file Oktober mammies 2010

14 years 11 months ago #208211 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, nr 6 is baie goed vir daai nagmerries, en dan is nr 1 weer goed vir night terrors, dis wanneer hulle nie onthou daarvan nie en nie wakker word nie. Stefan het mos so erg gesuffer net na Claudia gebore is, maar dis darem nou beter.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208188 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo

Bollie ek hoop die medisyne maak haar magie gou-gou beter! siestog sy moet erg opgooi as dit sommer deur die neus ook kom! Arme ou dogtertjie! Toemaar die mense by die spreekkamer is alles gewoond. Hulle skrik nie vir maagwerke nie. ;) Moet lag oor die remote wat so op die glasblad geslaan word. Mare lyk egter of hy woedend is as hy so slaan. Ek vermoed hy sien dit by die dagsorg, ek was een dag daar toe het twee van die kinders baklei en so aan mekaar geklap.

Hasie geniet die laaste drie daggies! Kan nie glo die tyd het so gevlieg nie!

Ek geniet die loopstadium net so baie! My rug het egter geen stremming nie, meneertjie is so lank, ek staan regop met hom voor my, sy hande in myne en dan stap hy. Ek is mos kort en hy is regtig BAIE lank. Moet mos nou weer vir inentings gaan, dan sal ek laat weet waar trek hy nou al. Hy is so lank soos die 2-jariges by die dagsorg.

Ek het weer 'n rowwe nag gehad. Hy slaap so rusteloos en word dan wakker terwyl hy mamma gil. Ek het eergister aand vir hom twee kali phos (no.6) pilletjies gegee met slaaptyd, toe het hy baie beter geslaap. Gisteraand het ek vergeet en het toe weer 'n rowwe nag gehad. Sal eerder elke aand vir hom die pilletjies gee, want hy is ook doodmoeg in die oggende. Dan slaap ons altwee beter.

Lekker dag! Bollie sterkte met jou ou siek dogtertjie. Ek glo sy sal teen vanaand heelwat beter wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208173 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal, net 3 daggies oor vir my!!! :silly: :blink: :woohoo:

Ag shame Bollie! Dis niks lekker nie. Stemmetil set pille was al wat vir Stefan gewerk het toe hy dit gehad het. Die Reutri druppels help baie ons het ook Flagyl gekry om die "bug" in die maag dood te maak. Gee maar baie vloeistowwe. Sterkte.

Kwaaitjie, daai loop fase is lekker. Claudia wil ook eerder loop as staan, as jy haar handjies vat hardloop sy omtrent en sy loop al terwyl sy net my een hand vashou. Dis te cute, geniet dit, hoop jou rug oorleef dit.

Grenaat wa is jy???

Hoop die babas het rustiger geslaap, klink my ons het maar almal rowwe nagte deesdae, ai die tande en mylpale kan die slaap so omklits.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208172 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Kwaaitjie, ek verstaan wat jy bedoel, ek moet ook partykeer bietjie piets op die hand of hard nee se, want Riley het ook geleer van slaan en sal jou slaan of sommer haarself op die kop slaan :P of die remote vat en hom teen die glasblad slaan, dit maak mos dan nou 'n great geluid :P

Ek werk nou weer vandag van die huis af, ons moes gister middag dr. toe want die maag klink soos 'n ontploffing an dan loop die goed by haar bene af. Dit het natuurlik gister geneur in die dr spreekkamer. Julle kan net die gemors imagine :sick:

Dis verseker 'n lelike maagvirus wat die rondtes doen, hy behandel die laaste ruk baie kiddies. Maar die doeke is fine om te handle, dis die opgooi, dit spuit sommer so by haar neus en mond uit, shame en dan skrik sy so groot!!

Het nou antibiotika, anti naar medisyne, Scorex vir maagkrampe, Sulke Reuta druppels om die maag se balans te herstel, hydrol en en en.

Ek hoop regtig dit sort dit nou vinnig uit!!!

Sy lyk al baie beter, Maandag was sy nie waffers nie!

Sy slapies bietjie nou, so ek kan weer bietjie werk inkry en emails deurwerk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208134 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

Siestog Hasie! Daai ou brandboudjies en koekie klink so eina! Bly die maizena help darem! Jy moet die fotos kom wys! Hoop vannag kry julle meer slaap! Lol vir die blou kolle en bloedmond! Ai tog dis 'n gesukkel ne! Toemaar my beurt kom!

Bollie ek hoop Riley se maag is beter! Simptome klink omtrent soos die pes hier by ons! Pas haar maar op vir dehidrasie. Dit gebeur BAIE vinnig! Goeie idee om haar eerder nog 'n dag tuis te hou. Bly julle het die troue so geniet! Klink of die kos uit die boonste rakke was!

Dragonfly daai patroon van jou is te pragtig met haar diep dimpel op die een wang! En sy lyk vreeslik opgewonde oor die stappery!

Met ons gaan dit goed! Mare wil net loop, raak skoon vies as ons nie sy hande wil vat dat hy kan stap nie. Arme ou dingetjie se hart was vanoggend vreelik seer! Hy het geleer om te klap en nou kry mamma wilde klappe. Toe ek met die 3de "nee" hom op sy hand tik, krul die ou lippie om en hy huil hartverskeurend! Ons was oppad werk toe en ek moes toe maar tussen die sitplekke deur troos. Wou hom nie uit sy stoeltjie haal nie. Ai dis moeilik om te raas, maar mens het nie 'n keuse nie ne.

Grenaat ek wou nog se, Mare slaap net so rusteloos. Le plat op sy rug, ruk hom dan regop en le vooroor met sy kop tussen sy voete, dan gooi hy hom weer agteroor, dan vlieg hy weer op en le met sy lyf kant toe. Dis iets vreesliks! En hy raak vinnig te lank vir die kot! Ek kan hom beslis nie op 'n bed laat slaap as hy so woes is nie! Hy sal bitter seer val!

Hoop almal het 'n lekker aand!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208066 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag my moederliefde Dragonfly, daai fototjie is die cuteste! Sy lyk reg vir aksie hoor!

Bollie, sterkte met die loop maag, ek hoop dis vinnig verby maar ek dink jy doen die regte ding om haar nog 'n daggie by die huis te hou. As so 'n ding eers by die skool versprei dan kry hulle dit oor en oor.

Claudia gaan vir Riley opdraand gee met die scars hoor, sy het 2 bloukolle op haar gesig op die oomblik en het haarself bloedmond geval teen die koffie tafel gisteraand. Gelukkig is dit nie te sigbaar nie. Maar die arme ding is 'n loop-en-val deesdae, raak lekker braaf met die stanery en die begin nou tussen goed loop sonder om heeltyd vas te hou, vandaar die blou en bloed...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208062 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello julle,

Aai die kleintjies is darm maar oulik- kwaatjie, Mare is te oulik...lekker speel ons in die modder. Kayla wil weer nie haar handjies veil kry nie.lol stuur maar asb die e-mail vir die koek versuursils.

Ag moeder Stelle, xander lyk n regte meneertjie- sterkte met die tande sny.

Carmen, hoop Riley word vinnig gesond. En bly julle het die troue geniet.

Hasie, laat jy ons nou in spanning wag vir die fotos!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account