Hi almal
DF, shame man, ek hoop Kayla is gou beter. Ek kan dink dit kan nie lekker wees om 'n kind in die hospitaal te he nie.
Kwaaitjie, wag maar, hulle vreet ALMAL op 'n stadium toiletpapier. Dis ook een van Claudia se gunstelinge. Ons het gelukkig met Stefan al geleer om die toiletpapier op die vensterbank te sit ipv op die houertjie want anders lyk jou kind elke tweede dag soos 'n mummie. Tog het ons al vir Stefan laat begaan een Saterdag oggend toe ons wou laatslaap, ek het gereken 'n toiletrol kos so R6, dis die moeitewerd vir 'n uur se rustig slaap...
Wat die Gluten aanbetref, eks happy om raad en hulp te verskaf. Ek lewe nou vir 16 jaar gluten vry, so ek kan seker kwalifiseer as 'n ekspert...
Die idee dat hoendervleis gekontimineer is met gluten is so bietjie vergesog. Gluten is 'n proteien, 'n plant proteien, so die hoender se sisteem sal dit afbreek in aminosure dan sal die verskillende aminosure in sy selle op 'n heeltemal ander wyse bind en 'n heeltemal ander dierlike proteien vorm. So moenie daaroor worry nie, vleis is gluten vry. Dink net, anders sou mense met Celiacs geen vleis kon eet nie, ook nie vis nie want sommige seewier bevat ook gluten...
As mens gluten wil uitskakel vir gesondheids redes en nie vir 'n noodsaaklike rede soos myne nie, hoef jy nie elke druppel gluten uit jou dieet te sny nie. Alhoewel dit 'n goeie idee is om dit vir 3 maande totaal uit te sny en dan weer stadig te introduce. 3 maande is genoeg tyd vir jou liggaam om van al die weerstandige selle ontslae te raak, so dit kan jou probleem moontlik permanent oplos.
Anders kan jy begin deur net minder gluten te eet. Dan sou jy byvoorbeeld brood en alles wat obviously meel contain uitsny maar nie elke ding se label lees nie. Dit behoort reeds 'n groot effek op jou gesondheid te he indien dit gluten is wat jou probleem veroorsaak.
As jy egter die gluten heeltemal wil uitsny, moet jy ELKE label lees. En nie soos my een vriendin goed eet net omdat daar nie die woord "gluten" in die bestandele staan nie. Hier is 'n paar bestandele labels wat dui op gluten:
flower (obviously...)
starch (tensy dit spesifiseer watse starch, as dit modified starch is, is dit meestal
aartappel, maar mens kan nie seker wees nie.)
malt
malt extract (soos in bar one

)
malt flavouring (soos in ALLE Kellogs graankosse incl rice crispies en cornflakes!

)
sommige emulsifiers
cereal (meeste wors!!)
ek sal die lysie aanvul as ek nog teekom, ek kan nie nou so uit my kop uit aan alles dink nie.
'n Paar goed wat jy maar kan weet het gluten in:
processed kaas,
viennas (behalwe Spar brand en Woolies),
baie koue vleise,
enige rog produkte,
99% van pastas (daar is 'n corn pasta op die rakke deesdae wat my nie skade doen nie, P'nP verkoop dit vir R9,99 per pakkie.)
Meeste kits poedings (behalwe Ina paarman se chocolate mouse),
baie baie baie gemengde spices veral braaisoute.
90% van alle pasta souse of kits souse of cook in souse.
Meeste sop poeiers (Knor se bruin uie is fine)
Meeste chips
Ferrero rocce (spelling) chocolates
Goed wat veilig is:
Raja kerrie poeier (cartwrights het gluten in)
Royal bak poeier (moiers het gluten in)
Ina Paarman se olive and rosemary cook in sous, ook die sun dried tomato.
Ina Paarman spices: "seasoned sea salt", "garlic and herb", "braai spice"(nie die meat spice nie!), "rosemary and olive"
As bestandele se "malto dextrin" kan jy dit maar eet, dit is 99% nie afkomstig van koring nie en selfs al is dit, is dit so geproseseerd dat dit nie meer gluten bevat nie.
Meeste tamatie en uie mix is veilig.
Mccain se spinach en feta ready made pakkie.
Woolies se KIDDIES criss cross cottage pie.
Inside story se truffle.
Crunchies
meeste roomys (nie almal nie)
Hoop dit help. Laat weet maar as ek nog inligting kan gee.
Ek is ingeteken op Gluten free living (USA) se facebook page, hulle het 'n oulike tydskrif wat ek eintlik maandeliks wil bestel maar nog nie daarby uitgekom het nie. Hulle website is baie behulpsaam:
www.glutenfreeliving.com/