Hallo mammas
Ag ek kan nie glo ek mis die ou man se groot dag nie

Skies mamma hoop nie jy is kwaadjie vir my nie
Baie Geluk met ou Maré se groot een. Dit moes 'n baie spesiale dag vir jou gewees het. Mag dit 'n jaar vol liefde, geluk vreugde deurslaap nagte en sommer alles wees ! ! !
Dit gaan BAIE beter met ons ou rubester. Ek het laas week gelees dat hul aan erg skeidingsangs ly nou en die opwinding van probeer kruip loop ens maak hul onrustig deur die nag. So ek het die naweek op Henko se bed gaan le en dan bietjie met hom gesels in die kot en dan het hy nie so geskree nie. die nagte was ook baie beter. yay. maar hy het nou weer 'n nuwe nuk, hy weier om te le en slaap, hy sit en slaap

ek worry so daaroor want elke keer as ek in die kamer kom sit hy vooroor en slaap sommer met sy kop op sy bene of op die matras. hoop maar dit waai weer vinnig oor.
hy was ons ou bum-shuffler vir so week....EN ..... regina het my net nou gebel, hy kruip al agter haar aan!!! omw ek is so excited ek kan nie wag om by die huis te kom nie!!!
O en nou die aand sit R in die sitkamer en eks in die kombuis. vra vir henko, roep gou vir boetie dat hy hiernatoe kan kom. toe ek weer sien trek henko vir ruben aan sy bene in die gang af. ruben le te gemaklik agteroor en boetie sleep hom LMGA, nou as ruben iewers is waar henko nie wil he hy moet weess nie trek hy hom eenvoudig weg

hy gaan bietjie sukkel nou dat boetie kan kruip en vinniger by hom uitkom.
Ek hoop dit gaan goed met julle almal. hoop om gou weer saam jul te kan chat!