file Oktober mammies 2010

14 years 11 months ago #209865 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie jy het my nou laat le soos ek lag vir die twee hiperaktiewe kleingoed! Skuus ek weet jy het dit glad nie snaaks gevind nie, maar dis eintlik histeries! Ek kan net sien hoe le Claudia en skop dat die hele kot heen en weer wieg! :laugh: :laugh: :laugh:
En toe ek verder lees van die poef episode, was dit net een te veel vir my! Ja, ek lag nou lekker vir jou, maar my beurt sal nog kom! Maar jy an nie stry nie, dit is snaaks! Wat het jy alles in die ystee gegooi? Kan nie dink wat hulle so kon boost nie? :P

My pa is okay dankie. Hy het maar erg skrik gevang met die dat hy tye nie kan onthou nie as gevolg van die hoe koors. Manlief se ons gaan een naweek maar gou soontoe, ek dink oupa verlang ook maar bietjie na sy kinders en kleinkinders. Ek en my sus is albei in klp en my boetie in Rustenburg. Hulle bly in die Oos-kaap.

Bollie, ek stem! Jou swaer behoort hom gruwelik te skaam! Dis sy aanjaag die! Lekker kuier saam met Moeder!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209858 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal!

Wonder bo wonder het ons 'n goeie nagrus gehad. Ons het gisteraand erg sports gehad met my 2 kiddies. Ek het gistermiddag vir hulle aanmaak ystee gegee, dis rooibos gebaseer so ek het gedink dis ok. Maar dit of dit was nie ok nie, of iets anders het in hulle ingevaar want die tweetjies raak toe so hiperaktief dat hulle heeltemal buite beheer is.

Dit was 'n gespring en 'n gegil en rond hardloop en tekere gaan. Etenstyd was morstyd. Toe dink ek 'n lekker bad sal hulle darem kalmeer, ek het selfs lavender in die water gesit, maar dit het niks gehelp nie. Rescue pilletjies, nr 6 tissue soute, alles probeer. Stefan val toe op sy neus en gil en skree, toe gee ek vir hom Nurofen, en sommer vir Claudia ook want sy sny 'n seer tandjie. Maar selfs na dit het hulle nie gekalmeer nie, en dit laat hulle gewoonlik omkap.

Ons het hulle in die bed gesit en alhoewel hulle albei tevrede was en nie gehuil het nie, kon hulle nie slaap nie. Claudia het op die naat van haar rug gele, bottie in die mond, ogies toe en skop haar bene in die lug op en dan slaan sy hulle weer teen die matras neer. Sy skop so wild dat die hele kot heen en weer wieg en gevaarlik naby aan die uiterstes van sy skaniere se perke kom. En Stefan het heen en weer gerol in sy bed. Dit het meer as 'n uur gevat voor die twee aan die slaap was.

Gelukkig het hulle toe seker al hulle reserves opgebruik en slaap toe altwee deur.

Vanoggend het ons weer sports gehad, ek het vir hulle 'n Jan de Wet dvd opgesit en gou kom check wat om moomie aangaan. Toe kom Claudia aangekruip, vol poef, haar hare, hande gesiggie, klere, sommer alles. Natuurlik is dit Stefan wat gepoef het en besluit het om homself en sy sussie te decorate met die vieslike spul. Gelukkig het hy nie die hele woonkamer geverf daarmee nie, net hulle twee. Toe moet ek hulle altwee by die trappe opdra sonder om te gag, en hulle in 'n stort gooi. Claudia het nog nooit gestort nie en haar eerste ervaring was nou 'n redelike poefie een, maar sy het dit oorleef en skoon ander kant uitgekom. Ek moes natuurlik saam stort om hulle oordentlik te kan was, so toe is ons almal sommer reg en skoon vir die dag. Dit was 7 uur vanoggend!! Paulina kom half 8, so teen die tyd wat sy toe hier opdaag was albei reeds aangetrek en besig om ontbyt te eet.

Hopelik is die res van die dag nie so eventfull nie!

Kwaaitjie, hoe gaan dit met jou pa?

Bollie, eks baie jammer vir jou teleurstelling. Maar jy moenie embarresed voel nie, dis nie jou gemors nie. Geniet nou maar die week af saam met jou ma. Jou swaer is die een wat embarresed moet voel. Ek kan nie glo hy maak so droog nie. Ek kan net dink hoe vies jy moet wees.

Voetjies, helllloooo! Julle moet die vakansie baie geniet! Gee maar vir Mia'tjie 'n bietjie rescue of nr 6 pilletjies om haar rustig te hou met die trippie. En probeer oor haar slaap tyd ry so ver as moontlik. Ons klim maar lank uit en eet iets iewers as ons stop sodat die kids kan rondhardloop en speel. Meeste van die Wimpy's het nice speel areas vir kids waar hulle bietjie van die energie ontslae kan raak. Los ook maar 'n plekkie vir jouself op die sitplek langs haar dat jy vir haar kan yoghurt of ietsies voer as dit tyd raak vir ete en sy raak moeilik.

