file Oktober mammies 2010

15 years 1 week ago #206507 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, daai meisiekind van jou is baie oulik. Sy is Super Riley!!! Baie cute.

Ja nee Grenaat, ek dink nie die pienk en blou sal vir jou werk nie, maar dalk soos jy se groen en blou of rooi en groen? Net sodat Rubies iets het wat net syne is wat H nie mag vat nie. En dan "raas" ek ook met Claudia as sy weer iets vat wat net Stefan sin is. Sodat hy nie voel dis net hy wat moet deel nie.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206490 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Baie dankie vir die raad, ek voel nou sommer beter. gedog dis net ek LOL ai die kids met hulle dinge. \

Hasie, ek is ook nie lus vir die nag storie nie hoor so ek los sommer R se nagbottel in die kot maar nee wat, mamma moet opstaan om dit vir hom te gee :)

Kan nie glo Riley eet al met 'n lepel nie, dis great! Ja dit is 'n gemors ne, mar dis waarvoor die honde daar is, hulle sit en wag tot ruben uit sy stoeltjie kom dat hulle kan gaan skoon maak LMGA

Hasie, die blou en pienk idee klink baie goed, net jammer ek kan dit nie try nie ne ! ;) pappa sal nie baie daarvan hou nie. dalk moet ek soos 'n groen en blou karretjie kioop en vir henko se die blou een is syne en dan mag hy nie boetie se groen een vat nie.... klink na 'n plan!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206487 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar julle

Hasie, jip, was by Vodaworld ;)

Grenaat, lekker lag ek nou vir jou!! Tuwwer as tyres, ek gaan daai ene onthou!! :laugh:

Ja nee, my kind is regtig 'n rabbedoe, sy is bang vir niks!

Ek kan net imagine as sy regkry om bollemakiesies te slaan, hoe gaan sy dan seerkry! Sy hardloop ook nou weg vir mens, ek sou dit eerder baie vinnig stap noem, maar dis nou 'n speletjie, en dan loer sy heeltyd agter toe om nou te kyk of jy vir gaan vang, en dan hardloop ons bietjie in mure ens. vas!

Ag julle, dis so cute, sy sit mos nou by die skool en eet self met die lepel, dis een moerse gemors, maar dis baie oulik!! Grenaat, Riley drink nogsteeds melk in die nag, party aande glad nie, maar meeste nagte drink sy een melkbottel in die nag.

Ek gaan dit solank as moontlik so hou, want sy is mos nou nie andersins die wereld se grootse eter nie, en sy gaan die laaste ruk deur 'n growthspurt of iets, want drink sommer 2 bottels ekstra per dag partykeer :blink:

En ek geniet elke oggend nou as madam bietjie boogy om die songs van MTV of VH1! Die beentjies gaan so op en af en die koppie ook, ek love dit!!

Grenaat, yay vir Rubies wat staan as jy hom help!

Jong ek het nie raad oor die dinge nie, maar ons het pelle wat ook kinders het wat 2 + is, en Riley mag ook niks kry nie, want alles is hulle s'n. As sy iets in haar hand het, dan vat hulle dit onmiddelik en sy "myne"! Of raak histeries of iets.

So dis normaal en ek het geen idee hoe jy hulle leer om te deel nie, hulle kom seker vanself oor dit?? Ooi, ek is SOOOOOOOOOO nie reg vir nog 'n kind nie!!!

Kwaaitjie, ek gee nie om erens heen te ry nie, maar sover is Oktober chok en blok vol vir my, so November sal my beter pas?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206484 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!!

Hey Grenaat, lekker om van jou te hoor!! Ou Rubies klink te oulik man en kan net imagine wat hy moes gedink het toe hy homself so aan jou gesig verwonder het. Dis darem maar lekker tye ne.

Ons het presies dieselfde probleem met Stefan wat alles wil he wat Claudia vashou. Alles is "myne!!!" arme Claudia het niks speelgoed nie, want volgens Stefan is alles syne. Dit gaan nou al 'n rukkie aan by ons en by my is dit dalk bietjie makliker om te hanteer want ek het net vir Claudia 'n paar PIENK speelgoed gekoop en Stefan is baie bewus daarvan dat pienk bottels, dummies, komberse ens Claudia sin is. So nou het Claudia 'n pienk vliegtuig en as hy dit by haar vat is dit maklik om te verduidelik dat dit pienk is so dis Claudia sin. Natuurlik beteken dit nou dat alles wat nie pienk is nie, syne is...

