Hallo julle! Ek is darem ook hier, dit gaan net so dol!
Dragonfly ek hoop Kayla is sommer al klaar heelwat beter! Het sy ook een of nader maagvirus? Lyk my dis nou oral en almal word siek!
Bollie Hahahaha duidelik het Riley iets by geleer! So klein klits! Toe slaap sy baie lekker tussen mamma en pappa! Ek dink ons moet saam 'n besigheid begin. Ek sal die finansies hanteer (is mal daaroor!) dan kan jy die ander goed handle. Ek hou weer nie baie van met mense werk nie, so ons sal alles goed uitbalanseer!
Hasie ek sou ook 'n rol toiletpapier van R6 opgegee het vir bietjie ekstra slaap! Dit bly egter vir my vreemd!
Mensig dis 'n hele leefstylaanpassing! Ek sal definitief eers 'n studie moet maak voordat ek enige aankope doen! Eers van produkte en dan verseker pryse ook! En bye-bye Bar O.n.e.!!!

En seker chocolate log ook!!!

Ek is egter so desperaad om net 'n slag weer myself te voel dat ek dit alles sal opgee.
Bollie ek kom beslis 'n verskil agter deur net die obvious goed soos brood en koekies en so aan uit te skakel. Die oomblik as ek iets met meel eet, stroom my sinusse weer.
Ek wil gou fotos van Mare aflaai, dan sal ek kom post. Hoop ek kry nog vandag kans!