file Oktober mammies 2010

14 years 11 months ago #208894 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

Helene goed om 'n slag weer van jou te hoor! Die skuilname is nadat hier 'n paar mense opgecheck is en toe besluit ons dis net veiliger. ;)

Moeder tog Stefan is te pragtig! En die "dronkman"stappie klink te oulik! Mare kruip darem al, en wil net heeldag staan en stap terwyl ons sy hande vashou. Sjoe jy is fluks met die bor.sv.oed! Wens nog soms dit het vir my gerealiseer, maar nou ja, mens kan altyd alles kry soos jy dit wil he nie. :)

Geniet vir ouma en oupa daar by julle! En lekker verjaardag hou!

Gaan goed met Ralmarie. Sy stal haar drukwerk daar by Aar.dkl.op uit die week. Dit het mos vandag begin en hou aan tot Saterdag, so ek glo sy gaan 'n dol week he! Sy druk regtig oulike goed! Koff.iebe.kers met die mooiste raampies met fotos in of fotos op prentjie agtergronde. En dan is ek mal oor die drukwerk op die teels! Die kan gebruik word as muurbehangsels met hakies of fotos in rame of selfs potstaanders op jou tafel!

Andre stap ook al die wereld vol! Klim sommer oral op ook! :P

Mensig maar julle is stil! Hasie ek neem aan Claudia voel beter en jy het lekker gaan stap! Geniet dit!

Bollie waar is jy? En Grenaat? En Stella?

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208833 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, Bollie, Hasie. Hoekom het almal nou sulke pragtige name?? Dis lekker om te sien julle chat nog! Ek dink die laaste tyd weer so baie aan julle, nou dat almal begin verjaar. Kan julle glo dis 'n jaar terug.

Mare en Andre is te ougat. Christa, jy moet hom seker so geniet! Hoe gaan dit daar by Ralmarie?

Julle sal my nie glo nie, ek borsvoed nog al die pad. Stefan het vir die eerste 'n bekertjie gevat op 11 maande, en nou kry ek hom stelselmatig om bottel ook te drink, maar geen melk nie. NET SAPPIES!! Ek hoop maar ek kry hom iewers oor op koeimelk.

Hy het ook so 2 weke terug begin stap. Mamma se ou babatjie is nou so groot! Ek wil hom net elke dag opvreet. Ek geniet al hierdie mylpale vreeslik. Die stap is veral vrek cute, hy loop nes 'n dronk man, 3 tree vorentoe, 2 terug en dan gaan staan en wieg hy eers so om sy balans te kry. Ouma en Oupa het vanag gekom vir sy verjaarsdag, hulle gaan omtrent aan oor die mannetjie wat nou stap! Hy verjaar Woensdag.

Ek hoop dit gaan nog goed met julle almal en al die babas.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208712 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo julle!

Hasie yay vir die werk wat nou eers klaar is! Ek stem saam met jou, onderwys is 'n hartding. Jy gaan dit nie so maklik afskud nie! Onderwysers word gebore, nie gemaak nie! Maar geniet "watookalse" roete gate uit! (Bollie ek hou van daardie "woord"!) Hoop Claudia word vinnig beter! En geniet die stap!

Bollie dit het omtrent lekker gereen! Ons het redelik baie hael ook gekry, maar dit was gelukkig sag en net so albaster grootte. Bly julle het die dooop so geniet, al het dit so lekker gesous!

Mare het Saterdag sy eerste haarsny gehad! Nou lyk hy soos 'n regte seunskind en sommer groot ook! En daarna was ons by Andre se verjaardag partytjie. Ons het lekker gekuier! Ek sit vir julle 'n paar fotos aan.

Lekker dag!

Mare se haarsny


Wens die tannie kry nou klaar!


Mare en Andre met Mare se verjaardag


Mare en Andre met Andre se verjaardag
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208680 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Sjoe maar die reen het darm hard geval Sat en Sondag, is eintlik baie dankbaar vir die reen, ons het dit nodig gehad!!!

Hasie, aai jaai jaai, en daar is jy nou klaar met die werk!!!! Ek weet jy sal suksesvol wees in watookalse roete jy van nou af volg!!