Ons praat maar en verduidelik vir hom dat sussie ook met die karretjies ens kan speel en dat hulle kan saam speel. As sy met 'n kar of iets speel wat "syne" is, se ek, "Ja dit is joune, maar sussie kan dit bietjie leen." En dan verstaan hy actually beter as wat ek verwag het. So ek dink dis maar net 'n lang uitgerekte geduldige opvoedings proses van oor en oor herhaal en saam speel. As ons saam met hulle op die mat speel, sal ek partykeer iets kry wat "myne" is en dan toelaat dat Stefan daarmee speel en vir hom se dis mamma sin, maar Stefan mag daarmee speel. Dan gee ek vir Claudia iets wat syne is en se dis Stefan sin, maar Claudia mag daarmee speel.

En partykeer is Claudia ook lekker moedswillig en vat aspris die goed waarmee Stefan besig is om te speel. Dan moet ek haar wegvat en haar aandag met iets anders aftrek.

Oor die nag bottel, Claudia is ook terug op die nag bottel. Sy eet ook nie goed met aandete nie en dan is sy obviously honger deur die nag. Ek het haar aandete met oats pap vervang, nou kry sy yoghurt vir ontbyt, kook kos vir middag ete en pap in die aand. Sy like die pap so dan eet sy beter en slaap beter. Dit het nou vir 'n ruk lank gewerk, maar deesdae word sy anyway wakker en skree tot ek vir haar 'n bottie gee. So dit het seker nou maar weer 'n gewoonte geword. En op die oomblik het ek nie die krag om iets daaraan te doen nie, ek stop net 'n bottel in haar mond. As ek ophou werk sal ek dalk weer aandag daaraan gee.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206468 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Okay so ek het asb raad nodig met 2 probleme.

Ruben was van die nag bottel af, nou word hy 2 na 3 keer toe wakker in die nag en weier om water te drink, hy soek melk. eet hy te min deur die dag laat hy nog honger is in die nag? (hy eet steeds vreeslik swak) Ons wil hom graag van die nagbottel afhaal en afhou, hoe maak ek?

En ... Henko gryp alles wat ruben vat. soos in alles. dan gooi ruben 'n fit. ons wil nie heeltyd vir henko slaan nie maar hy moet leer om saam te speel en deel. hoe hanteer ek dit? lyk of hy nou op die 'myne' stadium is :(

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206465 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie: Daai kind van jou gaan tuwwer wees as tyres en willer as die wildtuin LOL hoop haar oog is al beter. Ek het die fotos gesien, dis te adorable hoor. Jis daai kind van jou flippen wikkel hoor, bolemakiesies op 10 maande, shoe! 

Ag moeder Kwaatjie, kan net daai ou dingetjie imagine hoe hy trap trap  te kostlik. En as sy beentjies soos rubies s’n lyk is dit nog meer cute! Vet is pragtig (vir babas  )
Ruben se bene is so vol seluliet dis skreeu snaaks. Beslis by mamma geerf.

Hasie, bly C is terug op haar staan! Ek lag lekker vir S en sy manewales by die huis

Gisteraand le ek en ruben bietjie op die bed toe verwonder hy hom aan my gesig, sy vingertjie gevat en met my ooghare, wenkbroue, tande en neus gespeel, en ja met slagte bietjie diep ingedruk maar wat, gelukkig het niks saam uitgekom nie ;)

Waar is dragonfly? Kwaatjie as jy fotos van M stuur email vir my asb ek kan nie lekker op die foon sien nie.

Wel ou rubie-kind kruip steeds nie, maar hy probeer so hard. Dis baie naby. En hy probeer hom optrek teen die bank maar ai hy sukkel. Staan darem mooi as ons hom regop help. Maar kruip of nie, as jy hom neersit is hy gou gou in ‘n ander vertrek – sonder om t ekan kruip ! Hy is nou weer vreeslik moeilik, nie seker of dit tande is nie maar hy eet nie, slap nie, jis hy is erg hoor. En kan daai een nou vir jou tantrums gooi, omw hy skop daai bene laat dit lyk hy gaan sy enkels breek. As hy nie wil slap nie en jy sit hom neer gil hy en skop en gaan tekere soos ‘n mal mens !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 week ago #206342 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is besig om ander mediese fondse te bekyk vir vlg jaar. Op die Medihelp netwerk opsie spaar ons maandeliks baie geld, maar dan is dit 'n mission om 'n dokter te kry en hulle moet ook vir jou medikasie van 'n lys af voorskryf wat maak dat mens nie altyd die beste stuff kan kry nie. En my homopaat, fisio ens word nie gedek nie. Op hulle ander planne dek hulle 'n homopaat, dit sal nogal nice wees, dan sal ek dalk nooit meer na 'n gewone dokter toe gaan nie. Dis net so vrek duur!!!!! Maar hopellik werk my besigheid soos 'n bom en dan kan ons dit bekostig.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account