Goeie more almal!
Sarah glad you are so much better! I am also getting my hospital bags sorted this weekend. Will visit the hosptial and see if they got a list of goods required and then buy whatever I still need to get. Sarah I also washed vests 0-3 months this weekend and they looked like doll's clothes to me! Hubby had such a laugh! He says wait until that little doll-sized humanbeing starts screaming.
Ralmarie ek sukkel net so met pj's. Het gister by Jet gesien, ligpienk knoop t-hemp met 3/4 broek. Dink dit was R120. Maar dis nie my grootte nie! Ek het by Miladys gesien, maar die top het nie knope nie. Sal dit maar koop en dan die top oplig! Manlief weier dat ek met ge"modify"de klere hospitaal toe gaan! Ek gaan in elk geval die borsvoed hemde maak vir by die huis.
Ralmarie en Anina hou die babas op hulle plek! Dis nog baie vroeg vir hulle om te kom!
Ek sien dok weer 27 Augustus, op +-35 weke. Klink my hy dink nie Mare gaan tot 22 September wil wag nie! Hy het nog nie my hospitaal bed bespreek nie, sal eers na daai ondersoek. En ek het hierdie angs in my hart dat ek dan nie by Wilmed gaan plek kry nie! En ek weier om Sunningdale toe te gaan! Dan eerder Anncron!
Ek het nog nie BH gevoel nie. Of dalk weet ek net nie as ek dit voel nie.

Is dit sterk konstraksies of baie lig?
Ralmarie ons Ackermans winkels (hier is 2) het redelik baie New Born grows(handdoekstof) en dan die broekie en hempie stelletjies(t-shirting). Die hempies lyk of hulle redelik lank is en nie sommer uit die broekies sal trek nie. Ek oorweeg om liewer los broekies met voetjies en dan langmou bodyvests te koop as ek nie grows kry nie. Sal maar net sien.
Bodyvests is skaarser as hoendertande! Het die naweek 2 mouloos by Edgars en 2 kortmou by Ackermans gekoop. Moet se Edgars sin is R5 duurder vir 2 as Ackermans, maar die gehalte is BAIE beter! 0-3 maande is net so min beskikbaar! Lyk of almal nou babas gehad het!
Genoeg gekekkel van my! Lekker dag almal! Praat weer later!