Hallo julle!
Sjoe ek was lanklaas hier! Donderdag was ons datalyne af en Vrydag het ek verlof gevat. En tuis is daar net edge, so dis hopeloos om internet te probeer!
Dankie vir al die mooi wense! Ons het lekker partytjie gehou Saterdag! Sal netnou fotos laai.
Bollie hoop die troue was groot pret! Dankie vir daai lysie! Ek gaan dit mooi oppas. Wil die mammas se verjaardae bysit, dan sal ek dit weer aanstuur.
Hasie geniet die laaste week! Veral die braai en rugby Vrydag! Ja, hulle sal nog agterkom wat jy vir hulle beteken het, net jammer niemand sal dit ooit teenoor jou erken nie! Wonder wie hulle nou gaan kry vir funksies reel en so?
HV dit voel vir my ook soos familie wat nie kan kom nie. Ons sal maar so saam-saam verjaardag vier!
Grenaat baie geluk met die kruip! Tog te oulik dat Henko vir Ruben so aan die voete sleep en hy le maar net terug! Dalk moet jy die tandarts maar na sy tande laat kyk. Gelukkig is dit net melktande.
Dragonfly jy sal maklik daardie katjies kan maak. Ek sal vir jou alles e-mail, dis te veel info om hier te sit en tik. 'n Vriendin het vir my al die tricks en raad ge-email. Sy het 'n kursus gedoen. Bly Kayla voel darem nou beter! Hierdie maagvirusse is lelik! By ons is dit of rotavirus of enteri virus. En mense ontwater blitsig!
Ek sal 'n sms aan al die "verlore" moomies stuur. Dalk kry ons die klomp om weer te kom inloer. Dink net hulle gaan verdwaal voel met al die "skuil"name, sal hulle waarsku.
Hier is 'n paar fotos van Mare:
Buite kind
Groot glimlag
Modderbekkie
Nog modder
Pappa se trots
Krulkoppie
Krulkoppie