file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #207328 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie nou hoekom sal juffroutjie toiletpapier eet? :huh: Dit proe mos na niks. Aag moedertjie tog! Ek kan my net indink hoe stap sy so ewe self aan mamma se hand klassie toe! Trappies op en die "works"! Ek sal haar sommer opvreet!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #207325 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
gfsouthafrica.blogspot.com/

Hasie, hierdie is 'n blog oor glutenvry eet. Daar is verskeie verwysings na ander blogs (ook gluten-vry) en hulle het resepte daarop. Ek kyk na 'n glutenvrye dieet omdat ek vermoed dis as gevolg van gluten-weerstandigheid dat ek nou permanent met sinus sukkel. Sodra ek enige iets met "meel" in eet, begin my sinusse dadelik reageer. Nou is ek op soek na 'n lys van "veilige" kosse om te eet. Mens dink nooit daaraan dat graan in goed soos verwerkte vleise gebruik word en dat hoenders (pluimvee) graan eet en dus so hulle vleis ook "kontamineer" met gluten. Moet se dit gaan nogal 'n groot aanpassing wees, maar ek sal dit regkry.

Ek hou van jou vlinder, ladybird, naaldekoker partytjie idee! Jy kan lekker met blomme saam met dit ook werk. Selfs feetjies bywerk as jy wil. Baie oulik!

Enige raad rakende die gluten sal waardeer word!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #207280 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Sjoe ek kan regtig nie glo ons eerste ou maatjie is vandag 1 nie. Baie geluk Samantha. Ek sal maar vir Elise op facebook geluk se of sms.

Bollie, jy is nie die enigste een wat 'n probleempie met die klim goed het nie, Claudia klim ook op alles. Selfs al is daar baie goed in 'n vertrek, sy sal op hulle almal probeer klim en dit meeste van die tyd reg kry. Sy klim darem nou deesdae mooi boudjies eerste af ook en donner nie meer kop eerste oral af nie.

Voetjies, dankie vir die inloer! Ek neem aan ons sien julle Saterdag by die Jones's. Sterkte met die inpak, laat weet as ek kan help met die fairy god mother goed, Johan rally in die kaap die naweek so eks heel naweek by my ma hulle, ek sal 'n verskoning om uit die huis te kom vir 'n smoke break nogal waardeer!!

Ek moet seker ook begin dink aan verjaarsdag temas. Ek het bietjie gedink aan Hallo Kitty want sy het nogal nice hempies met HK op. Anders 'n goggatjie tema met ladybirds en naaldekokers en skoenlappers, dan kan ons die kiddies se gesiggies verf. Wat dink julle? Ek dink 'n gogga koek sal dalk makliker wees as 'n hallo kitty koek...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #207271 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
hehe Kwaaitjie, nee kyk Riley is besig.

Sy wil alles sien, so waar sy kan opklim op 'n ding sal sy! Rol ook alewig die toiletpapier rolle af en eet dit. :laugh:

Ag vanoggend het madam self geloop vanaf die parking lot na haar klas, ek hou net haar handjie vas, en sy klim self elke trappie en loop die hele pad, ag mensig, hulle word te gou groot!!

So Donderdag is dit Mare se bday!!!! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #207265 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo!

Bollie daai klein rabbedoe van julle is besig! Wat op dees arrde sal haar nou aanhoudend daarop laat klim? Is dit die enigste plek waar sy kan opklim om ho-er te wees? Dis dan dalk hoekom sy aanhou opklim. Sy wil sien mamma!

Ja, Samantha is sowaar een vandag! :woohoo: Ek wil vir Elise 'n sms stuur.

Bollie my hart raak ook sommer seer as ek dink hoe die tyd vlieg! Dis hierdie alewige gejaag na geld wat ons ongelukkig brood nodig het en dit net om te leef. Dis regtig belaglik! :blink:

Dis nogal stil hier.

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #207233 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Sjoe, waar is almal?

Kan julle glo dat die 1st birthdays vandag begin?? Samantha is 1! Baie geluk Samantha!! :rock:

Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd verby gegaan het nie. Dit gaan alles so vinnig verby, dis belaglik!! :cry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #207147 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Riley klim op my make-up tas heeltyd:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account