeie salaris. Volgens my skoonpa is die mense daar baie beindruk met sy CV. Maar as hulle hom aanstel sal hy direk aan sy pa rapporteer, so dit kan hulle besluit negatief beinvloed, en natuurlik sy velkleur ook... Ons wil nie opgewonde raak hieroor nie, want laas was ons seker hy het die werk maar toe stel hulle 'n junior aan. Maar dit sal baie finansiele verligting bring as hy die werk kry en dit sal vir ons awesome wees om in Pretoria te bly naby ons albei se ouers en vriende. En op die stadium is daar meer geleenthede vir my besigheid daar ook, ek gaan anyway reeds die einde van die maand begin klasse aanbied in Pretoria by my ma se huis, so as ons soontoe kan trek sal dit great wees.

Maar soos ek se, ons sal opgewonde raak as hulle hom nooi vir 'n onderhoud en dinge goed lyk.

Lekker daggie, chat more weer!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account