Hi julle! Dit gaan dol!
Dragonfly BAIE GELUK MET KAYLA SE EERSTE VERJAARDAG!!!
Bollie lol vir die miniatuur dingetjie wat verby skiet! Besig besig besig!

Ag moeder! Kan net dink hoe trippel dans sy daar rond! Oe jy moet Skouspel geniet! Ek voel soos Stella! Wil ook net een keer skouspel gaan kyk!!!
Stella hoop julle het die kuier geniet en sterkte vir die deurmekaar huis! Yay vir die strooitjie drink! Kom wys bietjie weer 'n foto van Xander!
Ai Grenaat dat jy nog steeds met Ruben en die etery moet sukkel! Is sy maag nie dalk seer nie? Ek vra maar omdat hy heeldag so moan en so sleg eet? Dalk is iets nie so lekker in daai seunslyfie nie.
Helene BAIE GELUK MET STEFAN SE EERSTE VERJAARDAG!!!
Helene jy gaan verander jou naam op jou profile. As jy nie regkom nie, laat weet dan sal ek probeer help. Ek het sommer net so klein partytjie vir Mare gehou. Was net my sus met haar 3 kids, die oumas en Ralmarie met Andre en Rachelle. Vir my was dit lekker net so klein. So hou op skuldig voel!
Ek is besig om Mare oor te sit op beesmelk. Het besluit om nie met al die ander formules en goed te karring nie. Hy het al 'n paar bottels in met beesmelk en formule gemeng en dit het nog geen probleme veroorsaak nie. En hy kry in sy pap ook sommer beesmelk.