Hi julle.
Bly om te sien dit gaan goed met almal.
Hier het dit bietjie rof gegaan die laaste tyd. Was my 30ste verjaarsdag beplanning en toe die party. My tannie en oom het by my kom oorslaap en is juis nou weer by ons. Ons huis is gewoonlik die oorslaap plek vir family wat op pad is om by ander family te gaan kuier! My ma was by my vir my bday. So dit was maar ’n aanpassing met soveel mense in my huis. Toe is my ander oom gister oorlede en dit was ’n bedrywige dag. Nou is my ouma en oupa op pad na ons toe, so ek moet kamer en woonstel regkry ens. ens. ens. (ons huur my ma’lle se huis, want my ma en pa het ’n besigheid by die see gekoop, my ma het solank soontoe getrek, my pa bly nou in die woonstel agter die huis (waar my ouma hulle altyd gebly het, maar hulle het saam my ma getrek), tot my pa volgende jaar op vervroegde pensioen gaan en ook trek na my ma toe. Nou met my oom se dood, is my ouma en oupa op pad terug, hulle trek terug in die woonstel in en ek moet vir my pa die buitekamer regkry waarin my broer altyd gebly het. Dan as my ma ook kom kuier, dan sal my ma en pa in my huis in die spaarkamer moet slaap, want ek gaan net ’n enkel bed in die buitekamer insit. Sorry, nou’t ek eers die setup verduidelik! O en tans is die buitekamer so ’n gemors want dit is waar ek al die Fairy Godmother donasie baba goedjies stoor en ek’s actually nog besig om dit te sorteer volgens grootte, seisoen, geslag ens. ens. ens., so nou moet ek ’n ander stoor plek vir die magdom goed kry! En dan is manlief nog siek ook!
So ja, dit gaan deurmekaar by my en dit voel of ek nie orde kry en weer alles terug kry in roetine nie.
Verder gaan dit goed. Mia’tjie is lekker bedrywig, sy is ook baie gefrustreerd met haarself want sy wil loop en kan nie verstaan hoekom sy dit nog nie regkry nie. Sy kruip skoon met die een been reguit/regop! Staan heeltyd op teen alles en loop dan al in die rondte sovêr sy kan vas hou. Sy het ook ons verras met nog 2 tandjies wat begin deurkom het Vrydag. So dit verduidelik nou die sleg slaap, sleg eet, sleg alles. Die vorige 4 tande het gekom sonder enige probleme, maar die 2 is ’n ander sakie. En kyk, van Vrydag nag to gister dink ek is ons deur 40 doeke, want elke doek is ’n suuuuuuurrr, vreeslike doek en dis omtrent elke ½ uur of uur. Ek was al bang sy gaan dehidreer. En toe het sy êrens deur die nag weer so ’n doek, wat ek gemis het van moegheid en vanoggend toe ek haar doek ruil is die boudjies (en koekie) bloed rooi, erg, gebrand! Voel so vrek jammer vir haar daaroor.
Dis nog bietjie vroeg, maar ek wil ook begin dink aan wat ek met haar 1ste verjaarsdag wil doen. Dink ek gaan vriende met kinders en family nooi en dan vir die kids pakkies opmaak en groot mense moet maar kom vir ’n bring en braai en ek sal bykosse voorsien. En dan maak ek die hele party om ’n “swembad partytjie”. Ha-ha, dis nou my idee omdat die swembad steeds nie ’n heining of net op het nie. Ek’t gedink op die manier weet ons almal dit gaan rondom die swembad wees en die kids moet gegear kom!
Sorry ek reply nou nie op almal se posts nie....maar ek kan nie alles onthou nie. ek lees elke post op die email notifications wat ek kry!
Ek was gister baie verbaas om te sien dat Mia’tjie “weet” van deel...op haar manier! Of so dink mamma... Want gister by die kerk, is daar ’n maatjie in die moederskamer, die dogtertjie is 22 maande, die bring vir Mia ’n speelpoppie, dan later kruip Mia agter die maatjie aan en gee weer die poppie vir haar. Dit was vir my so sweet gewees.
Bollie ek sien darem elke keer Riley se oulik foto’tjies op facebook. Jy’t regtig ’n spesiale dogtertjie hoor.
Hasie kan nie glo jy hou amper op met werk nie! dink so baie aan jou!
Grenaat wat het toe gebeur met jou afspraak om jou buurman te sien oor die werkery?
Dragonfly ek wil so graag sien watter ene dit is wat julle gekoop het, ek’s mal oor daai company se goed! Maar ek kan nie die foto oopmaak nie. Ek weet nie hoekom nie. Soms wys dit vir my die foto’s direk by die boodskap, in die boodskap, ander kere is ’n foto ’n attachment, dan kliek ek daarop, soms maak dit die foto oop, ander kere, soos met die foto, maak dit nie oop nie!
Ek’t so rukkie terug vir Mia so fietsie ding gekoop (wat mamma stoot) later haal jy die 1 rand om die sitplek af en later kan baba self die fietsie trap, weet julle waarvan ek praat? Wel, dit was R 400.00 en manlief vra so-ewe hoekom moet hy dit nou al aanmekaar sit as dit eers vir haar verjaarsdag is...ek verduidelik toe dat dit nie haar verjaarsdag persent is nie, maar ’n persent vir mamma om haar hande meer vry te kry as sussa moeg gekruip is en dan opgetel wil word of so. Wel, ek dink die ding het sy geldjies al deur en deur verdien hoor!
Ek sien nou eers hoe lank my post word...dalk moet ek nou maar afsluit.
Gesels weer, lekker dag vir almal!
O ja, hoe moet ek vir Mia eier gee? Ek’t nog nie vir haar “skoon” eier gegee nie, maar sy’t al saam my quich geëet ens., so ek is nie bekommerd dat sy allergies sal wees nie, maar wil weet hoe moet ek dit vir haar gee soos vir lunch bv.?