Hi daar!
Skies ekke het bietjie uit die bus geval die week, met my wat kom kuier het, was ek lekker besog om op te vang met haar! Ons sien mekaar baie min jong!!
Nee wat, ek het nie my hoop op weggaan gesit 'n 2 de keer nie, en ek was reg, dit het ook nie uitgewerk nie. Ek sal eerder nie my opinies, gevoelens, irritasie ens. uitspreek nie, ek gaan nou eerder net aan. Dit het net ons gesinnetjie, my ma ens. baie beinvloed, want ons het alles rondom dit gereel. Riley se partydjie is spesiaal vir later gereel, my ma moet noiu teruggaan, so sy mis nou Riley se bady ens. ens. Ek het niks gereel vir my 30ste nie, so ag wat, een gemors, maar ek lig maar my ken op en ek sal nie dinge se vir my swaer wat ek baie graag vir hom wil se nie, maar ek dink hy weet hoe ek voel.
Oraaitie, Happy bday Elise!!
En Happy bday vir my en Christa vir Sondag!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ja nee, ek is opgewonde om 30 te word, dis 'n groot mylpaal in mens se lewe!