file Oktober mammies 2010

16 years 2 months ago #90698 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Dankie vir die raad oor die pajama's!

Ok, was nounet by die gyane en alles lyk goed met Riley! :)

Sy is nou so 30cm lank, en week 1.3 kg.

Ek sal vir julle 'n fototjie gaan laai by my Gallery B)

Moet van nou af elke 2 weke gaan, so gaan weer die 26 ste Aug!

Alles met my lyk reg, ek moet nou net begin die bewegeings tel sodat dit so 10 'n dag is :( Ekke sal moet mooi konsentreer om dit in die dag te voel!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90636 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
Carmen, ek dink 'n nagrokkie sal baie gemaklik wees, veral een wat lekker los sit maar sal ook maar 'n broekie onderaan (boxer of iets) aanbeveel vir die pads. ek het van daai gaas broekies van carriwell ook en dit sit vir my baie lekker styf en hou alles mooi in plek. So as jy dalk vir jou so een of twee van daai broekies kry kan dit lekker werk onder 'n rokkie.

Nou dat jy so praat, ek het sulke lekker lap nagrokkies met dun straps bo, dit kan ook lekker werk vir borsvoed!

Ek dink ek het BH gekry met henko maar is ook nie heel seker nie, dalk het ek dalk het ek nie :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90623 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hoekom is julle so stil vandag?! :huh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90589 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne geniet daai 4D scan! En Ruben sal soos Ruben lyk met sy eie oe, neusie, mondjie en haarkleur! :P

Carmen ek is ook bang vir bloedkolle op die nagrok. Met die broek dink ek ook gaan mens dit makliker wegsteek. Ek het al gedink om in plaas van 'n japon 'n oorvou romp te vat. Mens het mos in elk geval 'n bra aan, dis net jou bene wat jy wil toemaak. As jy dan opstaan vou jy eenvoudig die romp bo-oor die pajama broek toe. Tieties is mooi toe en dan kan jy sommer 'n kortbroek pajama pakkie koop. Wat dink julle daarvan?

Ralmarie jy moet veral by die Ackermans in die midde-dorp gaan kyk. Hulle het hope baba klere. Dis regoor Bambi, daai baba-winkel wat al jare bestaan. Terloops al hulle klere is ook nie heeltemal buitensporig nie. Het baie mooi dooprokkies en broekpakkies vir baba. Ek wil dit egter self maak vir Maretjie. Soek nog 'n mooi patroon.

Ek het dan nog geen BH nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90573 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal.

Sjoe die wind waai lekker ysig hier b y ons vandag.

Carmen oor die Pj's - dit maak nie eintlik saak nie. Dis net dat daai yslike pads tussen mens se bene my so irriteer dat ek voel ek het iets nodig om dit vas te hou. Het ook al nagrok oorweeg met skipant onder vir ekstra support. Die nadeel is net as mens baie bloei gaan jy 'n kol op jou nagrok he wat jy nie so maklik op 'n broek gaan sien nie. (dis nou tot by die badkamer)

Christa ek sal bietjie gaan loer by Miladys en JEt. Dalk moet ek eendag Klerksdorp toe ek weet hulle Ackermans het vroer altyd baie meer as ons sin gehad. Noudat Baby Ackermans toe is sal dit seker weer so wees.

Gerne geniet jou 4D en bring daai fotos.

Oor die BH - ek het glad nie met Ludwig dit gekry nie. Eers met die daaropvolgende swangerskappe. En daar is verskillende beskrywings wat mense gee vir BH. Van erge menstruasie pyne, rugpyne, saametrekkings onder op jou maag ens. Gewoonlik is BH nie op die bokant van jou maag nie.

Lekker dag, chat net nou weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90446 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Geniet die 4D Gerne!!! :woohoo: :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #90443 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
More julle

Jip, I also need to get my hospital bag goodies sorted!

Hoe voel die Braxton Hicks kontraksies? Ekke dink nie ekke het dit enigsins nie? Hoe sal ekke weet dat ek dit het?

Oor die PJ's?? Ekke het nou weer gedink dis makliker om eerder 'n pajama rokkie dingetjie te kry, dan hoef jy nie te worry oor broek aftrek en al daai dinge nie, maak nie saak of jy natuurlik of keiser nie? Hoekom sal dit nie 'n goeie idee wees nie? Sorry man, sien ek moet nog my pj's koop, sal dan eerder die regte ding koop.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account