Gister het ons vriende van ons se dogtertjie se doop gehad, dit was lekker en baie baie nat! :P Dit het gesous!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208619 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello julle!

Jammer ek het nie gister kans gehad om in te loer nie. Dit was maar bietjie mal by die skool en na skool net so mal...

Nou is my skooldae verby!! Sal maar sien hoe lank bly ek uit die onderwys uit, dis mos soos aids, as jy eers in skoolhou is sal jy altyd maar weer daarby uitkom.

Ek lag lekker vir julle kaste, Claudia pak al van 6 maande af kaste uit, ek het haar actually nou begin leer om weer in te pak ook. Maggies maar sy kan saai as sy wil hoor!

En toe sit sy nou met koors gisteraand, en die arme ding hanteer nie koors so goed soos Stefan nie, sy kots dit uit. Dit was aaklig, ons moes 3 keer deur die nag nuwe lakens en komberse vind vir die kotsertjie en ons slaap by my skoonma so dis nie in my eie huis waar alles byderhand is nie. En die koors wil haar maar net nie los vandag nie, dit kom en gaan was vanoggend weg en na haar slapie is sy weer by 39.

By dit alles ry ons more oggend Walvis roete toe, nou hoe los ek 'n siek kind by my skoonma??? Dis vir my baie erg ek like dit niks. Sal maar sien hoe lyk sy later vanmiddag dan kyk ek of ek gaan saam stap. Ek weet darem nie. Maar aan die ander kant het Stefan vinnig oor sy siektetjie gekom sonder meds behalwe die empaped en nurofen, so hopelik kan sussie ook die ding vinnig fnuik. Ek gee vir haar tissue soute asof dit uit die mode gaan. En sy drink darem nou rooibos tee sonder om dit op te gooi.


Anyway, as ek nie weer inloer nie, dan is ek seker weg. Ons kom eers volgende Sondag aand terug so sal julle vir so 'n week nie sien nie.

Lekker naweek!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208577 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Kwaaitjie, lag ek nou te lekker oor die kas storie!! :laugh:

Riley kan nou nie weer ophou om die goed oop te maak nie. As sy sien jy maak 'n kas oop, dan is sy daar en dan pak sy ALLES uit!!! :laugh:

Hasie, lekker laaste daggie vir jou!!

Ek gaan nou ry by die werk, het 2 girls se makeup wat ek moet doen vir hulle matriekafskeid.

Moreoggend eet en bietjie vir 'n slag ontbyt saam my vriendinne.

Lekker naweek vir julle :rock:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208575 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie dag julle!

Hasie jou laaste daggie is amper op 'n einde! :woohoo: Gaan jy dit nie net so klein bietjie mis nie? Hoop julle het die rugby geniet en lekker gebraai!

Grenaat hoekom is jy deesdae so skaars? Gaan dit nog goed met die kids?

Handjievol se Andre was gister een! Weer geluk HV!

Bollie ek hoop Riley is nou sommer heeltemal oor die maagbug en weer haar ou self!

Dragonfly is Kayla nou al gesond, of stoei sy en die maagbug nog?

Stella hoop dit gaan nog goed met julle ook! Is Xander nog nie lus vir loop nie?

Okay ek se dit gereeld, maar ek gaan dit nog baie se. Ons kiddies is darem nou op die oulikste stadium! Hulle leer so vinnig nuwe donge aan, ek verbaas my. Mare ht nou geleer om vir ons weetbix uit die pak te haal en in ons borde te sit. Dis so oulik! Julle en die arme kind het 'n obsessie oor toe kasdeure! ;) As ons dit oopmaak is hy blitsig by om dit weer toe te maak, of jy nog besig is daar of nie! Pappa het hom vanmore getoets. Hy het al ons kamer se kasdeure oopgemaak en Mare kon nie vinnig genoeg soontoe gaan om dit toe te maak nie. Ai hy gaan die lewe vir homself so moeilik maak! Ek is ook so, daarom weet ek waarvan ek praat! :huh: :whistle: :blink:

Ons gaan more na Andre se verjaardag partytjie toe. Sou nou gaaf wees as julle ook almal kon kom! :P

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account