file Oktober mammies 2010

15 years 1 week ago #206933 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
We'll ek het gisteraand 2keer gedink oor die 'wens vir kruip' want al kan hy nie kruip nie hy beweeg die hele wereld vol. So ek sit hom neer dan as ek weer sien is hy by my,besig met my wol :) ooooo hy like my wol.

Ek het so bietjie opgelees en se hul dat hul tussen 9 - 12m verandering kan kry in slaappatrone omrede hul so baie ontwikkel nou,die probeer kruip en staan en alles is dalk bietjie oorweldigend vir hom. En skeidingsangs speel ook n groot deel aan die slegte nuwe roetine. So ek het my nou bietjie slimmer gelees en die naweek tackle ek daai mannetjie met nuwe planne ;) wish me luck LOL

Lekr nwkie almal!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206901 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai Grenaat, dit klink rof! Die goed wat ek vir Stefan gegee het is Melatonien. Ek koop dit by Dischem daar is verskillende brands en party is vrek duur. Die wat agter die counter is, is vrek duur maar die een wat ek gekoop het is so R40 / R50. Dis die moeite werd. Die botteltjie se wel jy moet dit nie vir kids gee nie, maar ek het baie opgelees daaroor en glo dis ok. En dit werk. Ons het dit net vir 'n rukkie gebruik tot Stefan 'n slaap patroon gevestig het en toe opgehou, nou slaap hy steeds vlg die roetine. Of eerder hy het, die laaste week is holderstebolder so daar is geen roetine in ons huis op die oomblik nie.

Hoop hy kruip nou amper.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206894 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi julle
 
Ruben maak ons mal, hy skree soos daai kinders wat jy op supernanny sien en se gelukkig is dit nie my kind nie, wel dit is. hy weier om te slaap, as ons hom in sy kot sit dan gaan sit hy regop en as jy hom plat sit skree hy soos 'n malding, skop sy voete en gil. ons is raadop. ek wonder of hy nie op die oomblik oormoeg is nie van al die min slaap en dus dat hy so skree.
anina wat is daai meds se naam wat hul laat slaap? kan ek dit oor die counter koop? Ek weet regtig nie wat gaan met hom aan nie. Hy word drie keer 'n nag wakker, weier om water te drink, soek net melk, gil in die oggend soos 'n klein varkie tot ons hom optel. ai ons is net moeg en raadop en wens ons het geweet wat is fout. Ek het gistermiddag besluit, bogger jou ek gaan jou breek LOL toe het ek 'n halfuur van gil hanteer en hom heltyd plat gesit tot hy slaap, en hy het eventually want hy was doodmoeg.
 
Kwaatjie, dis great dat m so mooi deurslaap. ek hoop ook vir jou dit hou so aan. Geluk met die nuwe tand, shoe hy het ook al 'n bekvol ne. WAT, word hy 1 oor 'n week OMW dis crazy.
 
Bollie, hoe eet R nou? rubies eet darem weer bietjie maar NET purity, sit iets anders in daai bekkie en hy spoeg dit sumier uit :) En hoe laat jy hulle nou self eet met simpel purity ??? :(
 
DF, wat het jul vir pop gekoop?
 
Hasie, die deel gaan bietjie beter, hy sal maar nog goed vat maar ja, dit is tog syne LOL maar ons probeer maar vir hom verduidelik. Ek het ook nog nie begin met reelings vir die bday nie, ek wil graag self 'n koek bak so ek wil daai een nog 'n oefen gee voor die groot dag :)
 
Ag julle die oulike (flippen stoute) ding is so naby aan kruip. hy staan in die kruip posisie, loop vorentoe met sy handjies en maak dan sy beentjies reguit dat hy op sy maag belnd. die arme kind sukkel vreeslik

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206881 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal!

DF great om van jou te hoor. Hoe gaan dit met jou pa? Oulik dat Kayla so mooi loop, Claudia staan nou mooi self op as sy so voel maar is nog nie lus vir loop nie. Sy loop baie vinnig as ons haar hand vashou maar so onstabiel dat mens vinnig agterkom dat sy dit nog nie op haar eie sal kan doen nie.

Kwaaitjie, ek kan amper nie glo M verjaar al nie!! Dit voel nie vir my soos 'n jaar wat verby is nie en Claudia het nog 2 maande oor voor sy daar kom so dit voel nog vir my onwerklik.

Julle is fluks met die partytjie relings! Ek sal tien teen een eers die week voor die tyd wakker skrik.

Grenaat, hoe gaan dit met die deel?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206861 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
MORE ALMAL - jip ek bestaan nog!

Ek het heel week probeer hier uit kom en self een keur op my BB reply maar toe kry die moomie monster my noval beet en op n cell foon wou ek nie eens weer probeer, ek het guster by die werk begin tik maar toe word ek weg geroep toe los ek dit ook.

Dit klink rof met die klein mensies wat nie wil deel nie - Kwaatjie jy is reg, ons sal dit nog tee kom in die toekms.

Julle, ek sal nie als kan lees nie,maar het darm so bietjie bietjie gelees - ja nee bollie, jou klein Riley is flink met die eet. kayla sal kossies optel met haar hand en in haar mond sit maar gee die lepel vir my as sy n happie soek.

Sy loop darm nou al mooi maar die winde is steeds n groot probleem....sy slaap ook glad nie deur nie, word 2 keur wakker vir melk - en met die feit dat sy nie n dummy vat weet ek nie hoe om haar van die night feed af te kry nie.

Haar birthday party is beplan vir 08.10.2011 en haar present is reeds gekoop. alle reeling is al gemaak behalwe vir die koek en kos....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206758 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo!

Hasie klink my die leer om te deel kan nogal strategiese beplanning van ouers verg! Moet lag oor die kamma raas met Claudia. Ek dink ons met enkel kinders gaan nog meer stoei met die deel storie, alhoewel hulle dit tog by die dagsorg leer.

Bollie ek kan my die gemors met die self etery net indink! Maar juffrou Riley is al ons ander kids nou voor met dit! Ek het nog net eenkeer Mare se bakkie voor hom neergesit en hy het die inhoud dadelik op die tafel uitgegooi! Lol! Dit was nogal snaaks!

Grenaat sterkte met die seuns en die delery! Ag dis so dierbaar as hulle mamma en pappa se gesigte so ondersoek! Sal vir jou fotos mail, moet dit nog aflaai.

Julle ek gaan nie myself met hierdie een jinx nie, maar Mare slaap vanaf 6 maande deur. Geen nagbottel nie. Selfs al wou hy nie die aand eet nie, slaap hy steeds deur. Ek glo en vertrou sy slaappatroon is klaar gevestig en ek is een van die min baie gelukkige mammas wie se baba hom/haar vroeg daarin vestig.

Mare se linker voortand bo is eindelik ook deur! Nou is daar 5 bo en twee onder! Dis te oulik as hy lag en jy sien net tande!

Vandag oor 'n week verjaar pa en seun! Wow ek kan nie glo 'n hele jaar is verby nie! En my partytjie beplanning is nog nie afgehandel nie! Ek beter vinnig bykom! Gelukkig is ons nie meer as so 20 mense nie, so dis nie te erg nie en die meeste is in elk geval kids! Sal my sokkies moet optrek en spoed kry!

Hasie jou dae word nou min! Geniet dit, ek dink jy gaan dit darem so bietjie mis ook!

Hoop dit gaan super met almal! Drukkies vir die kids!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206719 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Halloooooo daar!

Dis bietjie stil hier vandag ne. Hoe gaan dit met almal? Hoop al die babas het goed geslaap.

Lekker dag vir almal!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account