Wat verjaarsdag partytjies aanbetref, ek koop mos nie vir my kids speelgoed nie, so verjaarsdae en Kersfees is die enigste tyd wat hulle speelgoed kry. So dit is nice op 'n bietjie van 'n partytjie te hou, dan kry hulle darem 'n paar toys vir persente wat hulle weer 'n rukkie kan besig hou. Ek gaan Claudia se partytjie die 12de hou, dis op haar verjaarsdag en dis 'n Saterdag. Sal seker maar net bietjie maatjies nooi en 'n bring en braai hou vir die grootmense met cupcakes en pakkies vir die kiddies.

Lekker daggie vir almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209836 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Voetjies goed om 'n slag weer van jou te hoor! Bly dit gaan goed! Mia se dansie klink te oulik! Die swempakkies is by Woolies, PnP, Ackermans en dan hou Total Sports die duur brand name aan. Ek is seker jy sal by een van die plekke iets kry waarvan jy hou! Geniet die vakansie. Ons het Maart met Mare 850km gery (hy was so 6maande oud) en dit was nie te moeilik nie. Hy is 'n uitkyk kind, so vir hom was dit lekker om alles te kyk wat verby beweeg en dan het hy ook baie geslaap. Nou is hy groter, so ek weet ook nie mooi nie.

Bollie! Ek is so jammer om van die teleurstelling te hoor! Hoe kon jou swaer dit aan julle doen!!! En jy het niks om oor embarrassed te voel nie, dis nie jou skuld nie! Jy was mos net opgewonde oor 'n once in a lifetime geleentheid. My hart is sommer seer vir jou part! Die enigste troos wat ek kan bied is jou ma is by jou vir jou verjaarsdag!

Hoop dit gaan goed met almal! Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209832 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

AG AG AG, ek moes geweet het iets gaan verkeerd loop hier op die einde, dit gebeur ongelikkig altyd met my man se broer, ek moes geweet het :(

Die vrou wat die trip reel en het net gisteraand laat weet dat iets fout gegaan het met die bookings van die boot, ag ek wag maar nog om te hoor whatever die storie is, ek is kwaad, teleurgesteld en embarressed alles in een! :angry:

Ag so nou gaan ek maar hierdie week saam my ma spandeer wat spesiaal opgekom het van die Kaap, sy sal maar Sondag terugvlieg en dis dan maar dit, aai!

Anyway, ek sal sekeer die embarresment oorleef en net aangaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209790 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi!
Sjoe, wat ’n rowwe 3 weke! Ek het al die posts gelees, maar kan beslis nie alles onthou nie.
Baie geluk aan al die kleingoed wat 1 geword het!
Geluk met al die mylpale wat bereik is.
En sommer net geluk omdat julle almal oulike mammas is! ;)
Met ons gaan dit goed. Mia het nou 7 tande. Sy dans vreeslik lekker en is beslis mal oor musiek, as sy iets hoor dan skud die kop, boude en bene sommer almal saam! Staan teen alles op, maar staan nog en hou vas aan alles, beslis nie los hande nie, alhoewel sy dit ’n paar keer al probeer het.
Mia slaap maar net so sleg die laaste tyd. Maak haar aan die slaap, sit haar dan in haar cot en dan slaap sy goed. Half 12 of half 1 word sy wakker, huil en klim dan in die bed by ons. Soms is ons gelukkig en sy slaap dadelik, ander kere is dit maar ’n mission om haar weer aan die slaap te kry. Erens moet ek met “sleep training” of iets begin, waar sy leer om heel aand in haar eie bedjie te slaap en dan moet ek haar actually uit ons kamer uitskuif!
Ons gaan volgende week Ballito toe, kan nie wag nie! Sy het al 3 keer saam my gevlieg Oos-Kaap toe en daar by my ma vakansie gehou, maar die water is so koud daar en die wind waai mens altyd weg, so sy was actually nog net 3 keer op die strand. So sien uit om haar by warm water, warm weer en lekker op die strand te sien speel.
Waar gaan ek een van daai swembroekie-pakkies kry? Daai aan-een goedjies? Enige idees? Ek wil môre na werk gou gaan shopping doen, swembroekie vir haar en ’n paar lekker somer toppies en vir ma (wat so vet geword het) ’n broek of 3 vir die strand...Pappa het darem alles, so nie nodig om vir hom te shop nie. Ek’t ook vir haar ’n grafie en emmertjie gekoop!
Ons het nog nie besluit oor haar verjaarsdag nie. Ek wou ’n lekker partytjie gehou het met al ons vriende wat kids het, maar nou weet ek ook nie meer nie. Dalk eerder net die family nooi en Rietvlei dam toe gaan en daar gaan braai, sy het laas dit so geniet om na die dam te kyk en die barbers te voer met haar koekies! Ander opsie is net mamma, pappa en Mia dan gaan ons Bester Birds toe, loop daar rond, huis toe en ’n slapie vat en dan net die family nooi om te kom braai (en vir Mia pressies te bring :) ). Ek sal natuurlik ’n koek hê en baie foto’s neem, maak nie saak wat ons besluit om te doen nie. Wat sou julle sê? Onthou sy’s nie in ’n kleuterskool nie...
O, ja, nog ’n vragie...enige raad hoe ek haar gaan rustig hou in die kar Ballito toe? Ons het met haar Oos-Kaap toe gery toe sy maar 4 weke oud was, maar dit was maklik want sy’t geslaap. Nou die dag het ons Ellisras toe gery (dis maar 3ure...) en dit was ’n nagmerrie. En ek het nog ’n tiener seun ook in die kar gehad wat haar entertain het en dit het nie eers gehelp nie. Ek sien baie op na die 6ure...plus...ry met haar. Enige raad?!?
Nou ja, ek’t kom hallo se. Ek hoop dat ek meer gereeld sal kan kom inloer.
Lekker aand vir almal.
Amper vergeet ek, BOLLIE WOW, LEKKER! Ek dink julle gaan ’n onvergeetlike tyd hê. Geniet elke oomblik! Jaloers hoor, beslis Jaloers!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209746 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle

