file Oktober mammies 2010

14 years 11 months ago #208440 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie ek is met jou met die "beige" hare! Dis seker die raakste beskrywing.

Bly Riley voel beter vandag! Gelukkig het sy nie ontwater nie. Sy is seker bly om terug te wees by die skoolmaatjies!

Ek is mal oor haar rooi bike op jou profile pic! Mens kry dit darem deesdae in elke kleur, grootte en vorm. Ek kan nie wag dat Mare loop dat hy ook een kan kry nie! Ons het lekker baie paving waar hy kan rond jaag! :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208422 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley se haartjies is ook blond met 'n gouerige skynsel, ek wil amper se "beige" hare, maar sy het verseker so bietjie van 'n ligte rooi glans ;)

Hasie, hoop jy kry daai rug vinnig uitgesort!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208418 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar

Hasie, sjoe 43 is baie hoog!! Bly jy kon die koors breek!!

Mare is die mooiste ding!!! Met daai pragtige bruin oge!!

Riley het vir my gisteraand bietjie beter begin raak, en sy is maar vandag skool toe.

Shame, ek hoop dit klaar nou sommer vinnig heeltmal op!! Sy het nog gistermiddag een erge opgooi gehad en die magie het seker gister 6 of 7 keer gewerk. Maar ek kon deur die nag agterkom sy is beter en vanoggend was sy baie beter, miskien het die antibiotika beginne werk!

Besef nou eers sy moet op 12 maande ook 'n spuit kry ne? Dis waterpokkies ne?

Sal moet afspraak maak laat sy gaan in Oktober.

Waar's Grenaat, Stella en DF.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208416 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie dag!

Hasie geniet die laaste twee daggies! En as een van ons moan oor jy so lekker tel is dit mees waarskynlik van jaloesie! ;) Ons sou almal eerder graag 'n werk tuis wou he om self die kids groot te maak! :dry:

Mare se haarkleur is moeilik om te se. Ek skat mens kan dit donkerblond noem, met so effense koper skynsel as hy die lig reg vang. En soms lyk dit vir my ligbruin. Maar ek dink dis donkerblond. Sy wenkbroue is ook so donkerblonde kleur, nie bruin of rooi nie. Hy kry Saterdag sy eerste haarsny! Ek wil nog skelm 'n stringetjie afsny en bere, pappa kry mos aapstuipe oor sulke goed. Iewers moet ek met die scrap boek begin wat ek vir hom wil maak. Maar ai die tyd is min!!!

Ag siestog! EK hoop Stefan voel gou beter! Enige idee wat die koors veroorsaak het? Hulle kan mens darem groot laat skrik!

Sjoe julle sien kans vir baie met die 5 dae stap! Stap julle gereeld om fiks te bly ook? Ek hoop jou physio kan help met jou rug! Dit klink bitter seer!

Hoe gaan dit nou met jou en Paulina? Is julle dinge darem uitgesorteer? En met haar swangerskap?

Ek het toe gisteraand so 3 no6 pilletjies gegee en Mare het baie beter geslaap! Het net eenmaal gemoan toe hy nie sy dummy kon kry nie. Maar manlief het keelontsteking en hy was nie lekker in die nag nie. So ek het pille en keelspuite aangedra. Shame hy voel regtig nie baie lekker nie, maar is nou nogal nie die tipe wat hom doodsiek hou en niks kan doen nie. Help nog steeds met skottelgoed en kosmaak. En hy maak ALTYD tyd vir Mare.

Lekker dag! (Al het ons nou nie almal NET 2 oor nie!) :evil: :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208391 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo daar!

Dis my 2de laaste daggie vandag! Jammer as ek julle siek maak met my telling, maar eks baie excited!!!

Kwaaitjie, daai bol wangetjies is darem pragtig ne. Watse kleur is Mare se hare nou? Dit lyk amper soos Claudia sin en hare is defnitief strawberry blonde op die oomblik, en word al rooier by die dag.

Ai Stefan het gisteraand so 1 uur by ons kom inklim, en toe hy daai kaal voetjies so teen my rug druk voel ek net hulle is vuurwarm. Sy temp was sommer 43!!! Eerste ding wat ek kon gryp was Nurofen maar dit het niks gehelp nie, toe gee ek vir hom 'n empaped setpil so 'n halfuur later en toe breek die koors darem binne 15 min. Maar jitte, dis scary. So ons het alweer nie goed geslaap nie...

En ek het gister een of ander tyd my rug uitgehak en dis vrek seer. So seer dat ek self 'n voltaren setpil gepop het gisteraand maar dit het niks gehelp nie. En ons stap vlg week mos die Walvis roete, 5 dag stap, nie 'n manier nie!! So ek sien vanmiddag my miracle physio om dit uit te sort. Hoop sy kan help anders sal ek die stap moet kanselleer want ek sal dit nie maak nie.

Hoop julle het 'n beter nag gehad as ekke! Lekker dag.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208290 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek moes net eers die foto met julle deel!

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #208231 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek moet dalk maar no 1 ook kry en gee. Hy gil juis soms mamma sonder om wakker te word, ander kere word hy wel wakker en huil dan. Seker nagmerries en night terrors. Hy kry elke dag 1 no6, maar ek sal dit eers verhoog tot die "fase" oor gaan. Ek wonder of dit nie iets met die alewige tv en dvd's by die dagsorg te doen het nie. Dit speel heeldag en hy het begin notisie neem van die tv. Ons kyk amper nooit tv nie, net 7de laan en dan later programme wanneer hy al slaap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account