Mensig Hasie maar dis pragtig daar waar julle gaan stap het! Bly julle het dit so geniet! Geluk met die stap! Ouma en Oupa is voorwaar trots dat hulle dit eerste kon sien! Claudia is pragtig! Lyk of sy lekker in die sand gespeel het!

Bollie klink of julle groot pret gehad het die naweek! En WOW vir die bootreis! Julle moet dit vreeslik geniet en baie fotos neem en ons kom wys! Die boot en New Zealand, ag sommer alles! Siestog julle gaan vreeslik na Riley verlang en sy na julle! Maar dis 'n "once in a lifetime" geleentheid! :woohoo:

Grenaat Bly Ruben se hardlywigheid is oor! Dis erg ongemaklik vir hulle! En YAY vir die deurslaap! Kan net dink hoe die twee boeties julle entertain!

Dragonfly hoop die partytjie was pret en dat manlief gesond genoeg was om dit ook te geniet! Kom wys fotos asseblief!

Pampoenpit ek is mal oor die kaalboudjies profile pic! En daai seunskind is pragtig!

Mammas met die meer kids, kom sit bietjie fotos op van die kinders saam asseblief! Onthou ons wil die boeties en sussies ook sien! :lol:

Met ons gaan dit okay. Mare is 'n patroon! Kry maar lekker nukke en gooi so nou en dan so mini vloermoer, maar pappa sort hom vinnig uit! ;) Eet ook maar soms net waarvoor hy lus is, klein klits! Het gister snot en trane gehuil toe ek hom by die dagsorg aflaai toe is ek ook sommer ontstig. Hy is nou super mamma vas! :huh:

Handjievol het nou die dag gevra of hy al uit 'n oros botteltjie drink, en ek het nooit eens daaraan gedink nie. :blush: Hy is mal oor die botteltjie en drink hope water sonder enige sukkel! Dankie HV! :P

My pa het op 65 waterpokkies! En dit het binnetoe geslaan! Hy is baie siek. Het Sondag konvulsies agv koors gehad. Was gisteroggend dokter toe. Voel darem beter vandag, maar hy is baie swak. Ek is maar bekommerd en nou is hulle nog so ver van ons af ook. 'n Gebedjie asseblief?

Lekker dag vir julle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #209732 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ja nee, Bollie is voorwaar 'n lucky vrou!!

Grenaat, shame vir die hardlywigheid, dis seker niks lekker nie arme ding. Bly dit gaan nou beter.

Ons kiddies het ons self terug verwelkom met 'n goeie nagrus. Claudia het een keer ge-kwe, maar voor ek by haar kon kom was sy weer stil en toe slaap sy verder deur. Stefan het op pappa se aandrang by ons geslaap want hy het hom vreeslik gemis. En hy het actually mooi stil gele en nie soos 'n stervis geslaap nie.

Ek kan sien my kids is boetie en sussie, maar ek kan nie spesifieke kenmerke uitwys nie, hulle lyk maar altwee vir my lief en dierbaar. Stefan het net vrek lang hare op die oomblik, hy en sy pa moet albei by 'n haarkapper uitkom. En Claudia se hare word rooier by die dag.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account